Die Noord-Natalse dorpie Utrecht is waarskynlik nie boaan die meeste mense se lys vir plekke om te besoek nie. Maar stop jy wel daar en vertoef ʼn wyle, soos ek en my familie op ons Julievakansie se bustoer gedoen het, ontdek jy ʼn diamant tussen die steenkool wat daar gemyn word.
ʼn Betowerende bootreis – spesiaal vir vroue!
Stel jou ʼn wêreld voor waar sprokies lewe kry en waar vroue van alle ouderdomme ʼn betowerende reis aanpak … Welkom by ʼn STORIEBOEK-STORIE op die #GIRLS-bootreis. Skud jou vere reg vir ʼn storieboek-avontuur! Dis tyd om herinneringe te skep. Bespreek voor 16 Augustus vir hierdie avontuur en spaar 30%.
Solidariteit Beweging neem leisels by kusvakansiebestemming oor
“Omdat ons as die Solidariteit Beweging mense in sy totaliteit wil dien en ʼn gemeenskapsnetwerk is, kan ons hier in ʼn ontspannende omgewing ook ʼn gemeenskap vestig.”
Die mense langs die pad
Ek gaan hierdie mense langs ons pad weer opsoek. Dalk nie vandag of môre nie, maar eendag op ʼn Kalahari-reëndag.
Plattelandse dorp skep hoop met ‘Kwêla’-veldtog
“Ons beskou hierdie oorwinning as ons geleentheid om vir ander plattelandse dorpe te wys daar is hoop.”
Fossiele in die halfwoestyn: Karoo Nasionale Park
Teen die middag ry ons Karoo Nasionale Park binne wat in ʼn streek lê wat soms Die Vlakte, die Koup of die Goup genoem word – ʼn streeksnaam wat afgelei is van goub of houb, soos die Khoi-veeboere van toentertyd dit genoem het. Dit beteken “pensvet”.
’n Bustoer na Vryheid se strate
Terwyl die meeste Gautengers koers kies na die warmer wildtuin of kuslyn toe, bondel ek en my uitgebreide familie almal in ʼn geleende bus vir ʼn Julievakansie-wegbreek. Die bestemming? Vryheid!
In die spore van Martin Luther
Die eerste stop was Wittenberg in Sakse-Anhalt, waar die Hervorming as’t ware begin het met die waterskeidingsgebeurtenis van Martin Luther se vasspyker van sy 95 stellings teen die kerkdeur van die Schlosskirche in 1517.
Boesmanhartland van die halfwoestyn: Kgalagadi
Al was daar nog nooit ʼn grensdraad tussen die destydse Gemsbokparke van Suid-Afrika en Botswana nie en al kon die wild nog altyd vrylik tussen die twee nasionale parke rondbeweeg, is die ekologiese eenheid in 1999 bevestig met die stigting van die Kgalagadi-oosgrenspark, die eerste van Afrika se vredesparke.
Samara: Sielerus, sterrenag en skatte van die Karoo
Kom kry bietjie rus vir jou siel, verkyk jou aan die uitspansel en ontdek opnuut die skatte van die Karoo.
Luister: Erns Grundling slaan voet in Frankryk
Van die land se mooiste plekke word besoek, insluitend die Via Podiensis Camino-roete, en natuurlik word daar lekker in Frans geëet en gedrink.
Dubbelreënboog in die halfwoestyn: Augrabies
Ons kuier met koffie en koekies terwyl die kinders ʼn bordspeletjie speel. Aandete is burgers en melkskommel by Quiver Tree-restaurant, ʼn gesellige afskeid op die einde van ʼn spesiale staproete, skryf Carina Stander.
Agulhas het vuur in die lyf
Ek sal nooit weer in Agulhas of Struisbaai kan kuier, sonder om die hope en hope braaihout, die deelnemers se ywer en erns en die beoordelaars se opwinding oor wat oor die kole of in die as vermag kan word, te herroep nie, skryf Maryke Roberts.
Foto’s: Kom kuier in Hogsback saam met die feetjies
Indien jy ʼn bietjie bos wil gaan in die boendoes, moet jy vir ʼn slag in die vêr voetheuwels van die Amatole-bergreeks in die Oos-Kaap gaan speel, en Hogsback moet verseker die heel eerste speelplek op jou lysie wees, skryf Jacques Marais.
British Airways-vlug doen noodlanding in Jhb
Die vlug, BA56, het omstreeks 19:46 opgestyg en sowat 20 minute daarna teruggekeer na die lughawe.
Ysige weer knip vliegtuigvlerke by OR Tambo
Verskeie plaaslike vlugte wat Dinsdagoggend vanaf die Internasionale Lughawe OR Tambo in Kempton Park moes vertrek, is vertraag weens die ysige koue wat Gauteng vandeesweek getref het.
Cornwall meer as pasteie, tinmyne en dranksmokkelaars
Hierdie poskaartmooi-streek gaan oor veel meer as net Corniese pasteie, tinmyne en sluwe dranksmokkelaars, het Maryke Roberts uitgevind.
Foto’s: Welkom aan boord wêreld se grootste passasierskip
Die passasierskip ‘Icon of the Seas’ spog met ses waterglybane, sewe swembaddens, nege borrelbaddens, 40 restaurante en kroeë (waaronder ’n klavierkroeg) en ’n ysskaatsbaan aan boord en onderneem volgende jaar sy nooiensvaart.
Foto’s: Kom slaap verniet in Barbie se Malibu-droomhuis
Barbie se aantreklike vriend, Ken, sal binnekort vir uitgesoekte gaste ʼn voorsmakie van hulle gunstelingpop se Malibu-droomhuis in die VSA gee.
Knysna se oesterfees is 40 jaar jonk
Dié fees word in die wintervakansie gehou, sodat jy heeldag kan kuier sonder om bekommerd te wees oor skooltye, sportsmiddae of ander verpligtinge, skryf Maryke Roberts.