Twee kabinetslede is na Genève gestuur om Suid-Afrika se saak voor die VN se Menseregteraad te stel, spesifiek oor Suid-Afrika se grondwet en spesifiek die handves van menseregte.
Nuuskommentaar: Hoes of betaal is die wet wat nie faal
Die beslissing van die Grondwetlike Hof dat die vakbond, Satawu, vir die skade verantwoordelik gehou word wat sy lede tydens ‘n optog in Kaapstad aangerig het, sal ‘n baie versoberende uitwerking op die karakter van stakings in Suid-Afrika hê.
Nuuskommentaar: Vredesindeks, Cele en Sisulu
Drie groot nuusgebeure het gister ‘n duidelik stempel op Suid-Afrika geplaas. Die jongste wêreldvredesindeks het die lig gesien, die polisiehoof, Bheki Cele, en Lindiwe Sisulu is die Verdedigingsportefeulje kwyt en na Staatsdiens en Administrasie verskuif.
Nuuskommentaar: “Affirmative Action” en natuurlike geregtigheid
Solidariteit se hofgeding teen die Departement van Korrektiewe Dienste in die Wes-Kaap oor “regstellende aksie” en ander soortgelyke hofsake, se implikasies strek ver buite die sfeer van regspraak.
Nuuskommentaar: Linkse opmars?
In Suid-Afrika word met bekommerde oë gekyk na die opmars van die linkse Numsa, wat volgens sommige kenners in sy links-radikalisme die SAKP behoorlik na die kroon steek. Trouens, die SAKP se leierskap is skynbaar volledig deur die ANC se soustreinryers gekaap.
Nuuskommentaar: Word die Afrikaner bedreig?
‘n Belangrike argument teen Malema se skuldigbevinding is of die Afrikaner as minderheid bedreig word, terwyl ‘n groepie akademici die Internasionale Reg eenogig betrag en minderheidsregte ontken of as ongewens afmaak.
Nuuskommentaar: ANC-jeugliga: Hier gaan ons al weer
Die ANC se appèl teen sy geskorste jeugligaleier, Julius Malema, oor die sing van ‘n haatspraaklied, moet nog aangehoor word, maar intussen vervat die jeugliga bloot weer met sy polariserende optrede.
Nuuskommentaar: Waarheen gaan vakbondradikalisering in SA?
‘n Interessante verskynsel is in Costatu aan die ontwikkel. Cosatu is ‘n vakbondfederasie wat uit talle vakbonde bestaan, maar waarvan die National Union of Mineworkers die ruggraat vorm.
Nuuskommentaar: Wêreldbank trap korrupsie vas
Die Afrika-kontinent het sommer met ‘n wanklank weggespring toe die Wêreldbank die eerste instansies se name en die sake teen hulle gepubliseer het, waarteen ‘n wye reeks sanksies in die bank se stryd teen korrupsie en bedrog ingestel is.
Nuuskommentaar: Zumastrand (in Kalifornië), ʼn doodlekker strand
Dis blote toeval dat Zumastrand by Malibu, Kalifornië, daardie naam dra, en het die naam gehad lank voor pres. Jacob Zuma nog gebore is. Zumastrand is die strand waar die bekende TV-reeks Baywatch geskiet is en die aktrises se bates tamlik uitgehang het.
Nuuskommentaar: Kinderbeskermingsweek
Hoewel misdrywe teen kinders komplekse oorsake het wat aangespreek moet word, kan nie vir eendag gewag word dat die ekonomie herstel, alkoholismeprogramme doeltreffend word en kulture weer moreel nesskop, voor kinders beskerm word nie.
Nuuskommentaar: Nasiebouberaad – geleentheid wat die land nie kan verpas nie
Daar vind vandag ‘n uiters belangrike beraad tussen rolspelers, waaronder AfriForum, die AB, TLU SA, Solidariteit en die FW de Klerkstigting plaas om op die regering se groenskrif oor grondhervorming ‘n kollektiewe antwoord te formuleer.
Nuuskommentaar: Wigte en teenwigte
Oud-president FW de Klerk sal deur baie veral onthou word as die persoon wat Suid-Afrikaners oor die nuwe grondwetlike bedeling gerus probeer stel het oor sy herhaalde versekerings oor die wigte en teenwigte wat in die grondwet ingebou is.
Nuuskommentaar: Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die gewildste in die land?
In ‘n opname onder mXit-gebruikers jonger as 35 jaar is adjunk-president Kgalema Motlanthe twee keer so gewild as pres. Jacob Zuma.
Nuuskommentaar: SKA – die toekoms en die verlede in
Te midde van ‘n oordosis slegte nuus het die SKA-besluit vir Suid-Afrika soos manna uit die hemel gekom. Of die waarde hiervan na behore neerslag gevind het, is ‘n ander vraag.
Nuuskommentaar: Slaggate in die reënboog
Verskeie waarnemers wys reeds daarop dat die Zuma-skildery soos ‘n reddingsboei vir president Jacob Zuma gekom het. Deur die kwessie in die rassepolitiek in te trek, vervaag die redes oor waarom Zuma so uitgebeeld is.
Nuuskommentaar: Rubrieke: Wat wil lesers lees?
Sonder die satiriese kommentators sou die rubriekwese in Suid-Afrika nou maar baie aan skoonma se volgende kuier herinner het.
Nuuskommentaar: Wanneer ‘n land in die (slegte) nuuskollig is
Op een dag het ‘n paar uiteenlopende sake die wêreldnuus in wese oorheers – Iran wat ‘n ooreenkoms aangegaan het dat sy kernaanlegte weer geïnspekteer kan word, en dat die eerste privaat ruimtetuig suksesvol na die internasionale ruimtestasie gelanseer is.
Nuuskommentaar: Tien redes waarom SA kan slaag?
Kan daar tien realistiese redes gelys word oor of Suid-Afrika kan slaag? Daar kan baie maklik ‘n lysie veel langer as net tien pluspunte gemaak word, maar die woordjie “maar” gaan telkens die pluspunt kwalifiseer.
Nuuskommentaar: Vryheid van uitdrukking versus die reg op waardigheid
Leke bied dikwels spraakvryheid as ‘n onbeperkte reg in Suid-Afrika uit, maar die reg op uitdrukking, ook spraak- en mediavryheid, word soos alle ander regte in Suid-Afrika beperk.