“Hoewel Suid-Afrika strawwe gesondheids- en veiligheidsregulasies het, het die owerhede nie die hulpbronne en infrastruktuur om dit behoorlik toe te pas nie. Gevolglik laat dit die deur oop vir misbruik en kortpaaie, veral as daar druk op die finansiële prestasie van ʼn maatskappy is.”
Die wêreld in foto’s – 24 Januarie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Qedani Mahlangu: ‘Ek is ʼn baie warm persoon’
Qedani Mahlangu, die voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, en die vrou wat wyd geblameer word vir die Life Esidimeni-tragedie, het Woensdag gesê sy was in geen stadium bewus daarvan dat Selebano en ander beamptes vir haar bang was nie.
‘Winde van verandering waai in SA’
“Die Ramaphosa-trein is besig om stoom op te tel. En dit kan net goeie dinge beteken vir die land.”
Polisie staan drie aan dood af
Drie polisiebeamptes van die Noord-Kaap is die afgelope week in twee afsonderlike voorvalle dood.
Man voor seun, kleinkinders doodgesteek
Die aanvallers het glo die twee jong kinders gebruik om vir hulle te wys waar die kabelbinders is wat die verdagtes gebruik het om hul ouers en grootouers vas te bind.
Kaapstad se Dag Zero nóg nader geskuif
Kaapstad sal dan die eerste moderne stad in die wêreld word wat al sy skoon waterreserwes uitgeput het ná die ergste droogte in ʼn honderd jaar die stad se reservoirs opgedroog het.
Siam Lee: ‘Krag van gebed’ help speurder om verdagte vas te trek
“Ek persoonlik vermoed sy het ʼn geveg opgesit ná sy in die voertuig ingedwing is en dit het tot die botsing gelei.”
Rand nou sterkste in twee jaar
Die rand het Woensdag vir die eerste keer sedert Mei 2015 teen onder R12 teenoor die dollar verhandel.
Foto’s: Demi-Leigh is tuis
Dit is die eerste keer dat sy tuis is nadat sy in November verlede jaar as Mej. Heelal in Las Vegas, VSA, gekroon is.
Pa in hof oor beweerde seksdade met seuns
Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers ontstel.
Elmien se ouers ‘verpletter’ oor nóg verdoemende nuus
“Dit is baie om te verwerk en ons gesin is in ʼn erge skoktoestand. Ons is baie bekommerd oor haar – selfs nou meer bekommerd as wat ons was toe sy aanvanklik vir haar lewe moes veg. Nou sit ons weer van voor af met vrae en ʼn groot hartseer.”
Qedani Mahlangu: ‘My lewe is in gevaar’
Sy het Woensdag tydens die tweede dag van die arbitrasieverhoor in Parktown in Johannesburg getuig.
Spoegkobra pik seun (5) op kleinhoewe
“My seuntjie is baie taai, hy huil nie sommer nie. Vandat hy gisteraand gepik is totdat hulle vanoggend op sy voet bloed getrek het, het hy nie een keer gehuil nie, selfs nie eens toe die dokters hom sewe keer in die wond op sy hand ingespuit het nie.”
Bekende Kimberliet, lewensmaat op plaas aangeval
Hulle is glo vir ure aangerand en gemartel.
Staatskaping: Kommissie wag nóg vir opdrag
Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die geregtelike kommissie wat staatskaping ondersoek, het gesê hoewel hy al “sedert gister” gereed is om die ondersoek te begin, wag hy nog vir die kommissie-opdrag van pres. Jacob Zuma.
Raadslede weer in hof oor geweld by raadsvergadering
Volgens hom was hy by die deur toe ʼn skoot afgegaan het en hy in ʼn “mini-tsoenami” vasgevang is soos mense uit die lokaal probeer kom het.
Seun (15) vas ná moordtog by skool
“Daar het kinders op die hoofweg gehardloop. Hulle het net probeer wegkom.”
Dit is weer tyd om ʼn nuwe skoolbeheerliggaam te verkies
“Daar is ʼn direkte verband tussen die 20% funksionerende skole en die sukses van die skool se leierskap en beheerliggaam, ondersteuning van die gemeenskap en die gehalte van onderrig wat by die skole verskaf word.”
‘Moetie-moordenaar’ vra borgtog
“Die Valke het ná sy inhegtenisneming die meisie se vermiste liggaamsdele by ʼn rivier gevind.”