Gareth Roberts (23), die jong man van Rustenburg in Noordwes wat Sondag as ʼn held gesterf het toe hy mense, wat deur kapers oorval is, te hulp gesnel het, is ter ruste gelê.
Twee in Noordwes sterf weens listeriose
“Ons het een pasiënt in Klerksdorp verloor en nog een in Rustenburg. Nog ʼn persoon is in ʼn hospitaal in Klerksdorp opgeneem.”
Honderde mynwerkers ondergronds vasgekeer
Die mynwerkers is ondergronds vasgekeer by die Beatrix-goudmyn naby Welkom in die Vrystaat.
Ramaphosa ‘moet plan maak met Ace, Zwane’
“Die waarheid is dat die ANC net praat oor die stryd teen korrupsie, maar niks doen nie. Indien hulle ernstig was oor korrupsie, sou daar baie min comrades as ministers, LUR’e en raadslede oorbly.”
Nog ʼn deurbraak ná aanval op Kimberley-paartjie
Die polisie het nog ʼn deurbraak gemaak in sy ondersoek na die wrede aanval op die bekende Kimberliet, Piet Els, en sy lewensmaat, Magrietha “Rikkie” Alsemgeest.
Die wêreld in foto’s – 1 Februarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Mooinooi-vroue: 18-jarige was ‘onbeheerbaar’
“Ek was nie meer lus om in die oggende op te staan en skool toe te gaan nie, dit was nie meer vir my nie.”
Foto’s: Die maan se kosmiese skouspel
Die maan het Woensdagaand vir ʼn kosmiese skouspel gesorg wat 35 jaar laas gesien is.
Man by Limpopo-lodge geskiet
Volgens die polisie het vier gewapende verdagtes net ná middernag op die lodge toegeslaan.
Man gebyt, met mes gesteek op plaas
Die twee verdagtes wat vasgetrek is, is vroeër op borgtog vrygelaat nadat hulle op aanklagte van moord en huisroof in hegtenis geneem is.
Kommer oor riool in Vaalrivier
“Dit is totaal onaanvaarbaar dat mense blootgestel moet word aan rou riool en dat dit deel van hul daaglikse lewens is.”
Nóg slegte nuus vir Eskom
Calib Cassim, die waarnemende hoof van finansies by Eskom, het erken dat die volgende paar maande moeilik vir die kragvoorsiener sal wees. Hy het egter die versekering gegee dat Eskom dringend en vinnig daaraan sal werk om sy geldkrisis op te los.
‘Wie ook al president is’ sal staatsrede lewer
Die staatsrede sal op 8 Februarie gelewer word deur wie ook al president is, het die parlement se voorsittende beamptes Donderdag gesê.
Steinhoff: Reguleringsraad se ondersoek ‘kan nou begin’
ʼn Ondersoek na die Steinhoff- “rekeningkundige skandaal” wat die multinasionale handelaar se aandeleprys skerp laat tuimel het, sal vandeesmaand in alle erns begin, het LP’s Woensdag gehoor.
‘Wonderwerk’ dat man gru-botsing oorleef
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, het Donderdagoggend wonderbaarlik ʼn grusame padongeluk oorleef toe sy motor met ʼn vragmotor gebots en die motor in twee geskeur het.
Foto’s: Sewe gevangenes ontsnap uit aanhoudingselle
Van die gevangenes word verbind met ‘n voorval waar ‘n vrou om die beurt verkrag is.
Zuma sê hoekom hy nié vervolg moet word
Pres. Jacob Zuma se prokureurs het Woensdagaand sy vertoë aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gerig oor waarom die aanklagte van korrupsie nie weer teen hom ingestel moet word nie.
Nuuskommentaar: Grondgryp nie sommer vir vat nie
Al hanteer adj. pres. Cyril Ramaphosa die kwessie hoe diskreet, gaan die kwessie van grondgryp sonder vergoeding hom aan die hakskene begin hap. Boonop is die voorste opstokers vir grondgryp van die swakste politici in die land. Dit sou goed wees as van hulle ontslae geraak kan word.
Minister in trane by Life Esidimeni-verhoor
“Toe ek die gesondheidsombudsman se verslag gelees het van hoe mense in bussies ingeboender is en met lakens vasgebind is en behandel is asof hulle beeste by ʼn veiling is…”
Trein ontspoor: Nog oorskot gevind
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het aangekondig dat daar nog menslike oorskot gevind is na verlede maand se dodelike treinongeluk buite Kroonstad in die Vrystaat.