Geoordeel aan die storm in die kuberruim gaan Woolworths nou hard geslaan word oor poste-advertensies met duidelike rassekreteria ter uitsluiting van sommiges.
Nuuskommentaar: Dubula iBhunu (Skiet die boer)
Hoe kan ‘n regerende party die reg wil opeis om haatspraak teenoor ‘n minderheid te pleeg, terwyl die wêreld op die oomblik juis besonder gevoelig is oor minderheidsregte en wêreldwyd stappe geneem word om die regte van minderhede te bevorder?
Nuuskommentaar: Kollektiewe kaperjolle – Marikana tot Dagbreekkoshuis
Marikana en Dagbreek: Beide het dít in gemeen dat dit oor ‘n kollektiewe aanspreeklikheid handel, dat apartheid by beide betrek word, en derdens, ongelukkig, dat die waarheid omtrent die eerste slagoffers was.
Nuuskommentaar: NuusNou nou nie meer
Dit bly ‘n verleentheid dat Afrikaans nie ‘n behoorlike aktualiteitspublikasie op die rolpers kan hou nie. Afrikaans verdien ‘n behoorlike analise oor wat NuusNou in die hek laat duik het sodat bo alle twyfel vasgestel kan word of daar nie tóg plan gemaak kan word nie.
Nuuskommentaar: AfriForum en die veldtog teen plaasmoorde
Stop die moorde – een dosyn projekte teen plaasmoorde.
Nuuskommentaar: Goudstandaard op die agenda en impak op SA
Met Suid-Afrika wat steeds ‘n groot deel van die wêreld se goudproduksie lewer, is dit te verstane dat die ekonome die ore sal spits dat die VSA se moontlike hertoetrede tot die goudstandaard op die agenda is.
Nuuskommentaar: ‘n Blair-rie verleentheid
Aartsbiskop Desmond Tutu het gister aangekondig dat hy hom op die nippertjie onttrek van ‘n leierskapsberaad wat dié week in Johannesburg plaasvind omdat hy nie kans sien om die verhoog met die oud-Britse premier, Tony Blair te deel nie.
Nuuskommentaar: Gemeenskappe haal hande uit die moue
As die owerheid sy burgers faal, is die uiteinde dikwels geweld. Diensleweringsbetogings het die afgelope drie jaar skerp toegeneem. Die 67-jarige Isabel Hugo is kritiek beseer nadat sy deur betogers met ‘n klip teen die kop gegooi is.
Nuuskommentaar: Verkeerdstellende aksie
Die interdik wat Solidariteit Vrydag teen die Departement van Korrektiewe Dienste se ras-aanstellingsbeleid verkry het, se belangrikheid kan nie onderskat word nie.
Nuuskommentaar: Aangrypende verhale ontvou by AfriForum-funksie in Bloem
‘n Verhaal van moord, wrede aanrandings en ontbering – en om dan uiteindelik in elk geval met die klere aan die lyf te kan ontvlug, het hom Donderdag in Bloemfontein ontvou.
Nuuskommentaar: Kop optel na Marikana maar hóé?
“Moenie die een ding doen, en die ander nalaat nie.” Dié eeue oue waarheid staar Suid-Afrika nou vierkantig is die oë na die Marikana-ramp en die rimpeleffek op die wêreldmening en op beleggersvertroue.
Nuuskommentaar: Suid-Afrika, agt betogings op een dag
Die bloedbad by Marikana verdwerg nog die ander landswye voorvalle van geweld, maar het dit allermins laat afneem.
Nuuskommentaar: Lonmin, die intelligensiedienste en ander spookstories
Namate die ergste kruitdampe by die Lonminmyn by Marikana deur die wind verwaai word, hoe meer vrae word gevra oor hoe paraat die land se intelligensiedienste, of te wel spoke, was om die ramp af te weer.
Nuuskommentaar: Om nommer een te wees
Vanoggend lui baie koerante se banieropskrifte dat Suid-Afrika nommer een in die wêreld is. Suid-Afrika het dit bitter nodig…
Nuuskommentaar: “Dis die media se skuld…”
Binne ongeveer 36 uur nadat die skote by Lonmin geklap, en 34 mense dood gelaat het, was daar op Google amper 40 000 trefslae waarin dié insident met die Sharpeville-skietery van 52 jaar gelede vergelyk is.
Nuuskommentaar: Lonmin – Alles wat blink is nie platinum nie, maar ruik na Sharpeville
Kort nadat die voormalige VN-menseregtehoof, Mary Robinson, in Kaapstad by die Nelson Mandela-gedenklesing ‘n “Winde van Verandering”-toespraak lewer, skiet die polisie by die Lonminmyn op ‘n groep betogers, waarin 25 mense sover dood is.
Nuuskommentaar: Nasionale ontwikkelingsplan
Nasionale ontwikkelingsplan: “’n Goeie plan, maar gaan dit uitgevoer word?”
Nuuskommentaar: Van Utøya tot plaasaanvalle – om pa (en ma) te staan
Ministers onderneem om hul amp met waardigheid en eer te beklee, maar handboeke lê in velde in plaas van by skole en plaasaanval op plaasaanval vind plaas.
Nuuskommentaar: Natuurrampe, hulp en harteloosheid
Verskeie mense is reeds dood in die vlae stormweer wat die Wes-Kaap tref. ‘n Boer by Tzaneen het in ‘n veldbrand gesterf. In Iran het meer as 300 mense van ‘n vlaag aardbewings omgekom.
Nuuskommentaar: Suid-Afrika en die Amerikaanse presidentsverkiesing
Oor minder as drie maande gaan die Amerikaanse kiesers stembus toe om hul president aan te wys. Die Demokrate se kandidaat is die sittende president, Barack Obama, terwyl die Republikeine se kandidaat Mitt Romney is.