In hierdie stadium lyk een of ander vorm van ʼn ANC-skeuring byna onvermydelik.
Nuuskommentaar: Korrupsie is ʼn simptoom eerder as die siekte self
Die stryd tussen die sogenaamde hervormingsfaksie van Ramaphosa en die radikale ekonomiese transformasie-faksie van Magashule word beskryf as ʼn stryd om die siel van die ANC.
Nuuskommentaar: Engels! Engels! Alles Engels!
Al is dit net uit beginsel móét ʼn mens hierdie verengelsing teenstaan as jy ruimte en respek vir jou taal wil hê.
Nuuskommentaar: ANC-faksiegevegte by NUK duur voort
Dit is ʼn veilige aanname dat die ANC nie sommer binnekort beter gaan begin regeer nie. Hy hang nou al die afgelope 27 jaar dieselfde slegte beleid aan en gaan nie maklik van plan verander nie. Nie eens sy mislukkings het hom al op ʼn noemenswaardige skaal na beter idees gedryf nie.
Nuuskommentaar: ʼn Jaar van inperking of ʼn jaar van bevryding?
Die manier waarop die ANC die pandemie hanteer het en mense se reaksie hierop het op grondvlak onherroeplik verander.
Nuuskommentaar: Gronddebat nie oor ekonomie of wet, maar waardigheid
Een van die groot probleme met die gronddebat is dat die regering waardigheid en grondbesit onlosmaaklik aan mekaar wil verbind.
Nuuskommentaar: Tragiese Colorado-skietvoorval benut vir politiekery
Nog voordat enige iemand behoorlik kon rou oor die tragiese gebeurtenis, het dit reeds ʼn politieke speelbal geword. Die establishment-media en politieke elite kon hulself nie help om op dié tragedie te kapitaliseer deur hulle eie agenda en narratief te bevorder nie.
Nuuskommentaar: Toerismefonds hanteer wit mense soos tweedeklasburgers
Die een ding wat lede van die ANC-regering regdeur verlede jaar gedoen het, was om vir ons te wys wie hulle regtig is – diegene wat steeds kies om hulle nie te glo nie, word uiteindelik medepligtiges in hulle wandade.
Nuuskommentaar: Verlede se kulturele lesse gee hoop vir politieke toekoms
Die dood van koning Goodwill Zwelithini en Duduzane Zuma wat president van die ANC wil word, kan dalk na onverwante gebeurtenisse lyk, maar daar is wel ʼn verband tussen die twee te trek.
Nuuskommentaar: Die beloftes van gratis tersiêre onderrig
Soos die meeste ander dinge in die lewe kan tersiêre onderrig nie gratis wees nie. Iemand moet iewers langs die pad daarvoor betaal.
Nuuskommentaar: Die verontregte elite teenoor die oningeligte massa
Niemand wil luister na die klaagliedere van lede van die elite wat volledig ontkoppel is van gewone mense met gewone probleme nie.
Nuuskommentaar: In die era van kansellasiekultuur
Politieke korrektheid en kansellasiekultuur is daarop geskoei dat vryheid van spraak, assosiasie en selfs geloof maklik ingeboet kan word om ʼn sekere doel te bereik.
Nuuskommentaar: Entstof-saak ʼn beginselsaak
Die regering het dus sy politieke mag gebruik om onsekerheid oor die stand van sake te bewerkstellig – juis om sy eie planne te bevorder.
Nuuskommentaar: Ons sal self, maar nie alleen
Die fokus het veral geval op die gevoel van vervreemding onder Afrikaners, ons behoefte om ekonomies by te dra en ingesluit te word, beskerming van moedertaalonderrig, uitbou en bewaring van kultuurerfenis asook Afrikaners se verlange na daadwerklike politieke insluiting en inspraak.
Nuuskommentaar: Selfs ʼn dwaas kan terugskouend wys wees
Die regering gaan waarskynlik aangaan met hulle slegte idees en onbevoegde regering. Dit beteken egter nie dat ons aan ʼn hooplose toekoms uitgelewer gaan word nie.
Nuuskommentaar: Cele en Zuma vergader oor sy lot
Minister Bheki Cele het oudpres. Jacob Zuma Donderdag in Nkandla gaan besoek. Hierdie besoek laat ʼn mens met ʼn ongelooflike aantal vrae.
Nuuskommentaar: Bou sélf beter alternatiewe
ʼn Mens kan jou eie instellings en ruimtes bou waarin jou identiteit en kultuur kán en mág floreer.
Nuuskommentaar: Verander die politieke stelsel
Mense moet vir hulself kan besluit en kan ook beter besluite oor hul eie lewens neem as wat die regering kan.
Nuuskommentaar: Die doodspiraal van ANC-onbevoegdheid
Dit is die doodspiraal van onbevoegdheid waarin die regering vir die afgelope 26 jaar vasgevang is. Hoe groter die krisis word, hoe hoër moet hy mik. Hoe hoër hy mik, hoe meer misluk hy.
Nuuskommentaar: Kop in een (tee)mus
Waarom moet dié klomp nou skielik oor tee vergader? Ook nog op so ʼn openbare manier – asof hulle ʼn boodskap wil oordra.