Dat pres. Jacob Zuma al lankal die trekpas moes kry, weet baie mense al baie lank. Trouens, in daardie geledere is konsensus dat Zuma nooit president moes geword het nie.
Nuuskommentaar: Die boer en grond(wet)
Grondhervorming bly ‘n baie sensitiewe kwessie, en die openbare debat gaan gewoonlik oor die vinnigste manier waarop landbougrond in wit besit aan swart mense, “beginnerboere” om polities korrek te wees, oorgedra kan word.
Nuuskommentaar: ANC-histerie oor die Zuma-vraagstuk
Die ANC se histerie oor talle fronte as pres. Jacob Zuma net vaagweg betrokke is, dui al hoe meer daarop dat ʼn “uitvaart-ooreenkoms” (exit strategy) tussen die ANC en die beleërde president bereik is.
Nuuskommentaar: Is die ANC nie dislojaal aan die land en grondwet nie?
Die ANC en sy meelopers is lief daarvoor om hul kritici van dislojaliteit teenoor die land te beskuldig. Volgens verskeie ANC-woordvoerders skep volgehoue kritiek op ministers byvoorbeeld by potensiële beleggers die indruk dat die land deur onbekwame mense (om dit baie eufemisties te stel) regeer word, en raak hulle daarom kopsku om te belê.
Nuuskommentaar: Die saai van haat en radikalisering
In die proses moet daar egter ook onthou word dat dit baie moeilik is om ʼn wilde perd te tem as hy eers uitgebreek het. Die saai van haat en die opkoms van radikalisering is nooit ʼn goeie gedagte nie – nie in Europa of elders ter wêreld nie, en ook nie in Suid-Afrika nie.
Nuuskommentaar: Malema en Zuma in die kryt
Met kliniese eenvoud het die EFF daarin geslaag om die president se sak geraamtes in die kas hard te skud.
Nuuskommentaar: Wondere en slaggate van nuus in die digitale era
Herman Toerien neem die wonder van die digitale nuuswêreld onder die loep.
Nuuskommentaar: Adriaan Basson versus die ANC
Kodwa se koddige reaksie op Adriaan Basson se rubriek in Beeld oor pres. Jacob Zuma, val veral vreemd op omdat Basson nie werklik met iets nuuts vorendag gekom het nie. Veel erger Zuma-bashing is al ‘n geruime tyd aan die gang.
Nuuskommentaar: Die graad is nie vals nie, ek het hom sélf gekoop
Uiteindelik kan slegs iemand wat hard gewerk het om sy of haar kwalifikasie eerlik te verwerf, met trots oor die podium stap. En slegs dan kan die ouers en ander wat gekom het om daarin te deel, ook trots wees.
Nuuskommentaar: Kan SA iets leer uit VSA se rasse-onluste?
Suid-Afrika word graag aangebied as die modelland van hoe verdeeldheid van die verlede tot ‘n vreedsame oplossing gekom het. Verskeie ander lande met soortgelyke probleme het al by Suid-Afrika kom kers opsteek oor die doel en die funksionering van die Waarheid- en versoeningskommissie. In baie kringe sal dit as uiters politiek inkorrek, indien nie politiek roekeloos of provokatief nie, beskou word om die vraag te vra of Suid-Afrika dan iets uit die rasse-onluste in die VSA kan leer.
Nuuskommentaar: Terroriste wat die Nobel-vredesprys kry – Wat om met terreur te doen?
Een van die scenario’s oor wat in die Gasa-strook gaan gebeur as Hamas vernietig gaan word, is dat dit deur iets nog meer radikaal vervang sal word.
Nuuskommentaar: “Ere-diplomaat” Zuma versus die IS
Hoe raak die situasie in Sirië en Irak ons? Hou die IS ‘n gevaar vir Suid-Afrika in? Lees Herman Toerien se nuuskommentaar om meer hieroor uit te vind.
‘Noordwes se munisipale verrotting’
Die agteruitgang van Suid-Afrika se munisipaliteite, veral in plattelandse gebiede, is nêrens meer sigbaar as in Noordwes nie, skryf Eugene Brink, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).
Nuuskommentaar: Afrikaanse Taaldag: Afrikaans in die loopgraaf?
Herman Toerien gebruik die viering van Afrikaanse Taaldag om die toekoms en voortbestaan van Afrikaans te bespreek.
Nuuskommentaar: Mev. wyle dr. Snob en “dr” Pallo Jordan
In ‘n Oos-Vrystaatse dorp was daar jare gelede ‘n distriksgeneesheer wat legendaries geword het vir hoe grof hy in sy werk was. Na sy vrou se heengaan trou het met die klinieksuster, wat terstond mevrou dokter word. ‘n Rukkie later is die dokter egter oorlede, en sy weduwee word toe mev. wyle dokter.
Nuuskommentaar: Kom Ebola ook na Suid-Afrika?
Hoewel die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verklaar het dat die huidige uitbraak van Ebola ‘n wêreldwye noodtoestand veroorsaak het, en Dokters Sonder Grense noodoproepe doen omdat hulle nie kan voorbly in die enkele lande waar dit reeds aangemeld is nie, bly berigte oor die aansteeklikheid daarvan en die moontlikheid dat dit na Suid-Afrika kan versprei baie teenstrydig.
Nuuskommentaar: Ek is reg, jy is verkeerd
Om uit te pluis wie vriend, en wie vyand in die wêreld is, of eerder behoort te wees, is so verwarrend soos dit vir ‘n verkleurmannetjie moet wees om hom te probeer kamoefleer wanneer hy oor ‘n boksie Smarties loop.
Nuuskommentaar: Oordeelsdag naby? Kroniek van ‘n “oorlogskorrespondent”
‘n Bekende dagblad het onlangs ‘n ondersoekende artikel geplaas waarin die moontlikheid dat al die berigte en gerugte van oorloë, die tifone wat gereeld toeslaan, en selfs aardbewings, daarop dui dat die oordeelsdag naby is.
Nuuskommentaar: Tuks-“rassisme”, Zwarte Piet en die gollywog
Dit is reg dat Suid-Afrikaners besonder bewus moet wees van opvattings en optredes wat vir ander Suid-Afrikaners wat anders is, aanstoot kan gee.
Nuuskommentaar: Wanneer Suid-Afrika deur aardbewings geskud word
Hoe vergelyk gister se aardbewing met skuddings in die res van die wêreld? Hoe gereeld kom aardbewings voor? Wat is die verskil tussen die Richterskaal en momentmagnitudeskaal? Wat het die aardbewing veroorsaak? Kan Suid-Afrika nog aardbewings verwag? Herman Toerien beantwoord al jou vrae.