Bekroonde wyne en wêreldklas olywe maak nou wel hierdie hoekie van die Swartland spesiaal, maar glo my daar is hope ander redes waarom jy in die Riebeekvallei wil kom uithang.
Lift, Disney gaan saam die lug betower dié feesseisoen
As deel van dié veldtog gaan Lift-passasiers vanaf 20 Oktober die geleentheid kry om op ʼn Disney-geïnspireerde vliegtuig tussen Johannesburg, Kaapstad en Durban te vlieg.
Kerkplein: Planne om hart van Pretoria te herstel
Dié hernuwingsprojek wil poog om Kerkplein se agteruitgang te stuit en die historiese waarde daarvan te bewaar.
Ontsnap die buitewêreld op Super Sokkie-bootreis
“Ons het geswem, geëet en behoorlik gekuier saam met ou vriende én nuwe vriende wat op die skip gemaak is. Dit was absoluut ʼn driedagfees.”
Dié kusdorpie binnekort tuiste van eerste Club Med-oord in SA
Die ontwikkeling en oprig van dié oord sal na verwagting nagenoeg minstens 2 300 permanente en 1 500 tydelike werksgeleenthede in Suid-Afrika skep.
Son, see en ’n skip
“Die oomblik dat ek die skip betree, vergeet ek van die buitewêreld. Onmiddellik verander my vrees in ʼn gevoel van opgewondenheid en net daar byt die skipgogga my behoorlik.”
Veels geluk, Tafelberg-sweefspoor!
Die Tafelberg-sweefspoor vier Woensdag sy 94ste verjaarsdag met ʼn spesiale aanbod vir Oktober.
Kannaland spog met sy kroonjuwele
Koeispene; gansmis; perdetande. Dit is nie net die name van plaaswerf se dinge nie, maar ook van die Klein Karoo se veldjuwele.
Uitmergelende wedren eerste keer in SA
ʼn Wedren wat deelnemers tot hul uiterste druk, nege dae lank duur en oor meer as 700 km strek word vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied – iets wat waarskynlik nooit weer sal gebeur nie.
Foto’s: Ryk erfenis baat nou ook plaaslike gemeenskap
September is Erfenismaand, maar die term omvat baie meer as nasionale Braaidag, of jy van mieliepap, braaibroodjies of inkomazi hou, skryf Maryke Roberts, nadat sy ʼn erfenis van ʼn ander aard in die noorde van die Nasionale Krugerwildtuin ervaar het.
Foto’s: Shrek se ‘moeras-boomhuis’ nou op Airbnb
Aanhangers van die immergewilde Shrek-flieks kry nou ook die kans om in die geliefde dierasie se boomhuis – in die Skotse Hoogland – tuis te gaan.
Herstelwerk vorder fluks ná ‘Cabanas’ brand
Die Sun City Cabanas-hotel was byna twee weke gelede in ʼn rookwolk gehul toe ʼn deel van die hotel aan die brand geraak het.
Watwou! Kyk so ʼn konvooi … honderde Jimnys vat pad
Enigeen wat Clarens in die Oos-Vrystaat die afgelope naweek in enige ander voertuig as ’n Suzuki Jimny besoek het, moes taamlik uit gevoel het.
Jou gids tot ʼn gesinsvakansie in Franschhoek
Franschhoek is bekend vir sy wyn, natuurskoon en fênsie winkels, maar daar is ʼn rits aktiwiteite in dié omgewing geskik vir die hele gesin.
Foto’s: Dié oord is idilliese vertrekpunt om Mauritius te verken
Danksy die eiland se ongerepte natuurskoon en multi-etniese bevolking, is daar veel meer as net pragtige vakansieoorde om te besoek.
Foto’s: Kom kuier in Yzerfontein
Die Weskus is sommer heelwat nader as wat ʼn mens dink, veral vir diegene wat reeds in die Moederstad kuier. Jip, ontsnap vir ʼn wyle van die stad se gejaag en gaan raak rustig in Yzerfontein.
Foto’s: Cape Pioneer Trek ‘nie vir sissies’
Wanneer jy daardie medalje om jou nek hang, is al die beproewinge vergete en weet jy dat jy een van ʼn uitgesoekte groepie fietsryers is wat die eindstreep gehaal het.
Gratis toegang nie net vir nasionale parke
Sommige wildreservate regoor die land het besluit om ook vir Nasionale Parkeweek hul deure vir die publiek gratis oop te maak.
Video: Kry ʼn adrenalien-inspuiting tussen die klowe
ʼn Stelsel van kabels en platforms hoog in die berge (sowat 1 000 m bo seespieël) laat jou toe om soos ʼn wafferse arend tussen die kranse te baljaar.
Foto’s: Kaapstadse middestad het eie betowering
As jy mooi luister, sal jy dalk selfs vir Lisa hoor klavier speel.