Jesus se perspektief is dat God deur baie mense werk en dat almal op dié wyse in diens van die Here staan.
[Foto’s] Hantam-Karoo-gedig raak duisende harte
Verlede jaar toe die Hantam-Karoo onder erge droogte gebuk gegaan het, was Ouma Any (86) – ʼn jarelange inwoner van dié dorp – op haar knieë gedwing. Sy het haar hande saamgevou en gebid dat die Jirre die reën moet stuur sodat die droë vlaktes kon reën kry en die diere kon water drink en die blomme kon groei.
Seun wat in skoolbadkamer slaap kry weer hoop
Willem de Villiers* wou só graag uitstyg en nie ʼn slagoffer van sy omstandighede word nie.
Shoprite-studentedag dié jaar landwyd
Studente tussen die ouderdom van 18 en 30 kan afslag op inkopies kry
Verbruikersake: Selfone en dienste pla verbruikers die meeste
Selfone en swak diens het vir die meeste verbruikersklagtes gesorg wat die afgelope jaar by die Ombudsman vir Goedere en Dienste ingedien is. Volgens die jaarverslag van die Ombudsman se kantoor het 1 459 mense oor selfone gekla en 1 273 oor dienste. Ina Opperman het gaan kyk waarmee verbruikers nog stoei en wat daaraan gedoen word.
“Kinderfees” vier kinders, van Genadendal tot Elim
Min mense in Suid-Afrika weet van Kinderfees – ʼn fees wat op plekke met poëtiese name soos Genadendal, Elim, Pella en Sondagskloof gevier word.
[Video] Gemeenskapsteater lewer plaaslike talent op
Kom herleef die dramatiese gebeure van Luther en sy tydgenote tydens die 16de eeuse kerkhervorming in ’n kaleidoskoop van menslike emosie wat wissel tussen twyfel, verwarring, angs, smart, wanhoop, hoop, blydskap en vreugde! Opvoerings vind vanaf 25 tot 28 Oktober in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Centurion plaas in samewerking met die regisseur, Ina Opperman.
Gedagte vir die dag: God se krag in jou
Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlike goedheid te ontvang! (2 Petrus 1:3, NLV)
ToekomsVenster: Wie is die belangrikste?
Dis nie maklik om laaste te wees en daarvoor te kies terwyl jy die potensiaal het om eerste te wees nie.
[Foto’s] Mnr., Mej. en Mev. Doof SA: ʼn Hart vir die gemeenskap
“Die enigste verskil tussen dié kompetisie en soortgelyke kompetisies is dat ons deelnemers nie kan hoor nie. Dit verander egter niks nie; hulle is steeds mense wat ʼn verskil in die samelewing kan maak en dit verdien om ʼn kroon te dra.”
CUM Boeke vier Bybelmaand
Tydens Bybelmaand 2016 is meer as 126 000 Bybels verkoop, geskenk en versprei.
Gedagte vir die dag: Loop lig vir die duiwel!
Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. (1 Petrus 5:8-9)
ToekomsVenster: Jesus kondig die tweede keer sy dood en opstanding aan
Vrees jy die dood?
[Video] Buitebioskoop 2017: Afrikaners is plesierig – en dan fliek hulle só
ʼn Warm lenteson het Saterdag skaars oor die Botaniese Tuin in Pretoria gesak of meer as 1 000 fliekvlooie het reeds hul piekniekkomberse oopgegooi om Afrikaanse musiek en flieks behóórlik in die buitelug te vier.
Gedagte vir die dag: Pas God se kudde op
Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle. En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang. (1 Petrus 5:2, 4)
Gedagte vir die dag: Gereed vir die wederkoms!
Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms. (1 Petrus 4:12-13)
Gedagte vir die dag: Dien ander met jou gawes
As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die ander dien. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! (1 Petrus 4:10-11)
ToekomsVenster: Jesus maak ‘n seun gesond
Jesus hoor, luister en gee om. Hy reageer deur te wys op sy onverdunde en ongekompromitteerde vermoë om hierdie wêreld op sy kop te keer. As Hy in radikale heerlikheid toetree tot die gebrokenheid van ons dag verander dinge.
Aftrede: Moenie geld uitleen of borg teken vir familie en vriende
Daar is ʼn spreekwoord wat lui: “Leen geld aan ’n vriend, en kry dit terug, indien jy gelukkig is, by ’n vyand.”
‘Boer soek ʼn vrou’-egpaar se baba gebore
“Ek was baie bewoë toe die kindjie gebore is, dis ʼn gevoel wat ʼn mens nie ken nie, en nog nooit gehad het nie.”