Ek het vir die Here gesê: “Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.” Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. (Psalm 16:2, 5)
ToekomsVenster: Help mekaar om aan te hou
Ons moet mekaar aanmoedig om aan te hou. Daar is ‘n skare van geloofsgetuies wat die reis voltooi het. Dit was nie maklik nie, maar met die oë op Jesus en broers en susters wat ons op die pad aanhelp en aanspoor, sal ons die reis net soos hulle voltooi!
[Foto’s] Sorina wys haar pienkvoet
Die sanger en aktrise, Sorina Erasmus, in die vermaakbedryf ook bekend as Die Flooze, het die eerste foto’s van haar babadogtertjie, wat verlede maand gebore is, beskikbaar gestel.
Gedagte vir die dag: Die Here is my herder
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. (Psalm 23:1)
ToekomsVenster: Vyand of vriend van hoop
Ons taak as geloofsgemeenskap is om naby mense te wees wat besig is om hoop te verloor. Dit maak nie saak wat die oorsaak daarvan is nie. Dit maak nie saak of die persoon dit oor homself of haarself gebring het nie. Ons moet daar wees.
Student spog met radiodrama op RSG
Erica Harris, ʼn derdejaarstudent in kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit, se radiodrama Die eksentriekes word op 7 April uitgesaai as deel van RSG se eerste Radioteater-seisoen vir 2016.
Polisiebeampte was ʼn engel, sê ma
Dié ma sê op Facebook dié beampte het haar geloof in die polisie herstel en dat sy nie genoeg dankie kan sê vir sy diens nie.
Beste whiskies binnekort in die Moederstad
Whisky-liefhebbers het die geleentheid om die wêreld se beste whiskies op die proef te stel tydens die Whisky Live-fees wat van 14 tot 16 April in Kaapstad aangebied word.
[Foto’s] Só het hy haar die jawoord gevra
Wat dié gebeurtenis nog ʼn bietjie meer spesiaal maak, is dat Maroela Media deel kon hê aan die kreatiewe proses.
US Woordfees groei met rekordverkope
Die US Woordfees het vandeesweek in ʼn verklaring bekendgemaak dat kaartjieverkope vir vanjaar se fees met byna 30% gestyg het teenoor verkope in 2015.
Gedagte vir die dag: Met God as jou Herder
Soos ’n herder versorg God sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie. (Jesaja 40:11)
ToekomsVenster: ‘n Gebed om hoop
Sal dit nie wonderlik wees as ons kon leer om vir mekaar te bid vir meer hoop nie. Meer nog, mag ons hoop deur die liefde vir mekaar en die geloof in die Bron van hoop elke dag sterker word.
Liedjieboer op pad kansel toe
Die sanger Anton Goosen, Suid-Afrika se lieflingliedjieboer, het onlangs sy vriendin, Estie Geldenhuys, wat al agt jaar aan sy sy is, om haar hand gevra.
Boek: God, waarom lyk die wêreld so?
Die boek kyk na vrae wat Christene gewoonlik te bang is om hardop te vra, soos: “Hoe moet ons verstaan dat God in beheer is as die wêreld só lyk?”
Vrou stap Camino vir sentrum vir gestremdes
Melinda wil graag Beit Bracha ondersteun omdat dié sentrum soveel vir die Hexriviervallei-distrik se gestremdes beteken.
Oom Herrie se kerrie: Paslike name
Jare gelede kuier die Herries by mense wat voorheen in Namibië, destyds Suidwes, gekom het. Hulle het die ougatste katjie met die naam Gamoepie.
Gedagte vir die dag: Elke môre nuut
Dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. (Klaagliedere 3:21-23)
Gedagte vir die dag: Die vrug van genade
Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ekjulle: Julle moet mekaar liefhê! (Johannes 15:16-17)
Gedagte vir die dag: Die een wat Jesus liefhet
Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. (Johannes 15:9, 12-13)
ToekomsVenster: Sodom en Gomorra
Miskien is die wêreld in die gemors wat hy nou is omdat ons nie meer omgee vir die wêreld nie. Wanneer jy nie meer vir die nood van die wêreld intree by God nie, bereik jy haat sy hoogtepunt.