Met InFantz kan jy nou makliker jou eerste keuse bekostig en jy hoef nie tevrede te wees met dit wat jou beursie sê nie. Hierdie is ware gemoedsrus en gerief – kry wat jou baba verdien, op jou voorwaardes!
Harde werk nog altyd Jouberts se hoeksteen sê nuwe Mej. SA se ma
“Dinge was nie altyd maklik nie, maar my kinders het nie een verwag dat goed net in hulle skote moet val nie.”
Kweek dissipline in jou huis
ʼn Proaktiewe waardegedrewe strategie vir dissipline is die mees volhoubare manier om kinders op te voed wat veilig voel. Want in ʼn omgewing waar kinders duidelik weet waar die grense is, voel hulle gekoester en veilig.
Enkelpa en dogter beïndruk op ‘My ma kook beter as joune’
“Ek dog toe nee, ek is die pa én die ma in ons huis en ek sal bewys dat pa’s óók kan kook. Ek het gedink dit sal snaaks wees.”
Akademia hou inligtingsessie oor nauurse afstandstudie vir 2024
Die nauurse afstandsmodel bied ʼn gerieflike rooster vir enige persoon wat graag in 2024 wil werk én studeer. Jy het boonop die keuse om vir klasbywoning by ʼn nabygeleë sentrum aan te sluit of om bloot via e-leer vanaf enige plek in die wêreld te studeer.
Luister: Atterbury Trust vier kwarteeu se lewensveranderende nalatenskap
“Ons het deur die werk van die trust besef hoe groot God se genade én die krag van geleenthede is. Ons moet dít nooit vergeet nie.”
Gesinne wat herenig, skep hoop in ons samelewing
Hierdie suksesverhale is iets waaraan ons regering aandag behoort te gee. Wie sou hierdie mense gehelp het as dit nie vir maatskaplike organisasies was nie? Hoe sou die ma haar probleem kon oorkom het, en dit reggekry het om hul lewens in ʼn nuwe, positiewe rigting te stuur?
Hokaai met té veel tegnologie in klaskamer
Die jongste navorsing wys dat ʼn afhanklikheid van tegnologie in die klaskamer onproduktief en selfs nadelig vir leerders kan wees as dit inmeng met die aanleer van basiese vaardighede soos lees. Om slimfone egter uit skole te verban, is dalk nie die beste oplossing vir hierdie probleem nie.
Wiskunde ontwikkel sleutelvaardighede
Dit is daarom so belangrik om leerders aan te moedig om vas te byt met wiskunde, aangesien dit hulle dapper, kreatief, gehard en pligsgetrou maak.
Waak teen uitbranding
Die meeste vroue in die werkplek is bekommerd oor hoe hul prestasie geëvalueer gaan word – en nie oor hoeveel ekstra ure hulle tuis insit nie.
Neem ’n matrieksafari in die Bosveld
Jou alternatief is ʼn week in die Bosveld, in die middel van die Waterberge, daar waar jy werklik naby aan God en sy skepping gaan wees en in harmonie met ander wat soos jy dink om die volgende fase van julle lewe te beplan, want dit is vir seker uiters opwindend en vol uitdagings.
Afrikaanse skolenetwerk is baanbrekers in toekomsgerigte onderrig
“Ons het onsself begin vra waarom die skolesisteem steeds lyk soos 50 jaar gelede terwyl bykans alle ander bedrywe totaal hervorm is.”
Helpmekaar stel glanstydskrif met gravitas bekend
Ofskoon tegnologiese vooruitgang verandering onontbeerlik én opwindend maak, het die doodsklok nog lank nie vir die gedrukte woord gelui nie. Só glo Helpmekaar Kollege wat ʼn spoggerige kwartaallikse gedrukte glanstydskrif bekendgestel het.
Skryfnet kom Kaap toe met ʼn werkswinkel vir skoliere wat wil skryf
Kinders wat passievol is oor skryf sal baie waarde kry uit vanjaar se Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-werkswinkel wat op 28 Oktober 2023 by Hoërskool Stellenberg in die Kaap aangebied word.
Dié jong stemme bekoor by ATKV-Applous
ʼn Rekordgetal van 225 kore het vanjaar ingeskryf en mekaar laat (sang)les opgesê.
Prop en sy Mieke verwelkom wonderwerkbaba
Ná ʼn twee jaar lange stryd met in vitro-bevrugting, genetiese toetse en duisende rande, het Prop en sy vrou uiteindelik hul wonderwerkseuntjie verwelkom.
Duisende kinders besoek dié monument
“Die Voortrekkermonument is ’n baken van hoop waar almal welkom is. Dat soveel kinders na die monument terugkeer, is net weer ’n bewys dat kinders meer oor hul geskiedenis en kultuur wíl leer.”
Hoe spaar ek vir my kind se toekoms?
Julie is spaarmaand in Suid-Afrika en ʼn baie goeie tyd vir ouers om bestek te neem van hul spaardoelwitte, veral met betrekking tot die befondsing van toekomstige hoëronderwysstudie.
#JouYster-wenner bied opleiding by Cosmo Training Academy
[promosie] Die akademie se hooffokus is op sweisopleiding.
Maatskaplike werkers is ’n boei vir traumaslagoffers
“Die dienste wat ons lewer is deurslaggewend vir diegene na wie ons uitreik. In die afgelope finansiële jaar het ons byna 30 000 individue gehelp, wat min of geen ander uitweg sou hê om die hulp te kry wat hulle nodig het om die realiteite van hul lewens die hoof te bied nie.”