Die vlag is Dinsdag tydens ʼn seremonie aan die voete van die Voortrekkermonument in Pretoria voor ongeveer 50 kinders van die Ons Plek-skole onthul.
Rol met retinol hierdie somer
Retinol is ʼn kragtige vorm van vitamien A en word dikwels gebruik om aknee te behandel, maar kenners meen enige veltipe en ouderdom kan hierby baat.
Luister: Alzheimers veel meer as net geheueverlies
“Dis meer as net vergeet. Iemand sterf voor jou oë, sonder dat hulle dood is.”
Akademia hou sentrumopedae in Bloemfontein, George
Dié opedae, wat op Saterdag 14 Oktober plaasvind, is die ideale geleentheid vir skoolverlaters wat kopkrap oor wat hulle ná afloop van graad 12 wil doen. Dieselfde geld vir werkende persone wat hul loopbaanmoontlikhede wil verbreed.
Veels geluk, Tafelberg-sweefspoor!
Die Tafelberg-sweefspoor vier Woensdag sy 94ste verjaarsdag met ʼn spesiale aanbod vir Oktober.
Skerp styging wag op Medihelp-lede
Die prysstyging was allermins ʼn maklike besluit om te neem aangesien Medihelp deeglik bewus is van die uitwerking wat dit op sy lede gaan hê, sê die fonds.
Foto’s: Plaaslike talent skitter op loopplanke by Paryse modeweek
Natasha Joubert, Mej. Suid-Afrika 2023, was onder drie bekende plaaslike gesigte wat Suid-Afrika se naam tydens die Paryse modeweek hoog gehou het.
SOS se denkvaardigheidstoets lewer interessante resultate
Sommer dadelik het skole laat weet dat kinders wat gewoonlik nie presteer op skool nie, uitstekend gedoen het in die denkvaardigheidstoets.
Plaaslike motorverkope sterk, wyl uitvoere struikel
Kyk ook hier wat was die topvyf‑passasiersvoertuie vir September.
Nuwe regte vir Britse ‘skenker-babas’ skop in
Baie jong mense wat ná jare eindelik in aanmerking kom om inligting oor ʼn biologiese ouer aan te vra, is dalk nie eens bewus van hoe hulle verwek is nie.
Wat beteken dit om ʼn Godvresende vriendin te wees?
Die lewe raak so dol en is soms so swaar dat ons sukkel om onsself regop te hou, nie eens gepraat van ons vriende en vriendinne nie. Maar die geheim is dat ons juis nie onsself regop hou nie; dit is God by wie ons skuil en Hy sal ons nie oorlewer of alleen laat nie.
Pootpatrollie: Sekuriteitswagte neem rondloperkatte aan
Foto’s van Conan wat sy baadjie dra met die woord “sekuriteit” daarop gedruk en op ʼn lessenaar lê langs ʼn lewensgrootte kartonfoto van Mingming, is reeds duisende kere op Facebook gedeel.
Namibiese sprokiestroue vir voormalige Mej. Supranasionaal
“Dit was vir my belangrik om dié spesiale dag in my geboorteland deur te bring.”
Waar was Wouter?
Wouter, Weet se leergierige uiltjie, het die vorige skoolvakansie reg oor die land rondgerits en selfs ʼn draai oorsee gemaak! Volg saam met ons sy avonture.
SA skoonheid gekroon as Thaise Mej. Wêreld
Botes het Suid-Afrikaanse en Thaise burgerskap.
Borskanker raak een uit elke 27 SA vroue
“Een van die belangrikste uitdagings in Suid-Afrika is die laat-stadium diagnose van borskanker wanneer die kanker gevorderd is, wat die kanse op suksesvolle behandeling verminder.”
Lente bied ‘kragtige skemerkelkie vir allergiese ongemak’
Vir mense met stuifmeel-allergieë kan Suid-Afrika se stuifmeelseisoen irriterende loopneuse en in sommige ernstiger gevalle asma-aanvalle veroorsaak.
Kannaland spog met sy kroonjuwele
Koeispene; gansmis; perdetande. Dit is nie net die name van plaaswerf se dinge nie, maar ook van die Klein Karoo se veldjuwele.
Uitmergelende wedren eerste keer in SA
ʼn Wedren wat deelnemers tot hul uiterste druk, nege dae lank duur en oor meer as 700 km strek word vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied – iets wat waarskynlik nooit weer sal gebeur nie.
Foto’s: Ryk erfenis baat nou ook plaaslike gemeenskap
September is Erfenismaand, maar die term omvat baie meer as nasionale Braaidag, of jy van mieliepap, braaibroodjies of inkomazi hou, skryf Maryke Roberts, nadat sy ʼn erfenis van ʼn ander aard in die noorde van die Nasionale Krugerwildtuin ervaar het.