Om te sterf terwyl jy ʼn selfie neem is meer waarskynlik as om byvoorbeeld deur ʼn haai aangeval en gedood te word. Klink dit belaglik? Ongelukkig is dit waar.
Luister: ʼn Rooi hartjie op my hart
Vyfuur. Skoolgebou. Ekstra klas. Bank toe gejaag om vir Sussie op die Puk geld in te betaal. ‘n Rugbytrui vir Boetie gaan koop. Hom weggebring en gaan haal, betyds vir sy oogarts-afspraak. Nou is daar ‘n lamte in my gebeente.
Die koninkryk van ons bure
As jy graag as ʼn Afrika-boorling wonder hoe jou bure lewe, pak jou 4×4 of gooi ʼn tent in die kattebak, laai ʼn koffieketel en ʼn gasstofie en begin jou reis in Witrivier. Onthou om vleis saam te vat – die Swazi’s het nie skape nie.
Plaaslike bekendstelling: Suzuki Baleno 1,4 GLX handrat
Maroela Media Motors is onlangs genooi om die splinternuwe Suzuki Baleno te gaan toetsbestuur in die Oos-Kaap. Dit is gerusstellend om ʼn motorvervaardiger te sien doen waarmee hulle goed is – Suzuki is bekend vir klein luikrugmotors.
Heeltyd speeltyd met nuwe Ducati Scrambler
Ons wat oud genoeg is, sal sekerlik vir Kerrie en Borrie onthou, die twee gifappeltjies wat deur die Geel Heks gestuur is om die silwer roos uit Blommeland te steel. En ou Liewe Heksie wat heeltyd onwetend hul planne in die wiele gery het. Die Ducati Scrambler wat ek onder hande gehad het, is net soos die gifappeltjies: helder geel en baie ondeund.
Samsung-wasmasjiene nou ook herroep
Nagenoeg drie miljoen Samsung-wasmasjiene word herroep na talle berigte oor mense wat beserings opgedoen het.
Luister: Kunstenaar, ontsluit die entrepreneur in jou
Lukas de Beer het eerstehandse ervaring van wat dit verg om skeppend te wees, én die potjie aan die kook te hou.
Supermaan dié maand verwag
Die volgende keer wat die maan só na aan die aarde kom, is in 2034.
Gaan hommeltuie binnekort jou huis veilig hou?
Hommeltuie gaan dalk binnekort soos ʼn veiligheidswag jou erf patrolleer.
Groupon sluit SA-webwerf
Die aanlynkoopgroep Groupon het Vrydag sy Suid-Afrikaanse webtuiste gesluit.
Wat is Movember?
Hierdie maand gaan jy ʼn klomp snorre sien – meer as gewoonlik. Jy weet seker dit is Movember-maand, maar weet jy dat daar soveel meer…
Diskriminasie teen verbruikers
ʼn Gesin is onlangs aan die Wesrand gevra om ʼn kleinhandelwinkel te verlaat omdat die twee kinders slaapklere aangehad het.
[Foto’s] Suzuki DL1000 V-Strom: In sy element op die oop pad
Suzuki het vir my hulle DL1000 V-Strom geleen. Die oorspronklike DL het lank in die tand geraak, en hoewel hy meganies onstuitbaar was, kon hy net nie meer kers vashou by die nuwer fietse nie. Dié nuwe motorfiets is egter ʼn ou staatmaker en in sy element op die pad, skryf Brian Cheyne.
Rovos Rail: Van laagte- tot hoogtepunte
Rohan Vos, die stigter van Rovos Rail, neem ‘n terugblik op sy onderneming en sy suksesse.
Ford maak pryse van nuwe uitgebreide Everest-reeks bekend
Maroela Media het 5 Oktober berig dat plaaslike produksie van die Ford Everest begin het. Ons kan vandag die individuele modelle se pryse bekendmaak. Die welkome byvoeging van die 2.2 TDCi Duratorq-enjin stel die Everest beskikbaar teen ʼn baie meer bekostigbare prys van R453 900 vir die intreevlak 2.2TDCi XLS 4×2 handrat.
Vakkeuses vir ʼn beroep
Kom ons neem die verskillende studierigtings een vir een.
Grand Prix in die Karoo
Die Grand Prix word elke jaar in Oktober gehou en is een van die hoogtepunte op die Karoo-kalender. Dit gee ʼn mens weer opnuut waardering vir die dinge wat ons so as vanselfsprekend aanvaar.
Luister: ʼn Halwe drie
My jongste lyk opgebruik toe hy by die kar inval. Die manier waarop hy sy sak agtertoe smyt, spreek boekdele. Daar is ‘n bloederige skraap op sy wang. Blou merke op sy bobeen. Sy krulle is met sweet aan sy slape vasgeplak.
Dis wat dié algemene geluide aan jou motor beteken
Dit vat nie altyd ʼn werktuigkundige om te weet daar is iets fout met jou motor nie. As jý iets ongewoon aan jou motor gevoel of gehoor het terwyl jy bestuur, is dit áltyd die moeite werd om ondersoek in te stel.
[Foto’s] ʼn Groen Afrika-oerwoud in die Ooste
Ek bly in die “Groen Afrika-oerwoud”.