Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms. (1 Petrus 4:12-13)
Gedagte vir die dag: Dien ander met jou gawes
As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die ander dien. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! (1 Petrus 4:10-11)
ToekomsVenster: Jesus maak ‘n seun gesond
Jesus hoor, luister en gee om. Hy reageer deur te wys op sy onverdunde en ongekompromitteerde vermoë om hierdie wêreld op sy kop te keer. As Hy in radikale heerlikheid toetree tot die gebrokenheid van ons dag verander dinge.
Gedagte vir die dag: Onder nuwe bestuur
Omdat Christus dan liggaamlik gely het, moet julle julle ook met die gedagte wapen dat wie liggaamlik gely het, met die sonde afgereken het: vir die res van sy aardse bestaan word sy lewe nie meer beheers deur menslike begeertes nie, maar deur die wil van God. (1 Petrus 4:1-2)
ToekomsVenster: Jesus se dood is naby
Nou praat Jesus van die opstanding uit die dood.
Gedagte vir die dag: Die volmaakte offer
Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring. (1 Petrus 3:18)
ToekomsVenster: Die verheerliking op die berg
Wie kan die heerlikheid van God aanskou en bly lewe?
Gedagte vir die dag: Bereid om te getuig
As julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as ’n voorreg beskou. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. (1 Petrus 3:14-15)
ToekomsVenster: Sy koninkryk kom
Die opstanding van Jesus bevestig dat die koninkryk inderdaad in Christus Jesus vergestalt word.
Gedagte vir die dag: Verhoudings
Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle. Wees almal eensgesind, liefde vol, goedhartig, nederig. Moenie kwaad met kwaad ver geld nie. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na. (1 Petrus 3:7-9, 11)
ToekomsVenster: Om Jesus te volg
Maak vandag ʼn keuse vir die lewe.
Gedagte vir die dag: Volg Jesus se voorbeeld
Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Volg in sý spore. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. (1 Petrus 2:21, 24, NLV)
Gedagte vir die dag: Leef soos God se kinders
Handhaaf ’n voorbeeldige leefstyl onder die nie-Christene, selfs al kla hulle julle aan van wangedrag. Omdat die Here dit so wil hê, moet julle alle gesag aanvaar. (1 Petrus 2:12-13, NLV)
Gedagte vir die dag: Konings, priesters en profete
Julle is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. (1 Petrus 2:9)
ToekomsVenster: Die belydenis van Petrus
Dink jy aan wat God wil hê nie of dink jy aan wat die mense wil hê?
Gedagte vir die dag: Stene in God se gebou
Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis, om ’n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. (1 Petrus 2:5)
ToekomsVenster: Jesus genees ʼn blinde man in Betsaida
ʼn Mens kan fisiek blind wees, sterf, maar behoue wees. In die hemel is daar geen fisieke belemmering nie. Wie geestelik blind sterf, is egter verlore en dit is ver van God se bedoeling dat alle mense gered sal word en kennis van die ewige lewe sal bekom.
Gedagte vir die dag: Liefde is ononderhandelbaar
Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. (1 Petrus 1:22)
ToekomsVenster: Die suurdeeg van die Fariseërs en van Herodes
Jesus vergelyk die optrede van die Fariseërs met suurdeeg. Dis gebeur stadig maar beslis. Dis ʼn baie raak metafoor vir die negatiewe en afbrekende werk van die duiwel en sonde in ʼn mens se lewe.
Gedagte vir die dag: Jesus betaal die prys vir jou sonde
Julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (1 Petrus 1:19)