Daar was glo minstens een miljoen mense Saterdag by Angus Buchan se It’s Time- nasionale biddag op die plaas Wilde Als in Bloemfontein.
[Video] Angus Buchan: ‘Ons vra God vir herstel’
Die evangelis Angus Buchan het Saterdag die reuseskare op die plaas Wilde Als buite Bloemfontein toegespreek.
Gedagte vir die dag: Geloof bring vrede
Christus is ons vrede. Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring: vrede vir julle wat ver van God was, vrede ook vir dié wat naby was. (Efesiërs 2:14, 17)
[Foto’s] Groot vrolikheid by nasionale biddag
Die verrigtinge, wat geskeduleer was om 12:00 te begin, is vertraag aangesien daar gewag word op nog mense wat glo te voet vanaf Bloemfontein op pad is.
[Foto’s] Derduisende stroom na Angus Buchan-biddag
Op ʼn koel Vrystaat-oggend is die plaas Wilde Als net buite Bloemfontein ʼn miernes van bedrywighede soos derduisende mense die terrein binnestroom vir Angus Buchan se “It’s Time”- nasionale biddag.
Gedagte vir die dag: Geloof gee jou hoop vir die toekoms
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. (Jeremia 29:11–13)
ToekomsVenster: ‘n Groot toeloop van mense na Jesus toe
Begin verlang na ʼn nuwe aanraking van God deur Sy Gees. Bid die woorde van die Psalmdigter. Roep uit: “Here, ons het gehoor! Doen dit weer! Doen dit weer!”
[Foto’s] 1 000 km, 1 000 sleehonde oor Alaska-wildernis vir gedenkrit
ʼn Kakofonie het weergalm oor die Alaska-wildernis terwyl meer as 1 000 honde weggespring het in vanjaar se Iditarod-honderesies wat jaarliks in dié deelstaat van die VSA gehou word.
Gedagte vir die dag: Geloof laat jou reg kies
Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe. Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang, sal vir jou lewe gee … (Deuteronomium 30:19–20)
ToekomsVenster: Die man met die gebreklike hand
Hoe reageer jy op mense wat aanspraak maak op jou tyd, geld, aandag, omgee, begrip, deernis en geduld? Skop jou hart daarteen? Wend jou dan tot Jesus; Hy maak harde harte sag. Jesus neem klipharte weg en vervang dit met harte van vlees.
[Foto’s] Ruiters vir Vrede sterk op pad na biddag
“Die Here kyk mooi na ons en al ons perde, en ons is baie bevoorreg om soveel tyd in die beeldskone natuur te kan spandeer. Dankie vir elkeen van julle se aanmoediging en gebede. Sien julle Saterdag!”
Senior burgers met groen vingers bemagtig hulself
Dié groentetuin spog onder meer met eiervrug, spinasie, groenbone, tamaties en selfs kool.
[Foto’s] Een jaar ná baanbreker-operasie: ʼn Vol lewe wag op klein Leah
“Die Here was so goed vir ons, en het in al ons behoeftes voorsien. Sy genade was werklik vir ons genoeg gewees.”
Gedagte vir die dag: Geloof is om in Jesus se voetspore te loop
Julle moet soos julle hemelse Vader wees. Hy het almal hier op aarde lief … As julle vol liefde en respek optree teenoor almal met wie julle te doen kry, dan doen julle presies wat die wet van julle vra. Dan stap julle in julle hemelse Vader se voetspore. Dan is julle soos Hy! (Matteus 5:48, Die Boodskap)
ToekomsVenster: Jesus is Here oor die Sabbat
As ons weer luister na die Skrifgedeelte, kan jy jouself miskien afvra in watter mate God se rusdag in jóú lewe tot sy reg kom.
Talle antwoord op ma van outistiese seun se pleidooi
“Dis wonderlik dat daar so baie goeie mense daarbuite is wat by mekaar staan en hul hand uitreik om ander te help. Ek wil vir elkeen van hulle baie dankie sê.”
Vermiste diamant toe nie die ware Jakob
“Mense van heinde en ver het ons genader – party sʼn was gesteel in ʼn rooftog, ander het hulle sʼn verloor en sommige mense het sommer wilde stories opgemaak. Al hierdie mense was baie teleurgesteld dat die diamant nie aan hulle behoort nie.”
Ma, ouma, pottebakker, kunstenaar
Een van haar “divas” is op pad na Trump.
Gedagte vir die dag: Geloof is om God se voorskrifte te volg
Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself … Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ’n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen. (Jakobus 1:22, 25)
ToekomsVenster: Die vastyd
As ons weer ʼn keer na die Woord luister, vra jouself af in watter mate jou begrip van God en sy plan vir jou lewe en die wêreld bepaal word deur reëls, wette en regulasies. Moenie daaraan toegee nie. Asem die vryheid wat Jesus vir jou gekoop het, opnuut in.