… sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie. Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. (2 Korintiërs 6:1-2)
ToekomsVenster: Geloofsversekerdheid – nie meer verlore
Mag ek die vertroue uitspreek dat ons viering van Kersfees spruit uit ʼn geloofsekerheid. Die baba in die krip is ook die Koning van my en jou lewe.
Gedagte vir die dag: Werk God stadig?
Ek het gesien dat God aan die mens ’n taak gegee het … God het elke ding gemaak dat dit pas in ’n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. (Prediker 3:10-11)
ToekomsVenster: Ontvang God se Kersgeskenk dankbaar en in geloof
Het jy die geskenk al geneem, “oopgemaak” en in verwondering by die kruis gestaan?
Gedagte vir die dag: God heers oor tyd
Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag. (Genesis 1:3-5)
ToekomsVenster: Nie goedkoop genade nie, maar duur gekoop
God gee Homself prys ter wille van mense.
Gedagte vir die dag: Word weer kind
“Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” Hy het [toe] die kindertjies … geseën. (Markus 10:14-16)
ToekomsVenster: Die hele wêreld
God se bevrydende liefde, onverstaanbaar en onweerstaanbaar, moet met alle mense gedeel word. Die nasies van die wêreld moet deur ons gehoorsaamheid, woorde en dade, kom en gaan bewus word van die reddende genade van God in Christus.
Hou tog net jou kant skoon
Dís nie altyd maklik nie, maar wat is die alternatief? Om self boos en onregverdig, hard en wreed te word? ‘n Mens word wat jy haat.
Gedagte vir die dag: Moet Christene arm wees?
Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God … Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. (Lukas 6:20, 22)
ToekomsVenster: Onweerstaanbare liefde
Mense (harte) verkrummel in sy teenwoordigheid; alle weerstand behoort soos mis voor die son te verdwyn. Betoon besondere dankbaarheid hierdie Kerstyd vir die onverstaanbare en onweerstaanbare liefde van God.
Gedagte vir die dag: God wil jou seën
”Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!” (Numeri 6:24-26)
Gedagte vir die dag: God het vir jou meer in gedagte
Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe naby My en wees opreg! Ek sal my verbond met jou sluit en baie, baie mense uit jou laat voortkom.” (Genesis 17:1-2)
Gedagte vir die dag: Jesus haal Jesaja “verkeerd” aan
Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armeste verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig. (Lukas 4:18-19)
ToekomsVenster: Kom na die Here
Die weg na die Vaderhart is oop. Mense kan vanuit die voorhof vorder tot in die allerheiligste teenwoordigheid van die Almagtige.
Gedagte vir die dag: Ons dien ’n God van tweede kanse
Ter wille van hulle het Hy aan sy verbond gedink, en in sy groot liefde was Hy genadig. (Psalm 106:45)
ToekomsVenster: Mag die Here jou seën
En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ’n verskil in die wêreld kan maak sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word. nie
Gedagte vir die dag: Geloof is nie ingewikkeld nie
As ek u goedgesindheid geniet, Here, moet U saam met ons wegtrek. Al is die volk moedswillig, moet U ons ongeregtigheid en sonde vergewe. Laat ons tog u volk bly, u eiendom. (Deuteronomium 10:12)
ToekomsVenster: Beelddraers van God
Wanneer gaan ons ophou baklei? Wanneer sal die Kersvrede van ons besit neem?
Gedagte vir die dag: Ons nuwe tuiste
Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.” Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde.” (Openbaring 21:5-6)