Ontleders wêreldwyd besin oor die moontlikheid dat Noord-Korea se dreigemente teenoor veral die VSA tot ‘n kernoorlog kan lei.
Nuuskommentaar: Zuma en die gevalle soldate
Die ou staatsdienswet onder ‘n vorige bedeling het die term “regering” goed saamgevat – al die partye in die parlement en senaat verteenwoordig, die regspraak en die staatsdiens.
Nuuskommentaar: Bewusmaking oor outisme en ander gestremdhede
Vandag is dit Wêreldbewusmakingsdag vir outisme. Dit is belangrik dat van hierdie en ander gestremdhede ‘n groter bewuswording gekweek word.
Nuuskommentaar, 1 April 2013: Zuma se herontplooiing
“Volgens alle aanduidings het die invloedryke oudstes van die ANC die Paaslangnaweek stilletjies byeengekom, en daarna in geen onduidelike terme nie die ANC se topbestuur ingelig dat Zuma onmiddellik herroep moet word…” skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Paasfeesklokke
Die Paasfees is vir baie Christene selfs belangriker as Kersfees.
Nuuskommentaar: Dit baklei, knoei en hang uit – geen komkommertyd oor vakansietyd
Die Paaslangnaweek breek aan, maar die wêreld gaan staan nie stil nie…
Nuuskommentaar: Steel Brics se donderweer
Die land moet asem ophou dat daar nie nog ‘n blaps of lelike insident is wat die land om ‘n ander rede as die Brics-beraad in die internasionale kollig plaas nie.
Nuuskommentaar: Wat soek SA-soldate daar?
13 Suid-Afrikaanse soldate het in die Sentraal-Afrikaanse Republiek gesneuwel nadat die sowat 200 soldate ‘n oormag van 2 000 moes trotseer.
Nuuskommentaar: Die wit gevaar
Met sy rubriek Sondag in Rapport, ANC het ‘wit gevaar’ nodig, het Tim du Plessis duidelik ‘n olie-aar onder bitter hoë druk raakgeboor
Nuuskommentaar: Daar ís lewe op Mars – die Zumaïete
“Die prez moet van die maan of van Mars af kom,” skryf ‘n gerespekteerde joernalis in reaksie op die nuus dat pres. Jacob Zuma sê dat hy van geen slagoffers van “affirmative action” weet nie.
Nuuskommentaar: Menseregtedag – Viering of bestekopname?
“Vir die slagoffer beteken menseregte niks nie,” skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Beurtkrag meer as net beurtsmart
Daar is al hoe meer kommer dat Suid-Afrika onkeerbaar op ‘n herhaling van beurtkrag van 2008 afstuur.
Nuuskommentaar: ANC-koorspen
Die ANC se politieke oorheersing in Suid-Afrika is so pertinent dat die stand van die ANC al as die land se koorspen genoem is. Nou kook die kwik in die koorspen behoorlik.
Nuuskommentaar: Wat ‘n verleentheid!
Die sleepvoorval van iemand deur ‘n lid van die polisie is ‘n “verleentheid”. Dis nie ‘n verleentheid nie, dis ‘n skande en klad op die land en sy polisiediens, finish en klaar.
Nuuskommentaar: “Die boer se mo*r, meneer Botha”
‘n Eskom-advertensie waarin ‘n boer, ‘n mnr. Botha, as kragdief uitgebeeld word, het baie mense warm onder die kraag.
Nuuskommentaar: Afrikaner terug in internasionale isolasie?
Is dit nie dalk ook apartheid se skuld nie? En nee, dié vraag is nie ‘n draakstekery nie – dié vraag het inderdaad wortels.
Nuuskommentaar: Semi-staat, volbloed moeilikheid – mag daar nog baie Mandy Rossouws wees
Mandy Rossouw was, volgens ‘n huldeblyk van die Mail & Guardian, die eerste om oor Nkandla te berig.
Nuuskommentaar: Lesse vir Suid-Afrika uit Kenia
Zuma en Kenyatta: Die Westerse wêreld kan nie verstaan hoe die
twee lande sulke omstrede mense tot hul leiers kan verkies nie.
Nuuskommentaar: Apartheid en woede
Pres. Jacob Zuma het strome erge kritiek ontlok toe hy in sy toespraak voor die huis van tradisionele leiers gesê het Suid-Afrika is nie ‘n gewelddadige land nie.
Nuuskommentaar: ‘Suid-Afrika nie gewelddadige land’ sê Zuma
Die president het gesê SA is nie ‘n gewelddadige land nie – dit is net sekere elemente wat die land gewelddadig maak.