Families wat vir amper twee jaar van mekaar geskei was, sal eindelik herenig kan word.
Wegbreek-wenke: Skakel só heeltemal af
Jy wil nie voel dat jy ʼn vakansie nodig het ná jou vakansie nie.
Regering teleurgesteld oor SA op Britse ‘rooilys’ bly
Suid-Afrika verskyn steeds op die Britse regering se sogenaamde rooilys nadat die lys onlangs hersien is.
Blommeprag en perdekrag
Die Namakwa-park is mooi, maar is oorwegend oranje. Sors se dogter sê: “Alles is oranje. Dit lyk of ’n lorrie met nartjies daar omgeval het.”
Luister: Daar’s ʼn luiperd op my stoep!
Met stories soos “Skurwe slaapmaats”, “Kobrakommosie by kampvuur”, “Lang likkewaantrane”, “‘Shongoloza Meyl’” en “‘Chateau Mosquteau’” maak Van Deventer lesers deel van sy leefwêreld in die natuur.
Verbruikersake: Kan jy eis dat jou vliegkaartjie terugbetaal word?
Duisende verbruikers het sedert die begin van die inperking al lus gevoel om hul hare uit hul koppe te trek omdat hulle nie vir vliegkaartjies vergoed word wat hulle nie weens vlugte wat as gevolg van die inperking afgestel is kon gebruik nie.
Nuwe nasionale park vir Oos-Kaap op pad
Die beplande park sal die bekende Naude Nek-pas insluit wat etlike kilometers deur die suidelike Drakensberge kronkel.
Stolpersteine laat gestorwe Jode se name voortleef
Eugene se woorde bly my vandag steeds by: “Onthou asseblief wat hier gebeur het. Moet nooit vergeet nie.”
Britse ‘rooilys’ kos SA toerisme miljoene
Gegrond op Britse besoekersgetalle van 2019 kan Suid-Afrika se insluiting op die Britse ‘rooilys’ verliese van meer as R790 miljoen per maand beloop.
Buffels en bulte in Baviaanskloof
Wie’s bang vir Baviaans? Daar’s grotte en klowe en watervalle en ongediertes by die duisende in hierdie mega-reservaat, en dis gewis die wildste trap wat jy in Suid-Afrika op ʼn ysterperd kan aanpak.
Besoek die beeldskone Bergkwaggapark
Dis ʼn landskap wat ek nie verwag het nie; ʼn landskap wat my heel onkant met sy wilde skoonheid betrap het.
Dis amper lente, gaan besoek Jasmyn
Die grense tussen Gauteng en Noordwes is onlangs weer oop en die lewe in die groot stad is soms net blok en beton. Al is die pad daarheen nie sonder slaggate en krake nie, sal enigeen se siel aan hierdie deel van Noordwes verknog kan raak; eenvoudige skoonheid, netjies en kleurvol.
Pak jou tas en kuier in Breedekloof
Die wete dat volkome stilte net deur voëlgesang en die wind in die fynbos verbreek sal word, is genoeg rede vir Maryke Roberts om haar tas vir ’n naweek te pak.
Nostalgie op die jagveld
Dit was die eerste keer dat al drie HelpJag-ambassadeurs – oud-Springbok-legende Bakkies Botha, asook Adam Tas en Appel, beide Suid-Afrikaanse sangers – saam op die jagveld was.
SANParke aanvaar binnekort nie meer kontant
Altesaam 12 van die 20 nasionale parke sal vanaf 1 September kontantvry wees.
Erns verken Namibië in nuwe seisoen van ‘Elders’
“Teen sonsondergang gestap op die rooi duine op die rand van die Namib-woestyn en dit het skielik gelyk asof ons in hierdie gloeiende Pierneef-skildery stap.”
Mango-vlugte tydelik opgeskort
Bedrywighede is opgeskort weens uitstaande betalings.
Omring deur olifante: ’n eenmaal-in-’n-leeftyd ervaring
Die son is besig om te sak, en ons word deur olifante omring. Regs agter my breek ʼn jong olifantkoei ʼn tak van ʼn maroelaboom af. Voor ons op die horison vorm ʼn stofwolk waar ʼn paar jong olifante stoei.
ʼn Besoek aan Görlitz, waar Duitsland nog ‘normaal’ is
Soos wat Duitsland, veral in die groot stede, teen ’n vinnige tempo onherkenbaar verander, is daar onder die enkele behoudendes en meer patrioties gesindes die versugting om in die randgebiede, vêr van die groot stede, ʼn rustiger en meer “normale” lewe te lei.
Foto’s: Sorgelose dae op Plett
Ná vier dae in Knysna in Junie is die stres uit ons skouers en ons gaan kuier op Plettenbergbaai. Die 60 km tussen Plettenbergbaai en Knysna gly vinnig verby en vakansie is steeds in ons kuite, skryf Maryke Roberts.