Tydens een van die strokieshelde Asterix en Obelix se reise het hulle aan Korsika besoek gebring. Hier kry hulle te make met ‘n vete tussen twee familiegroepe, wat geslagte ver strek. Niemand kan meer onthou waaroor die onmin begin het nie, maar die vete word met oorgawe voortgesit.
Nuuskommentaar: Om Die Stem te sing
‘n Storm het losgebars omdat Steve Hofmeyr “Die Stem” tydens die Innibosfees saam met nog sewe FAK-liedjies gesing het. Het Steve reg of verkeerd opgetree? Herman Toerien neem die situasie onder die loep.
Nuuskommentaar: Afrikaans in die doofpot?
Elke verantwoordelike Afrikaanssprekende sal weet dat daar verkeerde maniere is om vir Afrikaans in die bresse te tree, en dat daar regte maniere is. Dit is klaarblyklik nie meer goed genoeg om bloot te kyk wat die grondwet sê en dan daardie regte op enige manier denkbaar op te eis nie.
Nuuskommentaar: (Geweld + intimidasie + vandalisme + bloedvergieting) = SA-staking
Wanneer ‘n radikale vakbond in Suid-Afrika staak, eindig dit ongelukkig nie by dit wat ingevolge die grondwet toelaatbaar is nie; aspekte soos die weerhouding van arbeid en vreedsame optogte nie, maar dit sit byna onvermydelik om tot ‘n gewelddadige oproer waarin eiendom beskadig word en menselewens in gevaar gestel word.
Nuuskommentaar: “Oom Kosie sukkel in Afrika” en “Heidi”
Die voorstel van die ANC-LP, Lindiwe Michelle Maseko, dat die SAUK twee keer per dag die volkslied speel, sou altyd gemengde reaksie ontlok. Dat die reaksie só oorweldigend negatief is, dui daarop dat iets nie pluis is nie.
Nuuskommentaar: Skote van ver ook op SA ekonomie
Die sompompies is uitgehaal om die moontlike en werklike skade van die Numsa-staking op die Suid-Afrikaanse ekonomie te bepaal. Maar die feit dat Suid-Afrikaners weer meer vir die tier in die tenk moet opdok, is nie net in Suid-Afrika bepaal nie. Onder die talle redes duik ook ‘n paar woorde op wat volksvreemd op die ore klink: kalifaat, intifada en jihad.
Nuuskommentaar: Vandag verarm ons weer…
Branderryers weet hoeveel ekstra woema daar in ‘n brander is wanneer een brander ‘n ander van agter inhaal – op die strand bly daar dan dikwels kosbare items soos selfone en radio’s in die slag soos die water onverwags ver teen die strand op skiet en sonbaaiers oorval.
Nuuskommentaar: Botman verdien méér as net transformasiebaadjie
Prof. Russel Botman sou waarskynlik die laaste mens wou wees wat sou wou sien dat huldeblyke oor hom rasgewys byna soos ‘n mes gesny kon wees – van regeringskant en selfs sekere bruin meningsvormers wat niks of weinig meer kon vind om hom as transformasiedrywer te eer nie, en huldeblyke uit wit geledere waar daar byna nooit na transformasie verwys is nie, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Is die totale aanslag terug?
Dié vraag is, toegegee, alarmisties. Dit is juis as vraag, en nie as feit nie, gestel om gedagtes te prikkel en om bedag te wees sodat verstaan kan word waar instansies en individue vandaan kom wat wal gooi as daar nog net gerugte van ‘n vloed in aantog is.
Nuuskommentaar: SAUK mors met Afrikaans
Die SAUK sal met ‘n baie groot verskoning moet kom vir die ongevoelige en lomp wyse waarop ‘n sensitiewe kwessie hanteer is.
Nuuskommentaar: Lang lys skoonmaakwerk vir “nuwe besem”
Adjunk-president Cyril Ramaphosa se verwysing na homself as ‘n nuwe besem, moet verwelkom word, maar of hierdie nuwe besem die robuustheid en wil gaan hê om alles goed skoon te vee, moet nog gesien word.
Nuuskommentaar: Platinum-skikking maar nog ‘n middelvinger vir landbou
Maar terwyl die liggie in die mynskag aangegaan het, het die regering weer met een van sy “meesterskuiwe” ‘n stap nader aan rampspoedigheid gevoer.
Nuuskommentaar: Pres. Ramaphosa?
‘n Hele paar nuusgebeure loop skynbaar ineen om bespiegelinge kliphard die ronde te laat doen dat pres. Jacob Zuma se dae as staatshoof min raak, en adjunk-president Cyril Ramaphosa die leisels gaan oorneem.
Nuuskommentaar: Tot vreemdelinge getransformeer….
Die probleem is dat, terwyl daar nog lank nie konsensus is oor wat transformasie beteken, of behoort te beteken nie, word ideologiese strepe in die sand hieroor getrek.
Nuuskommentaar: Orde! Orde! Die moegoes is op ons
Julius Malema is uit die parlement gejaag, en het dié instelling verlaat gevolg deur sy raserige partygenote. Binne ‘n rekordtyd het hy en sy partygenote ‘n kleurvolle verskil aan die parlement gemaak – in kleredrag, neusdelwery voor die kameras – die skoenslanery volgens hul Sowjet-model wag seker nog (wanneer hulle weer na die parlement mag terugkeer).
Nuuskommentaar: Sol-Tech, Afrikaans en transformasie
‘n Aantal jare gelede stel die Vrystaatse Wetgewer ‘n persoon aan om die Vrystaatse media te monitor. Die persoon kon egter nie ‘n woord Afrikaans verstaan nie (en was boonop ‘n Kaizer Chiefs-ondersteuner).
Nuuskommentaar: Staatsrede: Die prez se drie huise en die wolf
As pres. Jacob Zuma se staatsrede in oënskou geneem word, herinner dit aan die verhaal van die drie varkies wat elk ‘n huis gebou het – die eerste van strooi, en die tweede van riet, en die derde van steen…
Nuuskommentaar: Werk, werk, werk…
Vandag hou pres. Jacob Zuma “al weer” ‘n staatsrede. Hy is taamlik diep in die skuld met hierdie staatsrede omdat hy vroeër vanjaar verskeie kwessies aan die “nuwe regering” na die verkiesing, en gevolglike nuwe staatsrede, laat oorstaan het.
Nuuskommentaar: Afrikaans en die jeug – transformasie versus die grondwet
Dit het as die groot Afrikaanse debat bekend geword. Werklike swaargewigte en aspirant-swaargewigte het op verskeie forums teen mekaar in die kryt geklim.
Nuuskommentaar: Amcu-staking – lig in die mynskag (as Eskom hou)
Dit lyk of die langste mynboustaking in die 130-jarige geskiedenis van dié bedryf moontlik binnekort iets van die verlede kan wees. Sou Amcu vandag formeel die ooreenkoms onderteken, sal dit goed wees as daar ‘n vlaag optimisme posvat, want dit het die land se ekonomie al bitter nodig.