In dié week se aflewering gesels Wiele2Wiele oor Audi se RS5 Sportback, kyk met nuwe oë na Opel se Combo Van-paneelwa en rits rond met Nissan se Micra.
Is dít die beste BMW M-motor beskikbaar?
Dit is baie maklik om dié BMW op te som. Dit is bitter mooi. Die gehalte is puik. Die enjin is fantasties en die hantering asemrowend.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor nuwe Mustang
Hierdie week gesels die Wiele2Wiele-span oor Ford se nuwe Mustang en Mustang Bullitt, lag vir spoedhobbels met die Ford Ranger Raptor bakkie en speel met Suzuki se nuwe Swift Sport en Vitara Turbo.
ʼn Luukse bus vir dié wat nie wil bus ry
Party mense wat wel ʼn bus nodig het, wil net nie een ry nie. Dis óf te groot óf te lelik. Kia het wel vir daardie mense ʼn oplossing – die Kia Grand Sedona.
BMW C 400 X – ideale stedelike mobiliteit
As jy ’n behoefte het aan ’n ekonomiese vervoermiddel om mee te pendel, dan moet die BMW C 400 X minstens jou kortlys haal.
‘Kyalami 9 Hour’ keer terug
Na ʼn 37 jaar lange rustydperk is dié wêreldberoemde wedren terug!
ʼn Perd van ʼn ander kleur
Die nuwe Ford Mustang, met sy opgeknapte binneruim en sterker enjins, is sonder twyfel ʼn perd van ʼn ander kleur wat jy met entoesiasme sal wil opsaal.
Voertuigverkope staan steeds stewig
Ondanks voorspellings deur doemprofete het Julie se voertuigverkope ʼn geringe verbetering getoon teenoor die Junie-syfers. Die plaaslike totaal van 46 077 bestaan uit 29 477 passasiersvoertuie en 13 852 ligte handelsvoertuie.
Video en foto’s: ʼn V8 soos min
Waar mens regtig dié V8 se staal sien, is om die baan in die Track-weergawe met Giniel de Villiers agter die stuur.
Foto’s: 2 500 klassieke motors dié naweek by Zwartkops te sien
Meer as 2 500 klassieke motors word dié naweek by die gewilde Cars in the Park by Zwartkops-renbaan in Centurion, Gauteng, verwag.
Suzuki kry turbo-hupstoot
Suzuki het vandeesweek sy splinternuwe Boosterjet 1.4 viersilinder-turbopetrolenjin met direkte brandstofinspuiting in Suid-Afrika bekendgestel.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Tucson Sport, luukse Audi Q8
Hierdie week gaan kyk die Wiele2Wiele-span na Hyundai se nuwe Tucson Sport, geniet ‘n bietjie luuksheid met die Audi Q8, en gaan terug in tyd om te kyk na outomatiese ratkaste wat nou oorneem.
Hyundai se Tucson word fiks
Hyundai het besluit dit is tyd vir ʼn opknapping van sy Tucson en het nou twee verskillende modelle bekendgestel. Die twee modelle was op ʼn fiksheidskamp en het met nuwe blikbreine teruggekom. Maar hoe vergelyk dit met die kompetisie?
Video: ʼn Legendariese Toyota?
Die Supra is uniek. Dit is asemrowend mooi en die hantering om ʼn renbaan is fantasties. Waar dinge vir my nog aandag kort, is as mens regtigwaar begin vinnig ry op ʼn ondeunde pad.
Ford-aanleg in Silverton gaan van krag tot krag
In ʼn mark waar politieke onsekerheid en wispelturige wisselkoerse amok maak met handel in Suid-Afrika, is dit gerusstellend dat dit só goed gaan by Ford.
Suzuki Katana: Meer as net mooi
Maak jouself maar reg dat mense sal staar en vrae vra. Ek het nou my beurt gehad en ja, dit was so opwindend soos ek gehoop het.
Luister: Wiele2Wiele oor Toyota Supra GT en nuwe Mazda3
Hierdie week raak Wiele2Wiele behoorlik opgewonde oor die nuwe Toyota Supra GT en ry ook met die nuwe Mazda3.
Kiden KD125-V: Beginnerfiets met ’n tikkie nostalgie
My grootste droom is om meer mense op motorfietse te sien. Hoe meer mense ry, hoe groter sal die bewustheid rakende motorfietse wees. Miskien sal die paaie dan ’n veiliger plek wees vir ons mense op twee wiele.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Audi se gesinswa
Hierdie week verander Wiele2Wiele die stigma oor ʼn stasiewa wanneer hulle gesels oor die Audi RS4 Avant. Hulle gesels ook oor Volkswagen se ikoniese Golf GTi, vertel vir jou oor ʼn elektriese ‘Dakar’-renreeks wat op pad is en Ironman4x4 Suid-Afrika het belangrike nuus om te deel.
Ford se Everest afgestof en opgetof
Op die oog af lyk die nuwe Everest nie dramaties anders as sy voorganger nie – die wagwoorde hier is beslis subtiel dog elegant, gemaklik en duursaam.