“In Christus alleen” kyk na die historiese erfenis van elke sola. Dit doen ’n diepgaande ondersoek na wat elk van die solas behels en hulle praktiese implikasie vir hedendaagse Christene.
Gedagte vir die dag: Verkondig die Goeie Nuus
Julle het van Christus gehoor. Julle het tog aangaande Hom onderrig ontvang volgens die waarheid wat daar by Jesus is. Julle het tog in julle eenheidsband met Jesus die waarheid geleer, naamlik dat julle, wat julle vroeëre leefstyl betref, die ou, sondige mens soos vuil klere moet uittrek. Bedrieglike begeertes laat hierdie mens te gronde gaan. (Efesiërs 4:21-22)
ToekomsVenster: Om soos Christus ʼn brugbouer te wees
O Here, maak ook van my ʼn brugbouer; in my gesin, by die werk, sowel as in die breë samelewing, waar ek ook al kom.
Gedagte vir die dag: Die krag van gebed
Ek kniel voor die Vader. Hy is die Vader van elke gemeenskap in die hemel en op die aarde. (Efesiërs 3:14-15)
ToekomsVenster: Soos ons vergewe…
Help my om die genade wat ek van U ontvang het uit te straal na ander.
Gedagte vir die dag: ’n Vriend van die skrynwerker
Deur sy geliefde Seun is ons verlos deurdat Hy sy bloed vir ons gestort het. Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van sy genade in oorvloed aan ons gegee het. (Efesiërs 1:7-8)
ToekomsVenster: Om jou sonde te bely
Vergewe ons en wees ons land genadig.
Gedagte vir die dag: Bly koersvas
Moenie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes. (Galasiërs 6:9)
ToekomsVenster: My lewe op die altaar
Ek lê my lewe vir U op die altaar. Neem my lewe, Heer, en gebruik dit tot U eer.
Gedagte vir die dag: Oorvloedige seën vir elke goeie werk
Wat mense saai, sal hulle ook maai! (Galasiërs 6:7)
Gedagte vir die dag: Geroep om vry te wees
Julle is geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. (Galasiërs 5:13)
Gedagte vir die dag: Soek jy na vrede?
God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. (Romeine 5:1-2)
ToekomsVenster: Die gesindheid van Christus
Maak my gewillig om tweede viool te speel, ter wille van die evangelie.
Gedagte vir die dag: Neem toe in heiligheid
Geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, moet julle julle daarvoor beywer om vlekkeloos en onberispelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe. En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. (2 Petrus 3:14-15)
ToekomsVenster: Lig en sout – tot eer van God
Ek verheerlik Jesus Christus as my Verlosser.
Boek: Genade in oorvloed
Genade in oorvloed sal vir jou ʼn beter begrip gee van wie God is en hoe jy in alle omstandighede op Hom kan vertrou.
Gedagte vir die dag: Gereed vir die wederkoms
Die Dag van die Here sal so onverwags kom soos ’n dief. Dan sal die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl soveel meer aan God toegewy wees en moet julle naby aan Hom lewe! (2 Petrus 3:10-11, NLV)
ToekomsVenster: Omdat God ons gestuur het!
O Here, maak my ʼn gehoorsame volgeling van U.
Só kan jy Christene in Irak en Sirië help
Geopende Deure werk deur kerke en plaaslike vennote om noodleniging aan tienduisende ontwortelde Christene, soos Noeh en sy familie, in Irak en Sirië te voorsien.
Gedagte vir die dag: God se tydsberekening
Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie. (2 Petrus 3:8-9)