Een man is dood en twee ander beseer toe ʼn motor van agter af met ʼn ander motor gebots het.
Eskom-resultate eers dán bekend
Nersa het verlede week Eskom se versoek van ʼn 19,9% verhoging van die hand gewys en net 5,23% toegestaan.
Vrou spring glo uit bewegende motor
ʼn Vrou, vermoedelik in haar 40’s, is Donderdagmiddag beseer toe sy na bewering uit ʼn bewegende voertuig gespring het.
Grondonteiening-besluit: ‘Teleurstellend, maar te verwagte’
“Die ANC is in wese besig om radikale ekonomiese transformasie te versnel.”
Só lyk jou weer vir Kersnaweek
Terwyl talle Suid-Afrikaners hoop om hul Kersnaweek op die strand, in die swembad of voor die braaivleisvuur deur te bring, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) Donderdag ʼn kykie gegee na die weertoestande wat vir die komende naweek verwag kan word.
Hof sê oor besluit om Jiba nie te vervolg
Die Gautengse hooggeregshof in Pretoria het ʼn besluit deur Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, om aanklagte teen sy adjunk, Nomgcobo Jiba, terug te trek, ter syde gestel.
Ekonomie eerste op Mnangagwa se prioriteitslys
Emmerson Mnangagwa, die nuwe president van Zimbabwe, het Donderdag aan joernaliste in Pretoria gesê die hooffokus van sy administrasie is om die land se sukkelende ekonomie weer aan die gang te kry en samewerking met ander lande te versterk.
Melbourne-aanval: Bestuurder had sielkundige probleme
“Hy het net in die voetgangers ingejaag en ek dink al wat hom gestop het, was die klomp voetgangers waaroor hy gery het.”
Openbare swembaddens in JHB gesluit
“Hoewel dit jammer is dat die inwoners in hierdie gebiede nou van toegang tot swembaddens ontneem word, wil ek inwoners verseker dat hierdie sluiting van die swembaddens gedoen word ter wille van die veiligheid en gesondheid van swemmers.”
Brand by gimnasium eis 23
Volgens ʼn beampte van die plaaslike brandweer is die meeste mense dood terwyl hulle in die sauna van die fiksheidsentrum was.
TV-aanbieder gevonnis vir vrou se moord
Hierdie man het bekendheid verwerf as die aanbieder van ʼn gewilde televisie-misdaadprogram wat handel oor voortvlugtige misdadigers.
Skote klap by Pta-winkelsentrum
Skote het Donderdag by The Grove Mall in die ooste van Pretoria geklap.
Die wêreld in foto’s – 21 Desember 2017
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Joodse drukgroep ondersteun ambassade-afgradering
ʼn Besluit om Suid-Afrika se ambassade in Israel af te gradeer na ʼn skakelkantoor is tydens die ANC se 54ste nasionale konferensie geneem.
Pasop vir dié finansiële instansies
Die Suid-Afrikaanse Raad op Finansiële Dienste (FSB) het Donderdag gewaarsku teen vier instansies wat finansiële dienste aan die publiek lewer maar nie gemagtig is om dit te doen nie.
Grondonteiening: ‘Dit sal ekonomiese selfmoord wees’
“Dit kom neer op ’n besluit om diefstal te pleeg en die land op dieselfde vernietigingspad te plaas as wat deur Zimbabwe met die ondermyning van eiendomsreg gevolg is.”
Probleme met ID’s en paspoorte uitgestryk
Talle mense kon weens die probleem nie vir paspoorte en identiteitsdokumente aansoek doen nie
Een dood, nege beseer in gru-ongeluk
Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-ambulansdienste, het die toneel as “ʼn absolute slagting” beskryf.
Baba van 25-jarige embrio gebore
“Ek wou net ʼn baba hê. Ek gee nie om of dit ʼn wêreldrekord is of nie.”
Zuma: ‘Die ANC is die duidelike wenner’
Pres. Jacob Zuma, wat Nkosazana Dlamini-Zuma ondersteun het vir die presidentsposisie van die ANC, het gesê daar was geen wenners of verloorders tydens die verkiesing van die party se leiers nie.