Vet pret met Maroela-lesers se vakansiefoto’s

Daar was pret op sandduine, in plaasdamme, rotspoele en watergate. Daar was waterballon- en kleilatgevegte. Sommige lesers het in die sneeu gaan speel of gaan roei. Daar is lesers wat uit vliegtuie of van kranse af gespring het. Ander het met kamele gaan ry of met Jan Tuisbly se karretjie gery. Daar was ook staptogte, familie-sametrekke en avonture met olifante, robbe en seekoeie.