Plaaskinders van die Rawsonville-omgewing in die Wes-Kaap het toegang tot 5 000 boeke en rekenaars te danke aan ʼn mobiele biblioteek wat deur wynkelders in die omgewing geskenk is.
New Horizons fotografeer al vyf Pluto se mane
Nasa se New Horizons-tuig wat op 14 Julie vanjaar net 12 500 km van Pluto af verby gaan haas, kon vir die eerste keer Pluto saam met sy vyf mane gefotografeer kry.
ʼn Nuwe Afrikaanse woordeboek vir jou selfoon
Sowat ’n jaar gelede het die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) kom aanklop by die Atterbury Trust met ’n interessante voorstel – die ontwikkeling van ’n Afrikaanse woordeboek-app.
Video: ʼn Foto kan jou kind se lewe red
Volgens ʼn ma van Illinois in Amerika het ʼn skynsel op ʼn foto in haar tweejarige seuntjie se oog sy lewe gered.
NASA soek jou Mars-wenke
Drie persone wat die beste voorstelle aan NASA indien oor maniere om oorlewing op Mars moontlik te maak, sal elk $5 000 (meer as R50 000) in die sak steek.
Russiese ruimtetuig brand uit in atmosfeer
’n Onbemande Russiese ruimtetuig wat drie ton voorraad by die Internasionale Ruimtestasie moes aflewer, het vroeg vanoggend in die atmosfeer bo die Stille Oseaan uitgebrand.
Só weet jy of jou kind iets met ʼn app gaan leer
Sedert tabletrekenaars bekend gestel is, is duisende “opvoedkundige” apps vrygestel. Maar hoe opvoedkundig is ʼn app werklik?
Melkweg toe heelwat groter
ʼn Nuwe studie toon nie net aan dat die Melkweg, die sterrestelsel waarvan die aarde deel is, sowat 60% groter is as voorheen bereken nie, maar dat die vier buitenste ringe die vorm van ʼn sinkplaat het.
Video: ‘Seilskepe’ kan reise na Mars vergemaklik
’n Elektroniese seil wat ruimteskepe vinniger as ruimtetuie met konvensionele brandstof kan laat voortsnel, is pas by wyse van spreke afgestof toe ‘n artikel daaroor in ‘n vaktydskrif verskyn het.
Video: Wolkekrabber binne 19 dae opgerig
ʼn Chinese konstruksiemaatskappy voer aan hy is die wêreld se vinnigste bouer nadat ʼn 57 verdieping hoë gebou binne 19 werksdae in sentraal China opgerig is.
Video: Sonkrag-batterye vir huise
Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla en tegnologie-entrepreneur, het die ontwikkeling van ʼn nuwe batterystelsel aangekondig wat sonkrag sal kan stoor om later te gebruik wat sal lei tot ʼn wyer gebruik van hernubare energiebronne.
Só oud lyk jy op foto’s
Het jy al ooit gewonder of ʼn rekenaar dink jy lyk 21 of 71 op foto’s? ʼn Nuwe webwerf vertel jou presies hoe oud jy op ʼn foto lyk!
Enkelma pos kwyt nog voor sy begin – weens Facebook
ʼn 27-jarige enkelma van Texas in Amerika is haar pos by ʼn dagsorgsentrum kwyt nog voordat sy kon begin werk, te wyte aan ʼn inskrywing wat sy op Facebook gemaak het.
Bouwerk vir ‘nuwe stad’ het begin
Die Chinese konglomeraat Shanghai Zendai het reeds begin met konstruksiewerk aan die nuwe R84 miljard-stad in Modderfontein, Johannesburg, berig Africa Property News.
Foto’s: ʼn Grondyskas sonder elektrisiteit
Floris Schoonderbeek, stigter van die Nederlandse ontwerpmaatskappy Weltevree, het ʼn yskas ontwerp wat ondergrond installeer word.
Gebrande hout nog bruikbaar, meen kenners
ʼn Simposium oor boskultuur en die bestuur van droëlandwoude is in Maart op Stellenbosch gehou, waartydens die bruikbaarheid van gebrande bome bespreek is.
YouTube is 10 jaar oud; gewildste video op Maroela Media
YouTube het vroeër vandeesweek sy tiende verjaardag gevier en ter viering hiervan plaas Maroela Media weer een van die video’s wat die gewildste was op ons webtuiste.
Hubble kwarteeu in ruimte
Op 24 April vanjaar sal dit presies 25 jaar wees sedert die Hubble-ruimteleskoop na sy wentelbaan meer as 600 kilometer bo die aardoppervlak gelanseer is. Die teleskoop was ontwerp om 15 jaar lank diensbaar te wees.
Meer as 600 km/h in ‘n trein
Japan se maglev-trein het Dinsdag tydens ʼn toetslopie teen 603 km/h die wêreldspoedrekord verbeter.
Luister: Nuwe aanlynstelsel help skole met dissipline
Immergroen Ouerskap het ʼn nuwe aanlynstelsel ontwikkel wat skole kan help om dissipline met deernis toe te pas.