4-stap-sysagte-skons

Ek het hierdie resep by my ouma gekry. Sy glo vas dat ‘n mens altyd gereed moet wees om onverwagse gaste met ietsie lekkers te verwelkom. Daarom het sy altyd die bestanddele vir hierdie vinnige en maklike sysagte-skons in haar koskas.

Pampoenpastei

Susan Lombaard – Ons was skaars ʼn week terug van wittebrood af toe my skoonma vir Sondagmiddagete kom kuier. Ek wou haar beïndruk en het hierdie pampoenpastei gemaak.

Worsverrassing vir pasgetroudes

Elsabé Groenewald – Toe ek en my man net getroud is, het ons gereeld hierdie resep gemaak. Deels omdat dit maklik is, deels omdat dit vinnig is (pasgetroudes het mos beter dinge om te doen as kook) en deels omdat dit redelik goedkoop is.