Verby is die moedelose laataande voor stomme boeke. Solidariteit Helpende Hand se Ekstra Wiskunde-projek bied ’n bekostigbare en interaktiewe oplossing vir elke kind wat daardie hupstoot met Wiskunde nodig het.
Waardes, die kernbestanddeel van gesonde gesinne
“Tradisionele Christelike waardes behoort dus die grondslag te vorm waarop ons ons lewe, ons huwelike, ons gesinne en uiteindelik ons samelewings bou. Waar dit die geval is, verander ons die wêreld ten goede en is daar werklik hoop vir die toekoms.”
Hoop vir gesinne met kinders met uitdagings: fisiek, emosioneel en kognitief
“Alles sterf in jou, dit is asof jou familie ʼn doodsvonnis kry die oomblik dat jy die realiteit van die uitdagings van ʼn breinbeseerde kind in die gesig staar.” Lees die merkwaardige verhaal van twee mammas se stryd om hul breinbeseerde kinders ʼn beter lewe te probeer gee.
Graad R-kinders begin te gou lees en skryf, meen kenners
Anienie meen kinders in graad R en graad RR se perseptueel-motoriese vaardighede word tussen vyf- en sesjarige ouderdom ontwikkel deur spelaktiwiteite soos boomklim, balskop en trampolienspring. Wanneer kinders nie genoeg van dié aktiwiteite beoefen nie, kan dit moontlike nagevolge inhou vir die toekoms.
Ma’s reg oor die wêreld in trane oor dié video
ʼn Aangrypende video getiteld “A Normal Day” het sosiale media aan die gons en laat heelwat ma’s met trane in die oë.
Spelling en handskrif in ʼn digitale wêreld
Kinders moet steeds die vaardigheid van spelling en ’n netjiese handskrif bemeester in ʼn wêreld waarin speltoetsers en sleutelborde alledaagse hulpmiddels geword het.
Sosiale media en kinders: die moets en moenies
Op watter ouderdom moet ek vir my ’n kind ’n selfoon of tablet koop? Moet my kind ’n profiel op sosiale media hê? Kyk hier vir nuttige wenke oor hoe om jou kind aan sosiale media bloot te stel en dit te bestuur.
Vier die moeder in jou lewe
Die mooiste naam waarby ʼn vrou geroep kan word, is Mamma!
Luister: Jak de Priester sing vir jou op Moedersdag
ʼn Gelukkige en geseënde Moedersdag vir elke ma! Luister gerus na Jak de Priester se ode aan alle ma’s.
Lesersbrief: ʼn Brief aan jou, die ander mamma
Soms kan ons nie ons lewe of ons kinders kies nie, maar ons mammas kan kies om mekaar met woorde ondersteun, skryf Gerda Smit.
Nuttige skakels vir ouers en onderwysers
Soek jy hulp met take of hersiening, of kom jy inspirasie kort? Het jy raad nodig met lesplanne of wil jy sommer nou al die wonderwêreld van leer speel-speel vir jou kleinding ontsluit?
Aanlynregistrasieproses: Kommer oor skole se insae
Terwyl die aanlynregistrasieproses vir gr.1- en gr. 8-leerders in Gauteng tot dusver veel gladder as verlede jaar sʼn verloop, heers daar steeds kommer oor wat die stelsel mag inhou vir die toekoms van openbare Afrikaanse enkelmediumskole.
Die jeug se waardes
As ons nie die kernwaardes wat vir sukses nodig is, in ons huise en skole gevestig kry nie, sal ons verder op die ranglys van mededingendheid afgly; sal armoede, werkloosheid, korrupsie en wetteloosheid toeneem en ’n groot deel van die ongelooflike potensiaal in ons mooi land nie ontwikkel nie.
[Foto’s] Tien ontdekkings wat elke ouer se lewe sal verander
Hier is ‘n paar idees wat elke ouer se lewe sal verander.
Op soek na waardes
Skole kan ’n deurslaggewende rol in die ontwikkeling van ons kinders se karakter speel, maar daarvoor bestaan geen eenvoudige resep nie, en skole kan dit nie alleen doen nie.
Vra vir Susan: Voordele van tweetaligheid
Goeie dag Susan, My seuntjie is 15 maande oud en praat nog nie. Ek is Afrikaans en my man is Engels. Nou wonder ons of…
Fokus op gesinne noodsaaklik
Die FAK se konferensie oor “Gesonde gesinne vir ’n gesonde toekoms” kan nie op ’n beter tyd kom nie, skryf dr. Henk Gous.
Ma se hartroerende brief ná vierjarige aan kanker sterf
“Twee maande. Twee maande sedert ek jou in my arms vasgehou het, gehoor het hoe lief jy vir my is, sedert ek jou lippies gesoen het. Twee maande sedert ek jou kon styf vasdruk. Twee maande van absolute hel.”
Elke kind ʼn bousteen vir ʼn beter môre
Jou kinders is die lewende boodskappe wat jy uitstuur om te weerklink, lank nadat jy self nie meer daar sal wees nie. Deur vandag te belê in die kosbare boustene, die kinders van Suid-Afrika, word ʼn beter toekoms verseker.
ʼn Ma vertel: My seuntjie met outisme
“Ons was ʼn hele rukkie op die waglys, maar kon hom uiteindelik sien en ja – selfs toe ons geweet het wat hy vir ons gaan sê, was die oomblik dat hy die woord outisme noem vir ons oorweldigend en baie moeilik om te aanvaar.”