Wat is die newe-effekte van ʼn hoë suikerinname tydens jou swangerskap en watter gesonde alternatiewe is daar vir daai sjokoladestafie wat vir jou lê en loer?
Só wil Jana Viljoen ʼn stem aan gestremde kinders gee
“Soms ontwikkel jou beste idees uit jou diepste pyn en letsels.”
Doekebraai: Voor op die wa of bederfie vir pa?
Die idee van ʼn doekebraai het ontstaan om die pa van die nuweling ook by die viering van die koms van die pienkvoet te betrek. Maroela Media het ʼn paar mense genader om te hoor hoe hulle oor die saak voel. Wat dink jy?
Eersteskooldagfoto: Hier is ons wennertjie
“Ek het hom vertel ek het hom ingeskryf vir die kompetisie toe ek die nuus ontvang dat hy gewen het en hy wou net dadelik weet wat hy gewen het.”
Akademia se hande versterk met toonaangewende professore
“Ons glo dat hierdie kundiges se gerekende ervaring ʼn merkwaardige bydrae sal lewer om Akademia se akademiese en bedryfsrelevantheid te behou en toenemend uit te bou.”
Waardeer elke oomblik
Waardeer dus elke oomblik hierdie jaar. Luister. Proe dit. Voel dit in jou lyf. Beleef dit. Mens weet nooit hoeveel daar nog gaan wees, en hoe, sonder dat jy dit besef, jy dit gaan mis wat reeds verby is nie.
Video: Leer jou kind om maklik ʼn pen vas te hou
Hier is ‘n eenvoudige wenk om jou kind te leer om ‘n pen reg vas te hou.
Foto’s: Skattige gr. 1’s se eerste skooldag
Die Laerskool Rooihuiskraal het Woensdagoggend behoorlik soos ʼn rooimiernes gewemel van honderde haasbekkies in hul rooi skoolkleertjies wat vir hul eerste skooldag in gr. 1 aangemeld het.
Sangeres wil met eie vergifnispad ander inspireer
As aanneemkind het sy vir jare met gevoelens van verwerping gewroeg en is haar aanneempa tydens haar hoërskooljare deur ʼn dronkbestuurder doodgery. Sy moes ook later die dood van haar ongebore dogtertjie en ʼn egskeiding verduur.
ʼn Klein skooltjie met ʼn groot hart
Laerskool Pierneef is vanjaar 65 jaar oud. Dis ʼn skool in die hartjie van die Pretoriase Moot.
Wen: Stuur vir ons foto’s van jou gr. 1’tjie se eerste skooldag!
Stuur vir ons jou graadeentjie se eersteskooldag-foto vir 2019 en jy kan ʼn wonderlike Maroela-geskenkpak wen!
Berei jou kind sielkundig voor op die eerste skooldag
Onderwerpe soos wat is ’n juffrou, wat is ’n skool en hoekom hulle skool toe moet gaan, is alles kwessies wat die skoolstelsel vir jou kind meer bekend kan maak.
Só leer baba twee tale gelyk
Dit bevestig ook weereens waarom tweetaliges regdeur hul lewensgang verstandelik deur hul tweetaligheid bevoordeel blyk te word en waarom daar bevind is dat tweetalige kinders en volwassenes beter as enkeltaliges vaar wanneer van hulle vereis word om van een taak na ʼn ander oor te skakel.
Matrieks 2018: Seldsame siekte stuit Ian nie
Ian Bouwer moes ’n besonder moeilike pad stap om sy matrieksertifikaat te verwerf. Dié agtienjarige vasbyter is in 2005 met serebellêre ataksie gediagnoseer – ’n toestand wat spieraktiwiteit en koördinasie aantas.
De Goede Hoop-studentekoshuis: Dié plek waar jy wil wees
De Goede Hoop is ’n Afrikaanse studentekoshuis in Pretoria wat aan studente die geleentheid bied om in ’n veilige omgewing te kan leef en studeer.
Berei jou kind só voor op graad een
Een van die belangrikste vaardighede wat elke kind moet hê wanneer hulle graad een toe gaan, is om hul eie naam en van te kan herken.
Troetelhonde laat kinders ontspan
Nie net kan Woef klaarblyklik help om Boetie of Sussie se selfbeeld te verbeter nie, hy dra ook by om angstigheid te verminder en sosiale inskakeling te vergemaklik.
Video: Miljoene kyk na dié pa se video oor dissipline
“Hy was gister bietjie onbeskof met sy ma, so selfs vandag wat dit reën, moet hy nog steeds skool toe hardloop.”
Maak vir jou kleinding ʼn tafelhuisie vir reëndae
ʼn Huisie om in te speel – of dit nou ʼn pophuis, ʼn boomhuis, ʼn tentjie of ʼn kombershuis is – is altyd ʼn treffer.
Vakansie: Mensehandel nié ʼn mite
‘n Kenner waarsku dat plaaslike mensehandelsindikate munt slaan uit die feit dat talle Suid-Afrikaners glo mensehandel gebeur net in ander lande en met ander mense se kinders.