Hierdie lyk soos ʼn heerlike peuselhappie terwyl die res van die vleis gebraai word.
[Resepte] “Kentucky”-hoender
Tuisgemaakte hoender is altyd meer smaaklik. Selfs die kinders sal van dié hoender hou.
Kosblik-idees: Frikkadelle
Almal wat gereeld kosblikke moet pak, raak soms moedeloos om nuwe idees uit te dink. Myoplossing is dan om ou bekende idees (en dit waarvan my kinders hou) met geurmiddels ‘n bietjie te verander. Frikkadelle is so lekker vir ʼn kosblik, want dis maklik om te maak, kan gevries word en is gerieflik om in te pak en hanteer.
[Resep] Slootbrood
“Tradisioneel word slootbrood voorgesit met gebraaide boerewors en tuisgemaakte tamatiesmoor,” sê die bobaasbakker, Mareli Visser.
[Resep] Garnale met peri-peri sous
Daar kan vinnig huismoles ontstaan as daar nie genoeg kos vir almal is nie, veral as ʼn mens garnale voorsit…
Kosblik-idees: Hoenderslaai en kaas-en-mieliemuffins
Kosblik-pak vir die gesin behoort nie te moeilik of tydsaam te wees nie. ʼn Bietjie beplanning kan ʼn groot verskil maak, want as jy aandetes so beplan dat daar iets oorbly of op ʼn nuwe manier aangewend kan word, is die helfte van die werk reeds gedoen.
[Resep] ʼn Bederfie vir jou Valentyn
Sjef Izelle Hoffman deel drie heerlike resepte om jou Valentyn mee te bederf. Daar is niks soos ʼn gekookte maaltyd om te sê “Ek het jou lief” nie.
Ian se biefstuk-manifes
“Almal wat al Ian se biefstuk geproe het, vra hoe op aarde hy dit so heerlik in ʼn pan kan gaarmaak. Hier is sy manifes, wat ook werk vir braai oor die kole,” skryf Errieda du Toit.
[Resep] Jakkie se heerlike biltongslaai
Hierdie slaai is vullend en heerlik vir die werk of sommer ʼn maklike maaltyd by die huis.
[Resep] Denningvleis
Hierdie resep sal vleisliefhebbers opgewonde maak – en boonop is dit maklik ook!
[Resep] Tunatert
ʼn Maroela Media-leser, Helene Burger, deel een van haar gunstelingresepte. “Ek het dit baie lank vir die VCSV Strandfontein aan die Weskus gemaak. Dis vullend, smaaklik en maklik. Ek het dié resep met die jare al so ʼn bietjie verander,” sê Helene.
[Resep] Seekospotjie
Sjef Snoekie deel een van haar gunstelingseekos-resepte en vertel ook hoekom dié resep ʼn wenner is. Elke resep in Laat die potte sing het sommer ook ʼn skattige staaltjie by.
Kosblik-idees: Hoenderboudjies en appel-en-kaneel-plaatkoekies
“ʼn Gesonde leefstyl is vir almal belangrik. Ek hou nie van die woord dieet nie, want dit ontlok so dikwels ʼn negatiewe gevoel by mense. Ek is ʼn ambassadeur vir ʼn gesonde leefstyl vir die hele gesin, selfs wanneer ʼn mens met vakansie is, al eet almal meer bederfkos,” skryf Heleen Meyer.
[Resep] Skaapboud
Daar is min dinge wat so lekker ruik soos skaapboud!
[Resep] Pangeroosterde vis
Hier is ʼn heerlike resep vir daardie monster van ʼn vis wat jy hierdie vakansie gaan vang. En as visvang nie vir jou is nie, sal ʼn gekoopte stukkie vis ook goed werk.
[Resep] Verruklike Kersfees-spyskaart
Hierdie spyskaart van Heleen Meyer, bekende gesig op Die Groot Ontbyt en ʼn koskonsultant wat mense graag aanmoedig om lekker en gesonder te eet, is perfek vir Kersfees. Haar resepte is geurig, maklik om te maak en daar is altyd iets vir elkeen se smaak.
[Resep] Hoenderrol
Die gereg smaak die lekkerste wanneer dit pas voorberei is, maar dit kan vir 24 uur verkoel word. Dit kan vir 30 dae gevries word.
[Resep] Hoendersosaties
Die sosaties smaak die lekkerste wanneer dit pas berei is, maar kan vir 24 uur verkoel word. Dit kan ook bevries word vir 30 dae.
[Resep] Drie-bone-tamatiebredie met lamsrib
Hierdie gereg klink hemels en dit lyk asof dit sommer ʼn gesonde bederf ook is!
[Resep] Thaise groenkerrie
Beïndruk jou gesin met dié maklike resep vir die lekkerste groenkerrie.