“Die liggame is tussen middernag en vanoggend opgespoor. Ons is nou besig om die families in kennis te stel.”
Beampte in rooftog by vulstasie doodgeskiet
“Vier petroljoggies en ʼn klant met ʼn kind is tydens die rooftog in ʼn kombuis aangehou.”
Onnie glo agter stuur van motor wat kind doodry
ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Twee swaar gestraf ná wrede moord, verkragting
Hulle het die deur oopgemaak en die liggaam van die man in die huis ingesleep nadat hulle hom doodgeskiet het.
Skoonsus ken man uit wat op wildsplaas verskeur is
Die man wie se verskeurde liggaam Vrydagaand op ʼn wildsplaas in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo gevind is, is uitgeken.
Zuma klou; koukus moet nou besluit
Zuma sou 10:00 begin om die land oor sy toekoms toe te spreek, maar die presidensie het op die nippertjie aangekondig hy gaan dit nie doen nie.
SA’ner dalk doodstraf opgelê vir ‘sameswering’
ʼn Uitspraak word voor die einde van die maand verwag.
Drie vas ná Gupta-klopjag
Drie mense is in hegtenis geneem ná die Valke en die polisie op die Gupta-familie se huis in Saxonwold toegeslaan het.
Beloning ná metropolisieman se skietdood
“Die beampte was alleen in daardie stadium en het tussenbeide probeer tree toe ʼn voertuig gekaap is.”
Nuuskommentaar: ‘Wat rook jy?’
Laat ons hoop dat die politieke lig voor sononder vandag nog helder sal skyn, en ons dadelik kan begin voorberei op die toekoms.
Zuma sê glo binnekort oor herroeping
“Indien jy weerstand bied, sal jy uitgegooi word deur die mosie van wantroue omdat jy die organisasie nie respekteer nie en dit nie gehoorsaam nie; daarom gaan ons toelaat dat jy deur die aasvoëls vermorsel word.”
Valke slaan toe by Gupta-woning
Die Valke het Woensdagoggend ʼn klopjag by die huis van die Gupta-familie in Saxonwold, Johannesburg, gehou.
NVG-baas soek antwoorde
Adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, wil binnekort antwoorde hê oor of pres. Jacob Zuma aangekla moet word of nie.
Hotelontvangsman skuldig aan kaartbedrog
ʼn 37-jarige man is in die Ermelo-streekhof in Mpumalanga skuldig bevind aan kaartbedrog.
Staatskapingsondersoek: Voorbereidings kom op dreef
Voorbereidings om die geregtelike kommissie wat staatskaping ondersoek op die been te bring en personeel daarvoor aan stel, is goed op dreef.
DA is onbillik, sê advokaat vir Kaapstad-burgemeester
Die Demokratiese Alliansie is onbillik en probeer om Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lille, sonder behoorlike regsprosedure ontsetel, het haar regspan Dinsdag aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê.
Flou optrede teen Zuma dui op groot interne verdeeldheid
Die ANC se huiwering om kragdadig op te tree om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak, dui op groot interne verdeeldheid in die regerende party en vrese van die ANC-leierskap dat die party kan skeur indien daar sterker teen die president opgetree word.
Sakemanne verwelkom ANC-besluit oor Zuma
Business Leadership South Africa (BLSA) en Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN) het Dinsdag die besluit deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee, om pres. Jacob Zuma te herroep, verwelkom.
Advokaat vurig in verdediging van Henri van Breda
Adv. Piet Botha het Dinsdag ʼn vurige verweer in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelewer vir sy kliënt, die moordbeskuldigde Henri van Breda en regter Siraj Desai moes hom in ʼn stadium versoek om te “bedaar”.
Werkloosheidkoers daal effens
Suid-Afrika se werkloosheidkoers het na 26.7% gedaal in die laaste kwartaal van 2017, van 27.7% in die vorige drie maande, het Statistieke Suid-Afrika Dinsdag gesê.