Die onmin oor kerkleiers wat kort voor die ANC se nasionale kongres in ‘n brief die party en leiers vermaan het, dui daarop dat ‘n rou wond oopgesteek is.
Nuuskommentaar: Totale aanslag van die Mangaung-meesterplan
Suid-Afrika sal binnekort weet of Gwede Mantashe en sy adjudante se Mangaung-meesterplan die ding gedoen het – om met ‘n totale aanslag pres. Jacob Zuma vir nog ‘n termyn in die ANC, en dus die land, se kussings te hou.
Nuuskommentaar: Pot ? aan die einde van die reënboog?
“Wat gebeur met die reënboog wanneer Madiba die dag nie meer daar is nie?”
Nuuskommentaar: Periskoop uit die modder
Daar is geen twyfel nie dat daar hard in Suid-Afrika probeer word om ‘n eenvormige Suid-Afrikaanse werklikheid te skep, en wat die werklike werklikheid is, is kwalik ter sake. Die snoerwet is maar een voorbeeld.
Nuuskommentaar: Korrupsie en die SAUK-imbongi
Hoe swakker ‘n leier vaar, hoe raseriger is sy imbongi, die lofpryser. Of so lyk dit op die oog af.
Bielie-aardbewing in Japan – neem groot aardbewings toe?
Die aardbewing van magnitude 7,3 wat Japan pas geskud het, was die 13de aardbewing vanjaar wêreldwyd wat sterker as 7 op die Momentmagnitudeskaal geregistreer het.
Nuuskommentaar: Patetiese kommunikasie teen druktyd
Gebruik die woorde Madiba of Mandela, en die oë van die wêreld is op jou. Dit was nou weer die geval met die Dakotaramp in die Drakensberge. Maar het die verantwoordelike owerhede verantwoordelik oor die kwessie gekommunikeer?
Nuuskommentaar: Korrupsie, toesmeerdery en gekonkel
Sedert pres. Jacob Zuma regeringshoof geword het, het Suid-Afrika met 15 plekke op die korrupsiepersepsieindeks van Transparency International teruggesak.
Nuuskommentaar: Die kous is klere vir Zuma – of is dit?
Teen alle logika in nomineer die een provinsiale struktuur van die ANC na die ander Zuma as president…
Nuuskommentaar: Hil spêling is frôt, mar hil somme frôtir
Taalpuriste het al dikwels geskryf dat Afrikaans se grootste bedreiging nie die eietydse Milneriste is nie, maar die entoesiastiese gebruikers van die taal.
Nuuskommentaar: Internasionale dag vir persone met gestremdhede
Vandag is dit internasionale dag vir die gestremdes.
Nuuskommentaar: Bring nuwe Palestynse status nuwe probleme?
Palestina het vanoggend ontwaak in die wete dat dit met ‘n groot meerderheid ‘n nuwe VN-status verwerf het – die van nie-lidstaat met waarnemerstatus. Tot nou toe is die gebied bloot as “entiteit” erken.
Nuuskommentaar: Stilte in die hof!
Die hof is ‘n gawe plek om te makeer, het die ou mense altoos gesê. En iemand wat aljimmers links en regs wou prosedeer om nie te nagekom, of in die gesig gevat te voel nie, is as ongure karakter voorgehou. “Iemand wat so op sy regte aandring, kry ook net sy regte en niks meer nie,” het wyle Pa-Jan by geleentheid opgemerk.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde en die tuisfront
Terwyl Suid-Afrikaanse troepe oorsee, soos in die Soedan, diens doen, het die Solidariteitbeweging ‘n verslag oor plaasmoorde bekend gestel.
Nuuskommentaar: E-tollenaars in die beskuldigdebank
Naas die aandag wat op die sogenaamde Modimole-monsterverhoor en die Chanelle Henning-verhoor geplaas word, is die aandag van die land nou grootliks op die hersieningsverhoor van die e-tolsage.
Nuuskommentaar: Leierlose Afrikaners?
Wat politieke leierskap betref, is daar nie nou ‘n Afrikaner wat werklik die hand opsteek as een wat Afrikaners oor ‘n breë front saamsnoer nie.
Nuuskommentaar: Om Zuma onverkiesbaar te maak
‘n Kort skande is beter as permanente skade, maar op die oomblik raak die prys vir Zuma se kop al bitter hoog.
Nuuskommentaar: Geleentheid om saak vir Afrikaans oorsee te stel
Geleenthede om die saak van Afrikaans, en sy sprekers te internasionaliseer, moet aangegryp word.
Nuuskommentaar: Deur die ander se bril – maar skakel die lig eers aan
Dit is maklik om agter ‘n lessenaar te sit en te sê Suid-Afrikaners moet leer om sake ook deur die bril van ‘n ander te beskou…
Nuuskommentaar: Veldtog teen nuwe SEB-kodes
Solidariteit se veldtog teen die nuwe, voorgestelde SEB-kodes dui aan in watter mate die skoen aan die voet verwissel het. Terwyl woordvoerders uit die ANC-alliansie en hul ideologiese meelopers gereeld Solidariteit, Afriforum en ander instansies as “regs” en rassisties brandmerk, dui die telbord op iets heel anders.