Die sikloon sal na verwagting gepaardgaan met wind van 120 km/h of meer en rowwe seetoestande.
Video: Betogers, ouer betrokke in skermutseling by skool
“Een van die betogers het nou hier verby ons geloop en geskree: ‘Ons kom terug, ons kom terug. Ons gaan hierdie skool brand!’”
Wes-Kaap: Droogtekontrak ‘moreel korrup’
“Tony Leon en ʼn voormalige werknemer van die stad word ʼn halfmiljoen rand betaal om vir Kapenaars te vertel dat dit nie reën nie.”
Staking by Unisa ontwrig registrasie
Lede van die National Health and Allied Workers Union (Nehawu) het Woensdag met ʼn staking by Unisa begin wat die registrasieproses by die universiteit ontwrig het.
Nuuskommentaar: Is ‘sh*thole’-lande wekroep of twispunt?
Pres. Donald Trump se beweerde verwysing na onder meer Afrikalande as “sh*thole”-lande vereis besinning, of dit nou fopnuus was of nie. Die waarheid word dikwels deur ons eie ingesteldheid bepaal – die swartgallige sal hom bepaald in so ’n land bevind, die optimis en blymoedige nie.
Kommer oor Kaapstad-veiligheid
“Verskeie slagoffers het getuig dat dit lyk asof die aanvallers nie daarin belangstel om te roof nie, maar bloot om hul slagoffers ernstige leed aan te doen of te vermoor.”
Registrasie: Parlement loof samewerking
“Ons kan wel sê dat dié instellings nou saamwerk danksy die nuwe beleid.”
ANC-LP vas vir beweerde veediefstal
Susanna Dantjie, adjunk- provinsiale sekretaris, het gesê Mapule Mafolo is in Schweizer-Reneke vasgetrek. Sy is in hegtenis geneem omdat sy glo twee kalwers gesteel het in dié omgewing.
Gautengse hoof van gesondheid bedank
Barney Tiego Selebano, hoof van die Gautengse departement van gesondheid, het uit dié amp bedank.
Man in hof oor poging tot moord op Amcu-leier
ʼn 36-jarige taxibestuurder, wat tereg staan op aanklag van poging tot moord op ʼn leier van die vakbond Amcu, het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Brits, Noordwes verskyn.
Agri Limpopo reageer oor onteiening sonder vergoeding
Boere in Limpopo is diep bekommerd oor die rigting wat die ANC onder die leierskap van Cyril Ramaphosa ingeslaan het rondom onteiening sonder vergoeding.
Gupta-bates mag bevries word
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid het goedkeuring bekom om die bates van die omstrede Gupta-familie, ter waarde van R1,6 miljard, te bevries.
Uitvoerende bedryfshoof vir SAUK ‘binnekort aangestel’
Die aanstelling van ʼn uitvoerende bedryfshoof vir die SAUK sal binnekort gefinaliseer word volgens die bevel van die hooggeregshof oor die aanstelling van uitvoerende hoofde by die openbare uitsaaier, het die raad van die SAUK Dinsdag gesê.
Duisende Gautengse leerders nog nie geplaas
Slegs ʼn baie klein gedeelte van die Gautengse leerders wat Woensdag met graad 1 of graad 8 moet begin, is al in skole geplaas.
Registrasies hervat ná chaos by Unisa-kampus
Maandag het chaos ontstaan toe talle studente wat buite die geslote hekke van die Sunnyside-kampus gewag het om te registreer ongeduldig geraak het en hul weg na die kampus oopgedwing het.
‘Guptas is ʼn vlugrisiko’
“Dit is onwaarskynlik dat die Gupta-familie sal sit en wag vir hul inhegtenisneming. Daar is ʼn sterk moontlikheid dat hulle gaan poog om uit die land uit te vlug, as hulle dit nie reeds gedoen het nie.”
Derde tragedie tref Pta-gesin in drie jaar
ʼn Gesin van Pretoria is vroeër vandeesmaand tot op hul knieë gedwing nadat ʼn derde groot tragedie die afgelope drie jaar hulle getref het.
Amerikaanse owerhede op soek na dié SA man
Die FBI in die VSA het ʼn reusebeloning uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van ʼn Suid-Afrikaanse man wat in Oregon in verband met verskeie seksaanklagte gesoek word.
Foto’s: ‘Aansienlike skade’ aan stadion ná Pta-storm
“Sommige gedeeltes van die dak wat afgewaai het, het ook ander gedeeltes van die stadion beskadig.”
Luiperd val vrou in tent aan
“Net ná middernag het ek wakker geword van my vrou se angswekkende gille en die luiperd wat haar aan die been beetgehad het en haar uit die tent wou trek.”