Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val. Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën: ’n lang, lang lewe. (Psalm 133:3)
Gedagte vir die dag: Gehoorsaam om te lewe
Wees gehoorsaam aan my voorskrifte en bepalings. Wie dit doen, sal lewe. Ek is die Here. (Levitikus 18:5)
Gedagte vir die dag: Ek is gretig om te gehoorsaam
Ek is gretig om u gebooie te gehoorsaam, want U verryk my lewe. (Psalm 119:32)
ToekomsVenster: Finansiële fases in die lewe
Baie dankie Here dat U Uself in alle fases openbaar. Help my asseblief om deur die moeilike fases te kom en help my ook om U nie te vergeet as ek myself in die fase van oorvloed bevind nie.
Gedagte vir die dag: Wat ek sê en dink
Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. (Psalm 19:15)
ToekomsVenster: Geld en God langs mekaar
Here, ek besef dat geld deel van die lewe is. Help my egter om altyd U koninkryk eerste te stel.
Gedagte vir die dag: Keer my, Here!
Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde. (Psalm 19:14)
ToekomsVenster: Die rol van geld en Christenskap
Dankie vir die voorreg om U kind te wees. Dankie ook vir my werk en my inkomste. Help my asseblief om my kindskap met U te koester en dat ek verantwoordelik met my geld sal werk.
Gedagte vir die dag: Ontdek jouself
Wie sien sy eie dwalinge raak? Moet my tog nie straf vir sondes wat ek onwetend gedoen het nie. (Psalm 19:13)
ToekomsVenster: Die gevaar van skuld
Here, gee my asseblief die regte kennis om ingeligte besluite te maak sodat ek klaar kan maak met skuld. Help dat ek gedissiplineerd sal wees met my geldsake.
Gedagte vir die dag: Kosbaarder as goud, soeter as heuning
Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. (Psalm 19:10-11) – Deel 2
ToekomsVenster: Geld is ook saad
Baie dankie Here vir die voorreg wat ek het om in U koninkryk te kan belê en ook ander te kan seën.
Gedagte vir die dag: Dien die Here met blydskap
Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig. (Psalm 19:10) – Deel 1
Gedagte vir die dag: So helder soos daglig
Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig. (Psalm 19:9) – Deel 2
Gedagte vir die dag: Gehoorsaam die Koning
Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig. (Psalm 19:9) – Deel 1
ToekomsVenster: Geld moet gespaar word
Here leer my asseblief om in die tye van voorspoed voorsiening te maak vir die moeilike tye. Gee my asseblief wysheid en dissipline.
Gedagte vir die dag: Leer by die Meester
Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. (Psalm 19:8)
ToekomsVenster: Geld moet spandeer word
Here, baie dankie vir dit wat ek verdien. Ek bid dat U my sal help om verantwoordelik met my geld te werk.
Gedagte vir die dag: Die woord van God is volmaak: dit gee lewe
Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. (Psalm 19:8) – Deel 2
ToekomsVenster: Geld moet verdien word
Help my dat ek getrou sal wees en dat ek sal werk asof ek vir U werk. Seën asseblief die werk van my hande.