Dié aanmeldbare en hoogs aansteeklike, ekonomies belangrike veesiekte het onlangs skielik ver buite die beheergebied versprei.
Boere moet pad Paasnaweek herstel
“Ons stroop tans sojabone en mielies en kan eenvoudig net nie agteroorsit en vir die departement wag nie.”
Radelose boere versper Vrystaat-pad
“Die panne langs die pad is tot twee meter diep en die insittendes verdrink dan as hul voertuie in die water beland.”
‘Ommeswaai’ moontlik vir boere wat bedryf wil verlaat
Indien verandering egter nie teweeggebring word nie, sal dit “verdoemende implikasies” vir die Suid-Afrikaanse platteland inhou.
Jonger boere wil vinniger padgee – navorsing
Beslissende faktore sluit onsekerheid oor grondhervorming, finansiële probleme en kommer oor landelike veiligheid in.
Nog ’n aanslag op eiendomsreg kom
“Die ANC is duidelik op die agtervoet sedert sy parlementêre mislukking om die regering se diefstal van eiendom te wettig en raak dus al hoe meer desperaat om dié beleid te probeer afdwing.”
TLU eis ingryping ná Sondagsriviervallei-oproer
Die organisasie sê die polisie het toegekyk hoe misdaad gepleeg word en dit lyk of wetstoepassers nie die vermoë of die wil het om wetsgehoorsame burgers te beskerm nie.
Kirkwood-onrus: Boere én gemeenskap ly onder geweldpleging
“Geweldplegers besef klaarblyklik nie hulle vernietig die ondernemings waarvan hulle en hul gesinne afhanklik is vir ’n toekomstige inkomste nie.”
Miljoene se skade toe trekkers in Kirkwood brand
Die hooggeregshof in Gqeberha het intussen ʼn tussentydse interdik aan plaaseienaars in die Sondagsriviervallei-munisipaliteit toegestaan.
Covid-19-regulasies saai onmin by Nampo
“Ons kom al ’n lang pad met hierdie ding en ons moet seker maak dat ons die dinge reg doen indien ons met Nampo wil voortgaan.”
Daadwerklike optrede teen bek-en-klouseer begin
Daar is begin om besmette diere in Gauteng uit te slag, wat ook in Noordwes en die Vrystaat voortgesit sal word.
Sitrusplase loop deur oor ‘gek’ looneise
Sommige vrugteboorde, skadunette, trekkers en spuitmasjiene is sedert verlede week aan die brand gesteek, terwyl besproeiingstelsels uit die grond geruk is.
‘Minder’ sake, maar heelwat meer vee dalk gesteel
TLU SA sê die syfers kan dui op groter sindikaatbedrywighede en moet gevaarligte laat flikker.
Verkeerde metodiek wys werksgeleenthede in landbou krimp
Daar is beweer dat ongeveer 70 000 werksgeleenthede op plase verloor is, wat nie strook met die sterk ekonomiese groei in die landbousektor op daardie tydstip nie.
Vrystaatse damme reeds propvol
Verder stroomaf word mense gewaarsku om uiters waaksaam te wees. Die grond is reeds deurnat en die oopmaak van nog sluise by verskeie damme kan tot kitsoorstromings lei.
Katoenvolumes probleem; pryse hoogste in meer as dekade
Die katoenbedryf se teiken is om teen 2030 altesame 65% van sy katoen plaaslik te bekom.
Veediefstal buite beheer
“Veediefstal is buite beheer weens die onvermoë van die polisie om veediefstalsake op te los.”
Beter reëls vir voorkoming van bek-en-klouseer gevra
“Dit is duidelik dat die grensdraad nie onderhou word nie en dat vee dus in aanraking kom met wilde diere, soos buffels wat bekend is as draers van die bek-en-klouseervirus en sodoende ander diere daarmee kan besmet.”
KZN-boere ly groot skade tydens oorstromings
Die oorstromings het groot skade aan infrastruktuur, suikerrietlande, plaasdamme, paaie, brûe, elektrisiteitstoevoer en internetdienste aangerig.
Dié boere is klimaatslim
“Die projek het ten doel om veeprodusente te identifiseer wat klimaatslim boerderypraktyke op hul plase implementeer en passievol is oor die bewaring van hul omgewing en hulpbronne.