Die drieverdieping-parkeergarage vir fietse by die stad se sentrale treinstasie is onlangs opgegradeer om meer as dubbel die hoeveelheid fietse te stoor.
Kom ry saam na Namakwaland
Het jy al ooit gedroom om saam met ʼn groot groep vriende in ʼn veld vol blomme piekniek te hou? Kom kuier dan saam met Maroela Media in Namakwaland! Vanaf 9 tot 13 September 2020 toer ons met ʼn luukse bus deur die blomryke vlaktes van Namakwaland.
Sterrenagte in die Klein-Karoo se skoot
Asemrowende semi-woestynvlaktes wat kilometers ver in elke windrigting strek met klipformasies en sukkulente plantegroei wat dié unieke stukkie aarde bedek, klink tog soos ’n idilliese bestemming vir ’n rustige vakansie …
De Rust – Toe glad nie so rustig
De Rust is definitief nie net ’n slaperige Karoodorpie nie. Of jy in stilte wil verkeer en in die buitelug wil stap, die adrenalien wil laat pomp of ’n rits doendinge wil geniet, dié gasvrye dorpie en sy kunssinnige inwoners is die ideale wegbreek!
Verbruikersake: Maak só seker jou vakansieplanne draai reg uit
Dis al amper die einde van die skooljaar en vir baie (gelukkige) verbruikers beteken dit tyd om uit te span en die spanning van die afgelope jaar af te skud. Ina Opperman het gaan kyk wat jou regte as verbruiker is wanneer jy vakansieplek en vervoer bespreek.
Wen ’n Bosveld-wegbreek
Om die afskop van #HelpMekaar te vier het Helpende Hand hande gevat met AiG se organiseerders, Maroela Media en Finfoot Lake Reserve om iemand, en sewe geliefdes, ’n welverdiende Bosveld-blaaskans ter waarde van R13 580 by Finfoot Lake Reserve te gee.
Ons vertoef waar die boere koer: ‘Boer Soek ’n Vrou’-deelnemers se tuisdorpe
Die kenwysie van die gewilde kykNET-reeks Boer Soek ’n Vrou is die wondergom wat menige gesin voor die kassie bymekaar bring. Ons hou mos van mielielande, grondpaaie, plaashuise met klein plaashekkies en die reuk van ’n petrolkan langs ’n trekker.
SA stad een van die mooistes ter wêreld
Stede soos Parys, Barcelona en Venesië spog ook met ʼn plek op dié lys.
Jý kan ʼn erfeniskampioen wees
Is dié erfenis vandag ʼn klip in die skoen van die nuwe Suid-Afrika, of kan daardie klippie tot ʼn diamant geslyp word om ʼn oplossing vir sommige van die land se uitdagings te bied?
Afrikaanse Alex uit Duitsland kom kuier in die Kaap
Alexander S. Mickel is ʼn Duitser wat homself Afrikaans leer skryf en praat het. Hy het onlangs besoek afgelê aan die Wes-Kaap.
Sit-sit so vanaf Amsterdam
ʼn Meisie met pienk hare sit oorkant my op die 20:30-treinrit vanaf Amsterdam. Haar oë lyk of die trein oor haar gery het voordat sy daarin geklim het. Móég. Onder haar stoel lê ʼn houtbord met verfspatsels op.
Lugredery waarsku jou as daar kinders op jou vlug gaan wees
Wanneer passasiers met kinders tussen die ouderdomme van agt dae en twee jaar ʼn sitplek op ʼn vlug bespreek, sal daar ʼn ikoon met ʼn kind op op die vliegtuig se plan verskyn.
Europese motorfietstoer dalk net wat jy nodig het
Dit maak nie saak wat jy hier in Suid-Afrika ry nie, die kanse is goed dat jy jou eie model motorfiets by hulle sal kan huur. As jy jouself in ’n vreemde land bevind sal ’n bekende motorfiets die aanpassing om aan die ander kant van die pad te ry net makliker maak. Ek het besluit op ’n bloed-rooi Ducati Multistrada 950.
Deurkruis die Crags
As jy net ʼn week in die Tuinroete vertoef, is die kans goed dat jy iets van alles sal beleef: bewolkte weer én salige, windstil stranddae. Wanneer dit nie volmaakte strandweer is nie, is die Crags ʼn uitstekende omgewing om te verken.
Thomas Cook vou: Dís hoekom jy reisversekering moet hê
Derduisende toeriste is gestrand gelaat na ‘n toermaatskappy inmekaar gevou het.
SA wyn- en toerismebedryf beloon
“Die toekennings is geskep om vertroue in die wyn- en kostoerismebedryf te bevorder en om standaarde in dienslewering en opleiding te verhoog.”
Au pair stories: Brugge, brandalarms en winterkoue
Alle probleme is opsy toe ek tienuur in die bed klim: so dik aangetrek soos ʼn Eskimo. Ek lê en glimlag gelukkig terwyl ek die geselligheid van die ander gaste rondom my hoor. Ek wil die avonture van hierdie dag vir niks verruil nie… My selfoon wys dis -10 °C.
Ons reënbooglandskap: Ontdek SA van bioom tot bioom
Suid-Afrika spog met só ’n verkleurmannetjie-landskap weens die verskil in klimaat, hoogte bo seespieël en geografiese eienskappe, dat verskeie plant- en dierspesies in die areas ontwikkel. Areas met ooreenstemmende fauna en flora staan as biome bekend.
50 jaar later: Nuwe opskudding oor Tulbagh se aardbewing
Vir die aardbewing se vyftigste herdenking span die hele gemeenskap weer saam
Dié land die beste ter wêreld om te besoek
Wanneer jy besluit op ʼn buitelandse vakansiebestemming is daar verskeie aspekte wat in ag geneem word – die land se kultuur, kos, ontspanningsaktiwiteite, beskikbare akkommodasie, toeriste se veiligheid in die land, ensovoorts.