Hier is ’n paar praktiese sake waaraan jy moet dink as jy emigrasie oorweeg om ’n ingeligte keuse te maak en die proses so veilig as moontlik deur te voer.
Comair-vlugte verder opgeskort
Die lugdiens sê gegewe die onsekerheid oor hoe lank vlak 4 van die afsonderingsregulasies gaan geld, het hy geen ander keuse gehad as om die opskorting van vlugte verder te verleng nie.
Foto’s: Vryheid by Knysna se Thesen-eiland
Met die pandemie en inperking was ek vir ’n wyle paniekerig en het gedink ons gaan nooit weer die N2 ry nie – seelangs, George verby, oor die bult by Wildernis met die spierwit strand en potblou water, skryf Maryke Roberts.
Natuuravonture in Nature’s Valley
Neem vir ʼn slag die kronkelende Grootkloofpas na dié versteekte kusdorpie in die Wes-Kaapse gedeelte van die Tsitsikamma Nasionale Park. Carina Stander lys ʼn paar van die lekkerste natuuravonture wat jou kan help om onder die vel van dié valleidorpie in te klim.
Ry die Ntintwa-pas – met ’n fiets
As jy met ’n buitepad uit Harrismith op ’n fiets kan wegkom, het jy klaar die gevoel dat die wêreld aan jou voete is, skryf Cobus Olivier.
Comair skort vlugte tydelik op
Vlugte sal van 5 Julie tot 30 Julie opgeskort word.
Staproetes oop ná Tafelberg-brand
Gedeeltes van die Tafelberg Nasionale Park is weer oop nadat ʼn brand in April aan die voet van dié berg grootskaalse verwoesting gesaai het.
Slenter verander vakansie hittete in nagmerrie
Die groep moes inderhaas nuwe blyplek soek nadat hulle besef het dat hulle nie in Zimbali sou kon tuisgaan nie.
Nuwe SANParke-regulasies raak veral Gautengse reisigers
Talle mense se vakansieplanne word deur die vlak 4-regulasies geraak.
Sun International sluit talle persele tydelik
Die hotelgroep sê die nuwe regulasies maak dit moeilik om sy persele aan die gang te hou.
Troeteldiere oor internasionale grense: Wat jy moet weet
Oorweeg jy dit dalk om in die nabye toekoms oorsee met jou troeteldier te reis? Hier is ʼn paar moets vir die reis wat jy wil aanpak.
Mooi, onvergeetlik en gasvry: die Oos-Vrystaat
Wanneer jy van die Oos-Vrystaat afskeid neem, weet jy dié plek is nie sommer iets wat jy vergeet nie.
Gesinsvakansie in die korona-tyd
Ná die lang winter in Berlyn, met sy grendelstaat en ’n koue en reënerige lente, was ons uitgehonger vir son en die “Suidelike lewensgevoel” en het ons dus gesoek vir ’n vakansie iewers in die Middellandse See.
Meer as net Franse flair in Franschhoek
Die wintermaande in die Franschhoek-vallei is gewoonlik die tyd om jou baret, streep T-hemp en jou fiets met sy rottangmandjie af te stof en reg te maak vir die Bastille-fees. Maar selfs as die fees nie voortgaan weens Covid nie, en nou dat daar minder oorsese toeriste is, is dit die ideale plek om saam met familie en vriende weg te breek, skryf Maryke Roberts.
Dis (steeds) lekker by die see
Die Suidkus van KwaZulu-Natal is steeds een van Suid-Afrika se gunsteling-vakansiebestemmings, en met goeie rede, want in tipiese vakansiedorpies is daar hope akkommodasie om van te kies en te keur, terwyl jy die dae kan volpak met opwindende dinge om in die omgewing te doen.
Morsekode in die Karoo
Onkunde het dikwels verrykende gevolge. ’n Windpomp, wat vir boere oor jare ’n noodsaaklike lewensaar is, het tydens die Anglo-Boereoorlog vir ’n boer in die Groot Karoo baie probleme besorg.
Virus ook op wêreld se hoogste piek
Diegene wat bereid was om hul kanse met Covid-19 te waag, het egter ʼn verkorte vensterperiode om te klim. Die regering het ʼn beperking geplaas op die getal klimmers wat mag opgaan en twee siklone wat Indië verlede maand getref het, het die seisoen verder verkort.
Die kerk in die koue Karoo
Vir fotograwe wat in sneeulandskappe spesialiseer is dit nou die tyd om te pak en die langpad na hierdie bestemmings aan te durf. Bernard K. Hellberg skryf meer oor die besonderse kerkgebou in Sutherland.
Kaapse seewierwoud ʼn nuwe wonder van die wêreld
Suid-Afrika se seewierwoud is ʼn onderwater-oerwoud wat twee keer die wydte van die Grand Canyon is.
Video: Hotel Sky-valrit laat waaghalse jil
Dié valrit troon sowat 30 m bo die Hotel Sky in Kaapstad uit.