Mense kan ʼn rat voor die oë gedraai word maar nie die Heilige Gees nie. Alles is deursigtig in sy heilige teenwoordigheid.
ToekomsVenster: Geloof en gehoorsaamheid
Soos die lewe en asemhaal met mekaar saamhang, hang geloof en konkrete dade van gehoorsaamheid met mekaar saam.
Gedagte vir die dag: Kos vir krag
Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God. (1 Konings 19:8)
ToekomsVenster: ’n Vader van genade
Hy is van toe af ’n vriend van God genoem.
Gedagte vir die dag: Skemertyd
As dit aand word, sal daar steeds lig wees. (Sagaria 14:7)
ToekomsVenster: Geloof wat tot dade oorgaan
Die wisselwerking tussen geloof en dade word duidelik gedemonstreer. Konsekwent sou ʼn mens kon redeneer dat daar nie sprake is van geloof as dit nie prakties demonstreer word nie.
Gedagte vir die dag: Engele wat ons bedien
Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie? (Hebreërs 1:14)
ToekomsVenster: Ware liefde vra meer van ons
Jesus het ons kom verseker van die Vader se liefde. As dit egter daar gebly het was ons vandag steeds verlore in ons sonde. Hy het die liefde van God prakties kom demonstreer deur sy lewe af te lê.
Gedagte vir die dag: Hemelse hoop
Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word. (Kolossense 1:5)
Gedagte vir die dag: Geskenke vir die Here
Daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet. (Hooglied 7:13)
Gedagte vir die dag: God is steeds by jou
God is vir ons ’n toevlug en beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. (Psalm 46:2)
ToekomsVenster: Geloof en jou dade
Hoe lyk dit met jou geloofsverbintenis? Waar kan dit gesien word?
Lindie Strydom: Bid vir alles
ʼn Seun se hand gaan versigtig op: “Ons het gebid vir ʼn trok vol spinasie sodat ons spiere soos Popeye kan groei.” “Wel,” sê Sandra, “Jy moet kom kyk. Jou trok vol spinasie het gekom.”
Gedagte vir die dag: Hy wag vir jou
Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. (Psalm 121:7)
ToekomsVenster: Barmhartigheid
God ken ʼn baie hoë premie aan barmhartigheid toe. Sy hele bediening in en deur sy Seun Jesus Christus is ʼn bewys van ongekende barmhartigheid.
Ons word geroep om dieselfde te doen.
Gedagte vir die dag: Versprei lewenslus
Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is. (Spreuke 4:18)
ToekomsVenster: Almal het gesondig
Ons almal is worstelend op weg met God en dis net sy genade dat ons staande bly. Hoe slaag ons bevooroordeeldheid jeens ander mense die liefdestoets van God?
Gedagte vir die dag: Geloof oorwin
Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. (Psalm 37:3, 5)
ToekomsVenster: Liefde
Om jouself lief te hê is nie die probleem nie maar om jouself konsekwent ten koste van ander lief te hê is sonde.
Gedagte vir die dag: Oor afstand heen
O God wat aan my reg verskaf, antwoord my as ek roep. Toe ek in die nood was, het U my bevry. Wees my nou ook genadig en hoor my gebed! (Psalm 4:2)