Ouwêreldse en byderwetse vervoermetodes het mekaar dié Vrydagoggend ontmoet; eers het ons met die jongste Ford Stormtrak en Raptor-bakkies rondgerits tot waar ons vir ʼn luukse rit in ʼn warmlugballon bederf is.
Foto’s: Chapmanspiek vandag 100 jaar oud
Dié skouspelagtige 9 km-roete strek tussen Houtbaai en Noordhoek langs die Skiereiland en word as een van die mooiste roetes ter wêreld beskou.
Luukse boetiekhotel met ʼn verskil in Krugerwildtuin
Die Kruger Shalati-treinhotel het einde verlede jaar sy deure geopen en bied besoekers die geleentheid om die Kruger Wildtuin op ʼn unieke manier te ervaar.
Besoek ’n wonderskone bergplaas in die Oos-Kaap
Laatmiddag bereik ons die bergplaas Pitlochrie in die suidelike Drakensberg. Dis herfs, en alles is in ʼn ambergloed gehul – die berge, die geil gras, die trop perde. Die laning akkerbome verkleur. In die tuin is die koperbeuk se blare oranje, die eikehout bloos bloedrooi en die silwerberk lyk of dit in geel vlamme opgaan.
Om Paasfees in Tsjeggië te vier
Eers lag ek, want dit is só waar, dan tref dit my: die Here nooi ons netso in Sy huis in, laat ons by Sy feesmaal aansit, ontvang ons soos eregaste en ons sal ewig tuis wees in Sy huis. Al is ons vuil. Al stink ons na rook. Al is daar riviergrond onder ons naels.
Toer die wynlande op Franschhoek se trem
Franschhoek se skilderagtige vallei is ʼn bestemming wat elke Suid-Afrikaner eenvoudig vir sy skoonheid móét besoek. Voeg daarby ʼn ouwêreldse wyntrem wat jou met ʼn vrolike fluit van die een historiese wynplaas na die ander karwei, en jy het ʼn onverbeterlike ervaring wat op jou wag.
Robertson: ’n Vallei vol vriendskap en wyn
Ek wou ontsnap uit die rumoer in Kaapstad en hier ontdek ek alles waarna ʼn hart soek wat moeg is vir die stadslewe. Die natuurskoon is soos merlot vir die siel.
Oystercatcher: Een van die Kaap se mooiste pêrels
Daar is altyd ’n seevakansie by die nabygeleë Hartenbos en Dias-strand, maar die Oystercatcher-staproete is ’n belewenis wat jy in geen strandsak kan pak nie. Jy moet dit eerstehands ervaar.
Foto’s: Fietstrap, Weskus-lekkernye in Doringbaai
Diegene wat graag wil draf, stap of trap terwyl hulle in Doringbaai kuier moenie die Viswater-bergfietsroete misloop nie.
Kyk: Joernalis verruil notaboek vir restaurant
Liela Magnus sê nooit nee vir nuwe uitdagings nie en toe ʼn man van Rosendal uit die bloute vir haar ʼn restaurant teen ʼn billike prys aanbied, kon niks haar keer nie.
Verrassings op die ompad dié herfs
As jy van voor af wil lief word vir die land, doen jouself ʼn guns en gaan op ʼn sloertoer. Vat die grondpaaie, die onbekender bergpasse. Ondersteun die afgeleë gemeenskappe. Groet mense in hulle eie taal. Reis stadiger. Word stil.
Foto’s: Niks of niemand is dwars in dié vallei
Tussen Stellenbosch en die T-aansluiting na Paarl – Franschhoek en Simondium – lê ’n ses kilometer lange vallei genaamd Dwarsrivier. Dit sluit Pniël, Kylemore en Johannesdal in. Hier koester die berge, die fynbos en gulhartige mense enige besoeker, skryf Maryke Roberts.
Foto’s: Kom kuier in geskiedkundige Graaff-Reinet
Graaff-Reinet is Suid-Afrika se vierde oudste dorp en gestig as handelspos om binnelandse handel van die Kaapkolonie uit te brei. Ná 236 jaar is dit steeds ’n belangrike handelspos met die mooiste ou geboue, skryf Maryke Roberts.
Kom rus en ontspan … eilandstyl
Dit is die perfekte geleentheid om af te skakel en jou te verlustig in die skoonheid van ‘n tuinparadys langs die louwarm blou water van die Indiese Oseaan.
Tradisionele warmte in die hartjie van Stellenbosch
In Dorpstraat, tussen die welige akkerbome wat oortrek is met groen blare, staan die vierster-Eendracht-hotel in sy volle glorie.
Foto’s: Buitelug-pret by kykNET-ekspo
As jy graag jou karavaan haak of ʼn tent iewers opslaan, dan moet jy seker maak dat jy hierdie naweek nog ʼn draai maak by die kykNET Buite Ekspo in Malmesbury, net buite Kaapstad.
Sport, toerismebedryf juig oor verslapte regulasies
Hoewel die ramptoestand steeds nie opgehef is nie, bring die verslapte regulasies nietemin groot verligting vir veral die sport- en gasvryheidsektor.
Foto’s: ʼn Kaapse lodge wat in jou hart kom lê
Spanish Farm Guest Lodge is in die hartjie van die Wes-Kaap geleë en net ʼn klipgooi van groot besienswaardighede.
Trots Afrikaans in Malta
Dis nie ʼn toneel in Suid-Afrika nie, maar ʼn geselligheid tydens ʼn Suid-Afrikaanse dag op die idilliese eiland Malta, wat in die Middellandse See geleë is.
TransCape: Verken die beeldskone Wes-Kaap per fiets
Jaarliks in Februarie laat internasionale veld- en bergfietsryers die speke sing vanaf George tot in die hartjie van die wynlande as deel van die ikoniese TransCape MTB-uitdaging.