Hoewel die verspreiding van die siekte nog nie heeltemal onder beheer is nie, word dit skynbaar goed bestuur.
Sluiting van inmaakfabriek kan ‘ekonomiese ramp’ wees
Benewens fabriekswerkers verskaf die fasiliteit werk aan duisende plaaswerkers in Ashton en produksiestreke.
Beloning uitgeloof ná besonderse springbokram verdwyn
Die ram word beskou as een van Suid-Afrika se grootste springbokke en is volgens sy eienaar uiters kosbaar.
Ankole-genootskap wil ook toerismemark ontgin
“Die Ankole-trein se fluit het geblaas en hy het hard geblaas en gesê, kom ry saam.”
‘Landbank moet boere eerder bystaan’
“Dit gaan nie hier oor die reg van die Landbank om ʼn plaas op te eis nie, maar oor die vraag of dit die regte ding is om te doen.”
Woede, kommer oor Landbank wat glo plase opeis
ʼn Herrie woed oor bewerings dat die Landbank van boeliery en intimidasietaktiek gebruik maak om boere wat die afgelope paar jaar in die moeilikheid beland en gesukkel het om hul skuld af te betaal, van hul plase af te skop.
Theo de Jager: Van teologie tot landbou-leier
Dr. Theo de Jager het van kleins af geweet dat hy wil boer. Dié “hoe” was net nog nie ʼn uitgemaakte saak nie.
Een tree vir elke plaasaanval gegee
“Die boodskap is duidelik dat boere nie alleen staan in hul stryd om veilig op hul plase te bly nie,” sê TLU SA ná sy virtuele staptog teen plaasaanvalle en -moorde.
Optrede geëis teen stakende vragmotorbestuurders by Bloemhof
“Die ekonomiese skade wat aangerig word deur hierdie onwettige optrede is enorm. Graan en vars produkte van boere kan nie die markte bereik nie en ander bedrywe in die handel word eweneens nadelig geraak.”
Jongboere moenie op ʼn eiland boer nie
“Ons is hier om hande te vat, betrokke te raak en hierdie been sterker te maak.”
Beurse vir cannabis-kursus beskikbaar
“Die toenemende momentum in die Suid-Afrikaanse cannabis- en hennepbedryf bied geleenthede om minderbevoorregte mense by hierdie mark te betrek.”
Oos-Kaap-gemeenskap neem kruie-waardeketting enduit
Agt boere, elk met 5 ha, is ingekontrakteer om te begin plant. Daar is volgens ʼn verhouding van 4 ha onder roosmaryn tot 1 ha onder wildemalva aangeplant, volgens die mark se behoeftes.
Tariewe laaste skans vir hoenderboere
“Ons kon die afgelope 13 jaar nog elke jaar goedkoper hoender aan ons verbruikers verskaf as wat die Europese Unie vir sy verbruikers kon doen.”
Afslagdiesel geen invloed op voedselpryse
Hoe gaan die rabat die res van die landbousektore soos vee, vrugte en pluimvee bevoordeel, wat ook aan pryse buite hul beheer onderwerp is?
Wes-Kaapse pluimveeboere prooi van voëlgriep
Hoewel Meyer aangedui het dat voëlgriepgevalle in Suid-Afrika afneem, het Sapo ʼn beroep op die pluimveebedryf gedoen om op ʼn hoë gereedheidsgrondslag te bly.
Boere maak beswaar teen sluiting van R30-pad
Premier Sisi Ntombela se aankondiging verlede week dat die stuk pad finaal gesluit is sodat ʼn brug gebou kan word, is nie goed deur die boeregemeenskap ontvang nie, aangesien hulle nou van die silo’s en kerke afgesny is.
ARF onderneem brandvegter-uitdaging
“Ons wil graag proaktief optree en eerder die boere help om die brande te beveg voor daar agterna hulp verleen moet word.”
Jong boere dringend benodig
“In die huidige omstandighede kan ons nie anders nie as om deel van georganiseerde landbou te wees. Die uitdagings is net te veel. As dit moeilik raak, is dit nog belangriker as ooit om koppe bymekaar te sit en te weet jy is nie alleen op ’n eiland van jou eie nie.”
Alles gebeur op nuwe Argo-perseel
Presies een jaar nadat die boukontrakteurs aan die werk gespring het, is die nuwe Argo Tractors-Suider-Afrika se perseel in Kempton Park amptelik ingewy.
Case IH bly steeds vindingryk ná 180 jaar
Brandstofverbruik raak ook ʼn sensitiewe saak, maar dié AFS-boerderybestuursprogram haal die angel daaruit.