Nuuskommentaar: Verkiesing of vragmotors uitbrand – Wat werk die beste?

Verkiesings in Suid-Afrika en regeringsblapse stel hoë eise aan die literatuur om voor te bly met ’n geskikte woordeskat. So tussen Google en Wikipedia word nou nog voorgebly met die behoeftes, sommige baie raak-beskrywend, en soms selfs bitter snaaks. Maar die praktyk is ongelukkig minder snaaks as die uitrol van demokrasie “ondersteun” word met openbare geweld, vandalisme, rasse-onewehandigheid en lewensverlies as metodes om politici te help om verkiesingsbeloftes te onthou.