“Jy kan nie daardie gevoel beskryf nie. Om ʼn kind te verloor, is elke ouer se grootste vrees.”
Aftrede: Moenie dat jou gemoed jou onderkry op jou oudag nie
As jy reeds in die “dryfsand” van negatiwiteit, selfverwyt, woede, magteloosheid en depressie beland het, onthou: Daar is hoop. Jy kan weer daar uitkom.
Gedagte vir die dag: Gelukkig is dié wat treur
Gelukkig is die treurendes, want God sal self hulle trane afvee. (Matteus 5:4)
ToekomsVenster: Die dogtertjie van Jaïrus
Voel jy somtyds dat Jesus onnodig lank draai? Jesus is altyd betyds, Hy is nooit laat nie.
Gedagte vir die dag: Glyende voete en innerlike onrus
Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring. (Psalm 94:18, 19) – Bybel in Afrikaans 1983/1992
ToekomsVenster: Die besetene van Gerasa
Ons is nie gemaak vir die grafte nie. Ons is nie grafbewoners nie. Moenie toelaat dat die bose jou in die mate intimideer dat jy opgee op jou koninklike status voor God nie.
Babatjie by vulstasie gebore
Twee paramedici van Netcare 911, wat nie aan diens was nie, het Dinsdagoggend ʼn vrou bygestaan wat by ʼn vulstasie tussen Pretoria en Krugersdorp geboorte gegee het.
Skrywersfees by Pretoria se derde Boekejol
“My wens is om met die BoekeJol en Filmrolfees ʼn omgewing te skep waar oud en jonk meer krities en kreatief kan dink, lees en luister. Daarom bied ons die geleentheid aan besoekers om ou bekende en nuwe skrywers persoonlik te ontmoet.”
Gedagte vir die dag: Swaarkry ’n teken van God se trou
Die lyding was goed vir my, want toe het ek u voorskrifte geleer. Ek weet, Here, u bepalings is reg; op grond van u trou laat U my ly. Laat u troue liefde my nou vertroos soos U aan u dienaar beloof het. (Psalm 119:71, 75, 76)
ToekomsVenster: Jesus maak die storm stil
Hoe hanteer jy jou stormsee?
[Video en foto’s] Taxi kom boer te hulp ná roof
ʼn Boer van Kinross naby Secunda het ʼn verrassing gekry nadat ʼn gewapende man sy selfoon by ʼn verkeerslig in Witbank van hom geroof het.
Gedagte vir die dag: Roep gerus, die Here hoor
Volk van Sion, wat in Jerusalem woon, julle sal nie meer huil nie. Hy sal genade aan julle bewys as julle Hom vra om julle te help. Hy sal dadelik reageer as julle na Hom roep. (Jesaja 30:19)
Gedagte vir die dag: Van rousmart na feesvreugde
U het my droefheid verander in ’n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee. Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie. Here my God, ek sal U dank vir altyd. (Psalm 30:12, 13)
Gedagte vir die dag: Wag op die Here
Ek roep uit: “Ek beteken niks. Ek verwag niks meer van die Here nie.” Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Ek kan op Hom vertrou.” Die Here is goed vir hulle wat hoop op Hom en vra wat Hy wil hê. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red. (Klaagliedere 3:18, 24-26)
ToekomsVenster: Die gebruik van gelykenisse
Die Gees wek in ons ʼn honger en dors na die geregtigheid van God.
[Video] 4-jarige steel harte met volkslied
“Ek weet nie wat sy fassinasie met die volkslied is nie – dalk vind dit aanklank by hom. Dalk is dit omdat hy die Bokke die liedjie voor hul wedstryd sien sing het. Hy is net gaande daaroor.”
[Video] Aardklop: Kies ʼn feeskarakter en kom hou fees
Of jy nou ʼn feesflerrie, ʼn Sannie-smulpaap of ʼn boekie-bokkie is, vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees op Potchefstroom gaan iets vir jóú bied: die unieke en diverse feesganger wat om welke rede ook al dié fees ondersteun.
Verbruikersrubriek: Silwer randjie vir selfoondataklagtes
Verbruikers kla al lank oor data op hul slimfone wat binne minute verdwyn, ongelooflike duur buite-bundeltariewe en die oordrag van data wat nie teen die vervaldatum gebruik is nie. Die donker wolk van selfoonklagtes het egter Maandag ʼn silwer randjie gekry.
Maak jou lippe rooi vir meisies in nood
Augustus is Vrouemaand en een van basiese regte wat meisies het is die reg tot onderrig. Ongelukkig is daar heelwat meisies wat skool mis omdat hulle nie genoeg sanitêre ware het om deur die maand te kom nie.
Gedagte vir die dag: Van hoorsê tot ervaring
U vra: “Wie waag dit om in sy onkunde my wysheid te bevraagteken?” Dit was ek. Ek het gepraat oor dinge sonder begrip, dinge wat te wonderlik is vir my. (Job 42:3)