Die ANC glo vas kommunisme misluk weens die implementering daarvan, eerder as die idee self.
Nuuskommentaar: Trump: Sy vyande gaan hom mis
Trump was nie foutloos nie, maar hy was beslis ook nie ʼn diktator nie.
Nuuskommentaar: Geen entstof teen onbevoegdheid
Ons moes 2021 afskop met die regering se verlammende burokratiese gesloer met die verkryging van ʼn entstof.
Nuusoorsig van 2020
Solank as wat die ANC en ander partye, ook in die buiteland, probeer om allerlei vorme van rassisme en nieu-apartheid as nie-rassigheid op te dis, en organisasies wat dit probeer teenstaan, as rassiste uitmaak, stuur die lendelam ANC-wa op ’n liederlike ongeluk af.
Nuuskommentaar: Sol-Tech as lewende monument van hoop
Mag ons terugkyk op hierdie jaar en die puin van ANC-politiek miskyk. Mag ons eerder die lewende monument sien wat midde in die as daarvan gebou is. Met groot genade, bereidwillige hande en hoopvolle harte.
Nuuskommentaar: Versoeningsdag of Vergeldingsdag?
’n Mens hoef egter net na president Cyril Ramaphosa se Versoeningsdag-toespraak vanjaar te luister om te verstaan waarom duisende Afrikaners steeds kies om Geloftedag eerder as Versoeningsdag te vier.
Nuuskommentaar: ʼn Terugblik en ʼn toekomsblik
Om 2020 in oënskou te neem, laat baie vrae oor ons land se toekoms opduik.
Nuuskommentaar: Mense ly aan regering-uitputting, nie Covid-uitputting
Dit is byna middel-Desember en Covid-19 hang steeds soos ʼn swaard oor ons koppe. Minister Zweli Mkhize het Woensdagaand aangekondig dat Suid-Afrika nou amptelik ʼn tweede Covid-19-golf ervaar. Die regering vergader tans om te besluit hoe hy dié golf gaan hanteer.
Nuuskommentaar: ANC is intern verdeeld, probeer ekstern verenig bly
Die ANC se pas afgelope vergadering van sy Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) het boekdele gespreek van die stand van sake in die party.
Nuuskommentaar: Brackenfell en die hof van openbare menings
Diegene wat die skool in die hof van openbare menings reeds skuldig bevind het, gaan nie sommer van mening verander nie. Hulle besluit is geneem. Diegene wat van die begin af die skool vrygespreek het, gaan nou bloot die departement se bevindinge as bevestiging gebruik.
Waar kom die tradisie van Advent vandaan?
In Adventtyd word die hoop op Christus in die eredienste, maar ook in jou persoonlike lewe gevier. Dit is ’n besondere simboolryke tyd. Herman Toerien skryf meer hieroor.
Nuuskommentaar: Ons tydsgewrig in 2020
Politieke kommentators sê lank reeds dat Covid-19 die wêreld vir ewig gaan verander. Dit gaan die Tweede Wêreldoorlog vervang as die wêreld se nuwe verwysingspunt.
Nuuskommentaar: Sentrale beheer sal altyd sneuwel
Indien die regering wel hierdie besluit neem, gaan dit ongelooflike groot vrae oor die afgelope jaar se besluite en inperkings laat.
Nuuskommentator Herman Toerien groet
Die warm ink in Herman Toerien se skryfpen sal ongetwyfeld nog lank vloei. Baie oor hom is nog ongesê.
Nuuskommentaar: Kleurblinde regspraak
Suid-Afrika maak daarop aanspraak dat dit ’n grondwetlike demokrasie is, maar in die realiteit is die regspraak, wat veronderstel is om die toon aan te gee, ’n ernstige vlieg in die salf.
Nuuskommentaar: Coligny wys dat woorde wek, maar waarhede trek
Daar is min tot geen aandag aan die feite gegee nie. Dit is ondenkbaar dat die staat enigsins ʼn moordsaak hiermee kon aanvoer. Wat egter meer ondenkbaar was, was die gepaardgaande skuldigbevinding.
Advent – om die Christusfees en Krismis te kan onderskei
Vanjaar is 29 November ’n besondere dag. Dis nie net die aanvang van die nuwe kerkjaar nie, maar dis die eerste Sondag van die Advent, en boonop die amptelike bekendstelling van die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling.
Nuuskommentaar: Gaan parlementslede van Ramaphosa ontslae raak?
Mosies van wantroue plaas groot druk op die ANC. Dit lê nie net faksiegevegte bloot nie, maar dwing die ANC telkens tot interne optrede.
Nuuskommentaar: Is Ethiopië se probleem nie juis oplossing vir Afrika nie?
Een van pres. Cyril Ramaphosa se taaiste take as voorsitter van die Afrika-unie (AU) die komende jaar is die twis in Ethiopië wat dreig om weer in ’n volwaardige etniese konflik te ontaard.
Nuuskommentaar: Die wit messias-kompleks van linkse elite
Markowitz beskou homself as een van die genadige wit mense wat die uitgelewerde swart mense moet help om uit onderdrukking te ontsnap deur die stelsel omver te werp. Tog beskou hy homself nie as deel van die stelsel wat omvergewerp moet word nie.