Derrick Johns van Austin in Texas, Amerika, het kopgehou toe sy 16-jarige dogter in ʼn sleurstroom beland het. Hy het haar selfie-stokkie gegryp om te verhoed dat sy verder in die see ingetrek word.
Nintendo-baas verloor kankerstryd
Satoru Iwata, uitvoerende hoof van Nintendo, is in die ouderdom van 55 aan kanker oorlede.
‘Marsman’ dr. Japie van Zyl se lesing in SA vanaand oor internet uitgesaai
Die bekende dr. Japie van Zyl van NASA JPL in Pasadena, Kalifornië, se lesing vanaand in die Bloemfonteinse planetarium word weens die oorweldigende belangstelling regstreeks met ’n webkamera opgeneem en oor die internet uitgesaai.
Wêreldwye haaisensus gehou
’n Internasionale haaisensus word later vandeesmaand gehou, en sal na verwagting sowat drie jaar neem om te voltooi.
Tiener help museum reg met wiskunde-fout
Danksy ʼn skrander tiener se oplettendheid kon die Wetenskap-museum in Boston, Amerika, ʼn fout regstel in ʼn wiskunde-uitstalling wat al ʼn paar dekades oud is.
Rekenaar gaan siektes voorspel
’n Rekenaar wat sekere siektes tot vyf jaar vooruit sal kan voorspel, word nou deur ’n Nederlandse navorser ontwerp.
Video: Hou ʼn ogie oor alles
Die nuwe Nest Cam is spesiaal ontwerp sodat jy na jou huis en gesin kan omsien – selfs al is jy nie in die omtrek nie.
New Horizons gee probleme amper by Pluto
Net tien dae voor die New Horizons-tuig van Nasa op 14 Julie by Pluto en sy mane verby gaan vlieg, het aardbeheer onverwags alle kontak met die tuig verloor.
Video: Skouspel met Venus en Jupiter
Venus en Jupiter het Dinsdagaand vir ʼn ongelooflike vertoning in die hemelruim gesorg toe dit gelyk het of die twee planete reg langs mekaar lê.
Klop beurtkrag; word energie-slim met Solidariteit en KragDag se hulpgids
Die vakbond Solidariteit het vandag in samewerking met die KragDag Ekspo ʼn hulpgids vir groter elektrisiteitselfstandigheid bekendgestel. Die gids word op die eerste dag van dié jaarlikse selfdoen-ekspo by die Diamantvallei-landgoed buite Pretoria bekendgestel.
Kuberbedel: Moenie ’n slagoffer wees nie!
Deesdae het byna elke persoon toegang tot ’n selfoon of rekenaar en is kuberbedel iets wat maklik op ’n oneerlike en manipulerende manier aangewend kan word om goedhartige skenkers uit te buit.
Eerste ekspo sonder Eskomkrag bring lig
Solidariteit KragDag, die wêreld se grootste Afrikaanse alternatiewe energie-en-leefstyl-ekspo, is vanjaar groter as ooit. KragDag maak ook geskiedenis deur die eerste ekspo te wees wat sonder Eskomkrag aangebied word.
Natuurliefhebbers gaande oor dié foto
Tiaan Steynberg, ʼn fotograaf van Johannesburg, se foto van ʼn wildekat wat voor ʼn rooikat uit ʼn boom vlug, het natuurliefhebbers gaande.
“Slim sitplek” hou van deel
In ʼn land soos Suid-Afrika is die toegang tot die internet ʼn luukse wat die meeste mense nog nie kan bekostig nie.
Goeie nuus: Tafelberg-foto wen internasionale kompetisie
Eric Nathan, ʼn fotograaf wat in Suid-Afrika en Engeland woon, het sopas met sy foto van Tafelberg die International Earth & Sky-kompetisie gewen.
Jy kan in die donker sit óf… jy kan krag in jou dag sit by Solidariteit KragDag!
Die Solidariteit KragDag ekspo wat op 26 en 27 Junie 2015 net buite Pretoria plaasvind, bied aan mense die geleentheid om ʼn slag te slaan teen hierdie kwesbaarheid.
Nuwe rekenaarprogram speel gou klaar met rassistiese kommentaar
Slim rekenaarprogrammatuur kan help om woorde en sinsnedes te identifiseer sodat rasistiese kommentaar en haatspraak gemodereer en vinnig van aanlyn- en sosiale media verwyder kan word.
Impakglas op Mars kan “bril” na antieke lewe wees
Wetenskaplikes se ontdekking van impakglas in ’n aantal baie ou, maar goed-bewaarde kraters op Mars open die moontlikheid dat spore van lewe daarin gevind kan word – mits daar lewe bestaan het toe die impakte plaasgevind het.
Robottuig Philae op komeet herleef kortstondig
Die Philae-landingstuig het sommer gou weer van hom laat hoor en 300 datapakette na die wenteltuig Rosette versend, wat dit weer na die aarde versend het.
Video: “Vlieënde piering” stort in Stille Oseaan
‘n Eksperimentele tuig wat ontwerp word om swaar vragte op Mars neer te laat, en wat soos ’n vlieënde piering lyk, het in die Stille Oseaan neergestort na ’n reuse valskerm geskeur het.