’n Kruik vol suur wyn het daar gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptak gesit en dit teen sy mond gehou. Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas. (Johannes 19:29-30)
Gedagte vir die dag: Die krag van die waarheid
As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie. (Matteus 6:14-15)
Gedagte vir die dag: Vertel dit aan die hoogste gesag
Vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het. (Matteus 6:12)
ToekomsVenster: Laat die kindertjies na my toe kom… (’n verlore generasie kinders)
Gee ons ore om te hoor waar kinders roep en help ons om te doen.
Gedagte vir die dag: Druk weer die herhaalknoppie
Petrus vra vir Jesus: “Here, hoeveel maal moet ek ’n medegelowige vergewe wat iets verkeerds teen my gedoen het? Selfs tot sewe maal toe?” “Nee,” verseker Jesus hom, “nie tot sewe maal toe nie, maar tot 70 maal sewe toe!” (Matteus 18:21-22)
ToekomsVenster: Ras, klas en geslag – sake vir dissipels van Jesus
Maak my vry van my vooroordeel en help my om U te sien in die gesig van elke ander mens. Amen.
Gedagte vir die dag: Terug na die werklikheid
Wanneer mense roep om hulp, hoor die Here. Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle. Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die Here hom. Want die Here beskerm selfs elke been. Nie een van hulle sal gebreek word nie. (Psalm 34:18-2)
ToekomsVenster: Valse vrede
Here, sien my wond, raak my aan, maak my heel; laat my wonde bronne van heling word vir baie ander asook vir my stad.
Gedagte vir die dag: Ontspan
Julle moet ook julle výande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. (Lukas 6:35)
ToekomsVenster: Vermorste genade
Here, ons bely dat ons U onverdiende genade vanselfsprekend aanvaar het. Ons verdien nie om weer te vra nie, maar waar ons U genade vermors het, maak ons vry en sit ons voete op ’n nuwe pad.
Gedagte vir die dag: Heeltemal bekend
Here, U deursoek my en ken my. (Psalm 139:1)
ToekomsVenster: Geskroeide reënboog
Here, help my en ons om mense van U reënboog te wees; mense wat getrou sal bly aan U soos wat U getrou bly aan ons.
Gedagte vir die dag: Nie net sleg nie
Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee. (Spreuke 27:6)
Gedagte vir die dag: Vat dit soos ’n digter
Ondersoek julleself of julle in ’n egte geloofsverhouding met Christus staan. Toets julleself. As julle nie daarvan oortuig is dat Christus in julle woon nie, het julle die toets nie geslaag nie. (2 Korintiërs 13:5)
Gedagte vir die dag: Vat dit soos ’n herder
Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n kromswaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy staan en beledig. (1 Samuel 17:45)
ToekomsVenster: Jou roeping
Here, sal U my asseblief wys hoe ek my beroep kan aanwend om U Koninkryk te bou en U daardeur te verheerlik? Vergewe my asseblief dat ek soms so negatief raak oor my omgewing.
Gedagte vir die dag: Vat dit soos ’n profeet
Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek met ’n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir Ons gaan?” Ek het geantwoord: “Here, ek sal gaan! Stuur my!” Hy het gesê: “Ja, gaan. Sê vir hierdie mense só: ‘Julle sal my woorde hoor, maar dit nie verstaan nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie die betekenis daarvan snap nie.’” (Jesaja 6:8-9)
ToekomsVenster: Span jou seile
Here, ek vang myself dikwels ongeduldig waar ek versoek word om my seilboot te vervang met ’n roeiboot of motorboot; waar ek ten volle in beheer kan wees. Ek wil nie wegroei van my roeping af nie. Ek kies om myself elke dag aktief vir U te gee, sodat U my kan stuur in die rigting waarin U wil.
Gedagte vir die dag: Vat dit van jou grootste kritikus
Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens My te praat met die nasies van die wêreld. Moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense waarheen Ek jou stuur en gee my boodskap vir hulle. Jy moet ook nie bang wees vir hulle nie. Ek sal by jou wees en jou beskerm! (Jeremia 1:5, 7-8)
ToekomsVenster: Vrees beperk avontuur
Here, ek wil vry wees van vrees en nie die avonture wat U vir my beplan het, misloop nie. Gees, sal U my asseblief versterk sodat ek die uitdagings van die lewe met moed en vrymoedigheid kan aanpak. Ek wil uit hierdie donkerkamer van negatiwiteit stap en op die waters van avontuur saam met U loop.