En so, terwyl my kind ver in ’n ander land is, dink ek aan Paulus se raad oor die tyd. Hy sê ons moet dit uitkoop. Koop die tyd. Dit kom nie verniet nie. Doen die moeite. Jou lewe is herinneringe saam met hulle vir wie jy lief is. Koop vir jou stories. Koop vir jou geluk. Dis verniet. Maar baie duur.
Boelievoorvalle kan só voorkom word
Is jy daartoe in staat om vir die boelie op ’n oortuigende wyse te sê: “Nee!” of “Stop dit!”? Dit kan die eerste tap wees om ‘n boelievoorval te voorkom.
Beskerm die kwesbares in die gemeenskap
Kinders is van die mees kwesbare mense in ons samelewing, en hul veiligheid moet van die grootste belang geag word – net onlangs is klein…
Daar’s niks fout met mislukking nie
Wanneer dinge verkeerd gaan – en dit sal – wys jou aanvaarding en ondersteuning. Laat jou kind weet dat almal foute maak en dat foute nie noodlottig is nie… al voel dit dalk asof sy kan sterf van verleentheid.
10 wenke om my kind te help met teleurstellings
Elke ouer wil graag hul kind beskerm teen teleurstelling. Maar dit is nie altyd moontlik nie. Hier is ‘n paar wenke om in gedagte te hou volgende keer as dit nodig is.
Pak só ʼn gesonde kosblik
“Dit is ʼn ouer se verantwoordelikheid om seker te maak hul kinders eet die regte goed, ek kan nie genoeg klem daarop sit nie. Groente eet moet wees soos om tande te borsel in die oggend.”
Grootste onderwyskongres vir Afrikaanse onderwysdroom
Die land se grootste onderwyskongres sal later hierdie maand in Gauteng en die Wes-Kaap plaasvind waar meer as 800 opvoedkundiges die geleentheid sal kry om by talle kenners te kan kers opsteek oor verskeie aspekte wat onderwys en skole raak.
Dié bekendes het ook onder boelies deurgeloop
“Ek sê altyd ʼn boelie maak seer omdat hy of sy self baie seer het.”
Hoe om ’n tuisonderrigkurrikulum te kies
Op die ou end is daar nie ’n regte of verkeerde manier nie, jy moet ’n kurrikulum kies wat vir jou en jou kinders gaan werk. Jy kan altyd iets anders probeer as jy nie die eerste keer gekry het waarna jy gesoek het nie.
Waldo oor wiskunde: Moet ons dalk weer dink oor huiswerk?
Waldo sal nie kan sê hoe huiswerk in die toekoms hanteer gaan word nie maar, hy sluit af met die volgende: “Dankie aan elke onderwyser wat huiswerk sinvol gebruik om ons kinders se ingesteldheid te verander oor die vak en wat ons kinders verryk daardeur.”
Maak ’n nederige kind groot
Nie elke sewejarige kind sal vir jou kan sê wat nederigheid beteken nie. Ons eerste stap wanneer ons aan ons kinders se karakter wil bou en nederigheid by hulle wil vestig, is daarom om dit vir hulle so konkreet moontlik te skets.
Video: Jay oor hoe sy kinders sy lewe verander het
Die sanger Jay du Plessis vertel openhartig hoe sy vier bulletjies sy lewe verander het én deel oulike en nuttige ouerskapwenke in ʼn video.
‘Vir ’n kort tydjie het jy hom gehad, maar …’
Ons tyd op aarde is kort. Daarom gaan die pa en sy seuntjie mekaar “gou weer” sien en mekaar vir ewig besit. Die tussenin tyd wat swaar was, sal vergete wees. Dit was nie bestem dat hulle vir altyd hier sou wees nie.
Cecilia Steyn gesels oor liefdesverhale en skryfinspirasie
“Die skryf van liefdesverhale is vir my net so terapeuties as om dit te lees. Dit het my dan gehelp met my leënessindroom.”
Hoe om met kinders te reis
Hier is ʼn paar wenke hoe jy die vreugde in reis kan behou, selfs met kinders.
Seminaar plaas brein se leerproses onder die loep
“Daar is al baie planne vir die onderwys beraam, maar die een fundamentele vraag wat nooit gevra word nie, is hoe werk die proses van verstaan en leer nou eintlik?”
Foto’s: Pappa kon darem baba se geboorte op sy selfoon sien
ʼn Soldaat, wie se reis op pad huis toe vertraag, is, kon danksy Facetime sy dogtertjie se geboorte regstreeks op sy selfoon sien.
Keer só dat jou gesin ʼn slagoffer van ontvoering word
Die misdaad van ontvoerings met ʼn losprys is nou opnuut onder die loep geplaas ná die ontvoering van die 13 maande oue Eden Laird. Misdaadkenners verduidelik hoe jy jouself en jou geliefdes teen die misdaad kan beskerm:
Boek: Kweek kinders met heel harte
Kweek kinders met heel harte is ’n praktiese gids om jou kind reg groot te kry in vandag se tye – na siel en gees. Ouerskapkenner Hettie Brittz kyk indringend na kwessies soos die versorging van jou kind se liggaam, siel en gees, selfbeeldontwikkeling, die kweking van goeie karakter, die afleer van slegte gewoontes en die hantering van swak karaktereienskappe.
10 wenke vir ouers van begaafde kinders
Dit gebeur dat ouers êrens langs die pad besef hulle kind is besonders begaafd in ʼn spesifieke aktiwiteit. Gielie Hoffmann gee ‘n paar wenke vir dié ouers.