“Dit is vir my belangrik om elke dag die beste te doen wat ek kan, om innoverend te wees, en om ʼn beter toekoms vir my kinders te gee.”
ATKV-oorde – ʼn gunsteling vir gesinsvakansies
Geleë in sommige van die mooiste dele van ons land, en omring deur kulturele juwele, erfenisterreine en ander opwindende toeristeaantreklikhede, vind jy sewe oorde waar gaste verwelkom word met ongeëwenaarde gasvryheid.
Dink so oor aansteeklike siektes
Die aansteeklikheid van hierdie infeksies is wat hulle so deksels lastig maak. Kieme skroom nie om jou naaste familielede in biologiese wapens te omskep nie.
Everest net té duur
Motorjoernalis Brendon Staniforth gee sy indrukke van Ford se Everest en hoewel dit ʼn netjies ontwerpte voertuig is, het hy tog voorbehoude.
Alles wat motorliefhebbers nodig het
“All Things Motoring” is jou antwoord vir alles in die motorwese waar ook al jy in die wêreld is.
Sakelui reis minder, betaal meer
“Eerder as om vlugte in ekonomiese klas of standaard hotelkamers te bespreek, kies sakelui vlugte in besigheidsklas of luukse akkommodasie.”
Wes-Kaapse wegbreek bied Groot Vyf, wyn en jenewer
Wildkyk is een van die groot plesiere wat ons in Afrika kan geniet en as jy boonop in die Kaapprovinsie tussen leeus en jagluiperds ook nog ʼn hele gros olifante en buffels sien, voor jy aan ʼn jenewer teen sononder teug, is die lewe mooi, skryf Maryke Roberts.
Video: Van wingerd tot kelder, dié vroue vat voor by Vrede en Lust
Karlin Nel en Annette Human sê hulle is saam soos die perfekte versnit.
Vroue is goeie beleggers
Vroue is minder geneig om in die aandelemark te belê as mans, maar die redes hiervoor kan presies wees waarom hulle in die eerste plek móét belê.
Suzuki met ses sitplekke teen sakpasprys
Die nuwe Suzuki XL6 se naam gee dit meestal weg. XL vir groot, en die 6 vir ses sitplekke.
Epigenetiese veranderinge en vrouegesondheid
Oorerflikheid versus opvoeding is nie meer ‘n debat nie, beide speel ‘n integrale rol in ons gesondheid en wie ons is.
Motorfees dié naweek by Kyalami
Suzuki wys onder meer vir die eerste keer die vyfdeur-Jimny op eie bodem.
Topontwerper deel wenke vir deftige mansdrag
Of jy nou trou, matriekafskeid hou of regmaak vir ʼn deftige werksfunksie – Yihan Lourens-Brönn se wenke sal jou op jou beste laat lyk.
Indiese tuig land op maan
Die Chandrayaan-3 het mense se verbeelding aangegryp toe dit byna ses weke gelede voor duisende juigende toeskouers gelanseer is.
Kweek dissipline in jou huis
ʼn Proaktiewe waardegedrewe strategie vir dissipline is die mees volhoubare manier om kinders op te voed wat veilig voel. Want in ʼn omgewing waar kinders duidelik weet waar die grense is, voel hulle gekoester en veilig.
Chery waarsku eienaars teen slenters
Die Chinese vervaardiger Chery het eienaars van sy voertuie gewaarsku oor bedrieglike slenters waardeur Chery-eienaars geteiken word.
Gesondheid op jou slimfoon
Hoe moet ʼn gesonde persoon se slimfoon se apps nou eintlik lyk? Maroela Media het ondersoek ingestel.
Wiele2Wiele gesels oor nuwe Fronx en Ranger Raptor
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Suzuki wat sy spliternuwe Fronx bekendgestel het en die span ervaar hoekom die wêreld gons oor Ford se Ranger Raptor.
Luister: Wag voordat jy daardie aksentmuur verf!
“Dit het die vermoë om die grootte, vorm en gevoel van ʼn vertrek te verander, afhangende van wat jy kies om as aksent se benut.”
Enkelpa en dogter beïndruk op ‘My ma kook beter as joune’
“Ek dog toe nee, ek is die pa én die ma in ons huis en ek sal bewys dat pa’s óók kan kook. Ek het gedink dit sal snaaks wees.”