Die hartseer werklikheid is dat daar minder renosters is om te stroop, sê kenners.
Landbou loop ook deur onder skroothandel
“By my is ’n stroper, ’n leunwa asook trekkers se harnasse geroof. Dit is duisende rande se skade.”
Landbou sê aksie moet op staatsrede volg
“Pres. Cyril Ramaphosa se 2022-staatsrede is belaai met herstelplanne vir die land se ekonomie, maar die regering se beleidsomgewing maak die uitvoering van dié planne onseker.”
‘Minimum loon kniehalter arbeidsmag’
“Die mark moet toegelaat word om homself te reguleer, sodat ʼn werkgewer ongeskoolde mense teen ʼn onderhandelde bedrag in diens kan neem, wat die mense ten minste sal toelaat om op die eerste sport te klim en dan die geleentheid gegun word om te presteer.”
Doen voornemens in staatsrede gestand, sê suikerbedryf
Dié organisasie is van mening dat die regering die afgelope jaar nie gehoor gegee het aan een van sy versoeke van ʼn jaar gelede nie.
Europeërs bekommerd oor druiwe uit SA
“Daar was wel maar altyd probleme in Suid-Afrika, maar hierdie seisoen was dit besonder erg.”
Departement gryp in met varkpes-inligtingsdae
Die doel is om bewustheid te skep en inligting te verskaf oor ASF, biosekerheid en algemene varkboerdery-kwessies.
Toets grondgesondheid met pasmaakpakket
Die pakket is geskik vir klein- en grootskaalse boere en daar is tans ʼn groot aanvraag daarvoor.
Koringoes dalk grootste in twee dekades
Sedert die vorige opdatering einde Desember verlede jaar was daar noemenswaardige veranderings met ʼn nuwe voorspelling dat koringproduksie met 3% tot 2,21 miljoen ton kan styg.
Aanslag op diereproteïne verskerp
Die narratief, die verpakking van die kommunikasie en die wye steun van bekendes, sport- en rolprentsterre, koninklikes en wêreldleiers is uiters emosioneel en val sag op die oor.
Tegnologie kan ‘eenmanplaas’ moontlik maak
Vandag word geoutomatiseerde boerderytoerusting deur outomatiese masjiene gebou.
DBV moet help ná nóg beeste vrek by peperduur Mantusini-projek
Die multimiljoenrandse staatsprojek, wat bedryf word op 373 ha gemeenskaplike grond, is voorgehou as ʼn bemagtigingsprojek wat sowat 500 individuele huishoudings sou ophef. Die grootste deel van die kudde het egter reeds weens honger en verwaarlosing gevrek.
Goeie reën bied teelaarde vir vrugtevlieg
Die departement sê dit is uiters belangrik dat alle produsente en rolspelers bly by die maatreëls wat in wetgewing voorgeskryf word.
Slaggatpad eis ook voorslagboer se lewe
Dit is vir ons verskriklik hartseer, aangesien ons die departement van openbare werke jare lank al vra om aandag aan die pad te gee en dan sterf daar iemand op die einste pad.”
‘Onderbenutte grond’ is geensins onbenut nie
TLU SA doen ʼn beroep op die ANC om te verduidelik wat hy met onderbenutte grond bedoel.
John Deere betree e-handel
ʼn Koerier sal gereël word wat spesifiek gerat is vir plaasaflewerings, om die pakkie by die handelaar af te haal en op die plaas af te lewer.
Rowwe tyd vir tamatieboere – pryse styg skerp
Die langdurige bewolkte weer veroorsaak dat tamaties nie genoeg hitte-eenhede kry nie.
Appels en pere oorkom droogte-teëspoed
Volgens dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, kan die bedryf uitsien na ʼn tydperk van ekonomiese herstel en werkskepping.
Hulp vir boere om uitvoerstatus te beskerm
Die raad van toesig oor die uitvoer van bederfbare produkte (PPECB) het verlede jaar ʼn kennisgewing uitgereik wat aanspraak maak daarop dat boere ’n afskrif van hul BB-SEB aan hul relevante PPECB-kantoor moet stuur.
Egpaar, bejaarde op plaas oorval
Die aanvallers het die egpaar se trouringe en ander items, waaronder ʼn skootrekenaar, selfone, verkykers, kredietkaarte, paspoorte en ʼn onbekende bedrag kontant in buitelandse valuta gebuit.