“Die verdagte was ook op die toneel, in besit van ʼn vuurwapen wat glo in die skietery gebruik is. Drie leë patroondoppies is ook daar gevind.”
Landboubegroting ‘bring hoop’
“Minister Ivan Meyer het die toewysing van beskikbare fondse goed geprioritiseer om die heersende uitdagings in ons bedryf te takel.”
Tonne aartappels bring verligting voor Paasfees
‘n Boer, wat anoniem wil bly, het 34 ton oftewel 1 249 sakke aartappels aan Solidariteit Helpende Hand geskenk.
Pa verkoop kosbare trekker om vir dogter se studie te betaal
“Ek is trots, trots, trots. Ek sou alles verkoop wat ek besit,” het ʼn pa van Limpopo gesê nadat sy kind haar doktorsgraad behaal het.
Grootste ‘Damsak’ nóg nou beskikbaar
Waar die 250 000 liter-opgaarsak vantevore die grootste was, spog Damsak nou met ʼn nuwe 333 000 liter-weergawe.
Wes-Kaap se landboubegroting moet bedryf help floreer
Ondanks uitdagings soos vertragings en ondoeltreffendheid by hawens, verhoogde geopolitieke onsekerheid en beurtkrag, het die landbou- en landbouverwerkingsektor van R63 miljard in 2018 tot R104 miljard verlede jaar toegeneem.
Landelike misdaad ‘meer as net statistieke’
“Agter hierdie syfers is die werklikheid van traumatiese lewensverlies, voedselsekerheid wat bedreig word en werksgeleenthede wat in gedrang kan kom.”
Groter vraag laat makadamiapryse styg
Suid-Afrika gaan vanjaar ʼn goeie oes makadamianeute lewer, ʼn oes wat verlede jaar se totale opbrengs gaan oortref.
Sitrusvereniging verwelkom nuwe voorsitter
Gerrit van der Merwe het reeds op agtjarige ouderdom met vakansiewerk op sy pa se plaas begin, wat sy lewenslange passie vir die sitrusbedryf gevestig het.
Groot marklesse in Indië te leer
Hier leer jy wat verbruikers werklik van jou produk dink, skryf Justin Chadwick. Die handelaars verkoop die produkte óf aan die eindverbruiker, óf aan die smouse wat dit aan die eindverbruiker verkoop. En as ʼn klant ongelukkig is, word die vars produkte teruggebring en vervang.
Aardverwarming kan kospryse, inflasie laat styg – studie
Die uitwerking op voedselpryse en inflasie weens toekomstige aardverwarming gaan die felste gevoel word in “streke wat reeds warmer is”, en veral in armer en ontwikkelende dele van die wêreld. Afrika en Suid-Amerika gaan die vastelande wees wat die meeste geraak word.
Houtgerus oor die toekoms
Nie net word Menseregtedag Donderdag in Suid-Afrika gevier nie, dit is ook Internasionale Dag van Woude. Roy Southey, uitvoerende hoof van Sawmilling South Africa, verduidelik watter voordele die verhoogde gebruik van hout in die plaaslike boubedryf nie net vir die land nie, maar ook vir die planeet kan inhou.
Zim-boere steier weens droogte
“In ʼn goeie jaar kan ons staatmaak op vars mielies, pampoene en grondbone. Daar is hierdie jaar niks op die lande nie.”
Boerdery is harde werk, maar nie jou aankope nie
Aflewering geskied binne drie werksdae reg oor Suid-Afrika tot op jou plaas. Daar is meer as 480 000 produkte en onderdele beskikbaar en dié lys groei daagliks.
Landboubedryf werk hard om logistieke probleme te pak
“Dit is belangrik dat verskillende sektore van die ekonomie by mekaar leer en dit is ewe belangrik dat verskillende vrugtesektorliggame leer van mekaar,” sê Theo Boshoff.
Dié lekke’ waentjie gaan plaas platry
Die “Lekkewaan” is spesifiek ontwikkel om aan die veranderende behoeftes van boere en landbou-ondernemings te voldoen en maak gebruik van die jongste tegnologie, ergonomiese ontwerp en eko-vriendelike eienskappe om “ongeëwenaarde prestasie oor verskeie landbouprosesse” te lewer.
Video: Dié manne skrik nie vir koue – of groot – pampoen
Jy hoef skynbaar nie ʼn boer te wees om ʼn tamaai pampoen te kweek nie. Só het Cornelis Bester tydens die 20ste Goliat van Gat-pampoenfees gewys.
Beesvleisprys veerkragtig ondanks beurtkrag, verbruikersdruk
Vorige uitgawes van die verslag het gewaarsku dat toenames in beurtkrag ʼn negatiewe uitwerking het op verbruikersinkomste en verbruikers se vermoë om beesvleis te bekostig.
DA wil rampondersteuning vir Vrystaat-landbou verseker
“Ons boere bly nasionale bates wat kos produseer en voedselsekerheid verseker aan ons land in uiters negatiewe omstandighede. Die DA sal bly veg om seker te maak dat die landboubedryf en voedselsekerheid te alle koste beskerm word en dat boere die nodige ondersteun ontvang.”
Jonges boer vir die toekoms
“Die Jongboer-konferensie dien as ʼn platform vir opkomende landbouleiers om idees uit te ruil, waardevolle insigte te verkry, en om te mik na ʼn meer volhoubare en voorspoedige toekoms.”