Die taksbaas het ingestem om sy ampstermyn met twee jaar te verleng.
Grondboontjiebotter: Ondersoek ook na ander produkte uitgebrei
Die verbruikerskommissie is bekommerd oor die hoeveelheid grondboontjieprodukte wat die afgelope ruk noodgedwonge onttrek moes word.
Kom ons gesels oor beleggingsfondse
Het jy al ook gewonder hoe werk beleggingsfondse? Leon-Ben Lamprecht werp lig.
Verbruikersake: Kyk uit vir dié rooi vlaggies as jy aanlyn koop
Dit is so gerieflik om aanlyn te koop, maar die internet is egter ook ʼn plek waar swendelaars wegkruip en jy moet versigtig wees wanneer jy aanlyn inkopies doen om te verseker dat jy nie swaarverdiende geld betaal vir iets wat nooit afgelewer sal word nie.
Darling Vleismark: Waar 5 generasies slagters saamwerk
In Darling, teen die Weskus, staan ʼn slaghuis waar ou waardes en moderne produkte suksesvol saamsmelt. Omdat dit ʼn plek is waar mense mekaar nog in die oë kyk en vriendelik groet, kom kliënte keer op keer terug na hierdie vyfdegenerasie-slagters.
Begroting: Moenie dink regering gaan verander
Ekonome sê aan Maroela Media dat Suid-Afrikaners nie kan wag vir die regering om die land se finansiële krisis op te los nie, maar self moet inspring en oplossings vind.
‘Pasop vir tweepot-aftrede’
Die voorgestelde tweepot-pensioenfondsstelsel lyk dalk aanloklik vir verbruikers wat toenemend sukkel om die pot aan die kook te hou, maar ekonome waarsku dit kan uiteindelik al meer mense van die regering se aalmoese afhanklik maak.
‘Veilige begroting’, gevaarlike gevolge?
Oor die algemeen is Mazars se siening dat hierdie ʼn tipiese “verkiesingsjaarbegroting is” en die minister het gekies om geen knuppels in die duiwehok te gooi nie.”
Wat maak ‘n testament ongeldig?
Daar is ‘n paar moets, moenies en mag nies waarvan jy moet weet.
Onderwys, gesondheid: Leerders, pasiënte byt spit af
Section 27 meen dat die 2024-’25 begroting waarskynlik basiese onderwys en gesondheidsorgdienste regoor die land nog verder sal beperk.
Ekonomiese waarde van Afrikaans op Moedertaaldag gevier
“Afrikaans is ʼn uitvoerproduk, so bly getrou aan jou wortels en wees trots daarop om Afrikaanse entrepreneurs te wees.”
Wat jy moet weet oor gapingsdekking
Gapingsdekking (gap cover) het noodsaaklik geword vir Suid-Afrikaners, om hulle teen onvoorsiene mediese uitgawes te beskerm. Met soveel opsies beskikbaar, staan Total Risk Administrators (TRA) uit.
R112 miljard in Desember by winkels bestee
Altesaam R7,6 miljard is in die aanloop tot Kersfees by kitsbanke en banktakke onttrek.
‘Reddingsboeibegroting vir paniekerige ANC’
“Die laer as verwagte groei en inkomstetekort het die regering genoop om sy klopjag op die Suid-Afrikaanse Reserwebank te begin.”
Derde van begroting gaan aan salarisse
Wat onderwys betref, sal 77% van die nege onderskeie provinsiale onderwysdepartemente se begroting vanjaar alleen aan salarisse bestee word.
Begrotingsrede: Min groei, meer uitgawes
Swak ekonomiese groei en ʼn reusagtige skuldrekening het die regering egter nie gekeer om weer die Covid-19-toelaag of die staat se salarisrekening te verhoog nie.
Skuld: Regering het reserwerekening in visier
Meer as 20 sent van elke rand wat die regering tans invorder, word gebruik om sy skuld te diens.
Jy gaan opdok! Belastingskale geensins aangepas
Sommige hardwerkende Suid-Afrikaners kan nou moontlik selfs minder per maand uitkry, sou hulle vanjaar ʼn verhoging kry.
Kosmandjie effe goedkoper dié maand
Hoewel die pryse van individuele kositems voortdurend wissel, is dit die algehele prys van ʼn gemiddelde kosmandjie wat huishoudings in ʼn krisis dompel.
Inflasie weer hoër
StatsSA het Woensdag die jongste inflasiesyfer bekend gemaak: dit staan nou op 5,3% vir Januarie, nadat dit die vorige twee maande agtereenvolgend gedaal het.