Wat doen jy as Christen op WERKERSDAG – en ander dae – om ʼn positiewe invloed te hê?
Gedagte vir die dag: Sonder hoop
In dié tyd was julle sonder Christus, uitgesluit uit die burgerskap van Israel, ver van God af sonder deel aan die verbonde en die beloftes wat daarmee saamhang, sonder hoop en sonder God in die wêreld. (Efesiërs 2:12)
Gedagte vir die dag: Paulus – en ons – getuienisroeping
Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ’n krag van God tot redding van elkeen wat glo. In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek omdat hulle glo. (Romeine 1:16-17)
‘Wonderwerkbaba’ gaan huis toe
Dos Santos se ma, Mari, het aan Maroela Media gesê Amy se herstel is ʼn bewys God se genade is groot. “Ek kon snags nie slaap nie. Ek het bly dink hoe kan ek slaap as my kleindogter vir haar lewe veg. Ek was desperaat en het al my vriende gevra om te bid en God se genade was toe groot,” het sy gesê.
Beursprojek: Gee jou sente vir studente
“Mense is al so gewoond om vir geld gevra te word, maar ons wil lede van die gemeenskap vir hulle kleingeld vra. Ons soek hulle sente. Dis ʼn projek wat ʼn groot verskil gaan maak in baie jong mense se lewe.”
SA’ner blink uit by Chileense ultramarathon
Armand du Plessis, ʼn ultramarathon-atleet van Kaapstad, het die land se naam hoog gehou toe hy die derde plek op die podium gehaal het tydens ʼn 160 km-wedloop onder uiterste omstandighede in Chileense Patagonië.
Boek: ’n Pa en sy seun
Of ’n seun ’n ondeunde knapie of ’n volwasse jong man is, hy sal altyd opkyk na sy pa. Vier die sterk, lewenslange band tussen pa’s en seuns met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake.
Joga in Moot baat diere in nood
Die afgelope naweek se Joga in die park-geleentheid in die Pretoriase Moot ten bate van die Dierebeskermingsvereniging was, volgens organiseerder Thea Opperman, ʼn groot sukses.
[Foto’s] R120 000 vir boere in die Vrystaat
Nagenoeg R120 000 is ingesamel nadat die Boeretroos Noord-Vrystaat-groep en die Parys Toerismeburo vroeër in Maart hande gevat het om boere in die voortslepende droogte by te staan met behulp van die Boere Troos Fees (sic).
ToekomsVenster: Die Tempel
Dis die ruimte van persoonlike afsondering en die ruimte van die weeklikse erediens. Is daardie smagting nog by ons teenwoordig?
Gedagte vir die dag: Tuiskoms by die Herder
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. (Psalm 23:6)
ToekomsVenster: Ons moet eensgesind saamspan
Hulle is so ingevleg in die bose agenda om God se genadewerk te probeer onklaar maak, dat daar nie tyd en energie is vir onderlinge twis en verskille nie. Terwyl die ongeregtigheid dreig om die wêreld te destabiliseer, sukkel God se kinders om hande te vat.
Karlien sing vir kankerlyertjie
Karlien van Jaarsveld gaan ʼn konsert hou om fondse in te samel vir Hendrik Stopforth, ʼn negejarige kankerlyertjie van Brits in Noordwes, nadat hy vir die tweede keer met bloedkanker gediagnoseer is.
Gesels saam met die skrywer van ‘Valsrivier’
Ongeveer 20 leeskringe van Pretoria en omstreke kom op 6 Mei by die NG Kerk Faerie Glen bymekaar om deel te neem aan die jaarlikse Glenstantia Leeskring-byeenkoms. Vanjaar se byeenkoms bestaan uit ʼn gesprek tussen die bekroonde skrywer, Dominique Botha en die letterkundige Thys Human, oor Botha se debuutroman, Valsrivier/False River.
Vrystaat dokters draf kontinente plat
Wat is die volgende uitdaging wanneer jy die wêreld oorwin het? Dié twee het reeds planne vir die volgende wedloop. Hulle het boonop gehoor daar is nou ʼn wedloop in die ruimte ook…
Kompetisie: Beurse vir 4 Afrikaanse studente
AfriForum Jeug het Donderdag, as deel van die nasionale veldtog om Afrikaans as onderrigtaal by universiteite te behou, ʼn kompetisie van stapel gestuur waar vier studente studiebeurse ter waarde van R20 000 kan wen.
Oom Herrie se kerrie: Vreugde van die vrugtefees en pakkies liefde
Die laaste paar somers, en veral vanjaar, was maar baie droog. Een van die gevolge is dat die Herries nie ’n enkele vy van hul twee vyebome sal kan oes nie. ’n Vy is regtig sommer nog ver van ryp, dan kom die voëls hom al by.
Boek: ’n Pa en sy dogter
Vier die geskenk en seën van die unieke verhouding tussen pa’s en hulle dogters met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake.
Hoe maak mens: Mia se verhaal bring hoop
In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met Mia Slabbert oor haar storie. Mia se verhaal kan vir baie luisteraars hoop gee
Gedagte vir die dag: Die goedheid en liefde van jou Herder
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly. (Psalm 23:1, 6)