Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hulle het inligting ontvang dat die baba glo vroeër die week deur ʼn vrou in die rivier gestort is.
Polisiemanne vas ná hul omkoopgeld eis
Die beamptes het glo gedreig om die klaer van geldwassery aan te kla en R20 000 omkoopgeld geëis om hom vry te laat.
Siam se liggaam uitgeken
“Dit was ʼn baie komplekse ondersoek wat in soveel rigtings gelei het en ons in ʼn donker onderwêreld ingeneem het,”
Onverwagse einde aan soektog na vermiste baba
Die baba is Woensdagoggend in Limpopo gesteel.
Minstens 8 huise in Rustenburg aan die brand gesteek
Volgens hom wil dit voorkom of die brandweer gewag het dat buitelanders se besighede afbrand en eers ingegryp het toe plaaslike besighede in gedrang was.
‘Ondersoek na staatskaping moet op Zuma fokus’
Die Ahmed Kathrada-stigting het Donderdag ʼn beroep op die geregtelike kommissie van ondersoek na staatskaping gedoen om tydens sy ondersoek gefokus te bly op pres. Jacob Zuma, die sakeryk van die Gupta-familie en ander kwessies in die staatskapingsverslag.
Sewe vas oor renosterhorings
Sewe verdagtes is Woensdag in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met die onwettige handel en besit van renosterhorings.
Verkoolde oorskot dalk dié van Siam Lee
Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek die moontlikheid of ʼn liggaam van ʼn vrou wat gevind is, dié van die vermiste Siam Lee kan wees.
Listeriose: ‘SA se voedsel is veilig’
Verbruikers word aangemoedig om by die wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se vyf punte vir voedselveiligheid te hou om listeriose te help voorkom.
Skool weier Engelse leerders: Saak wel dringend, sê hof
Hoërskool Overvaal, ʼn Afrikaanse skool, het die hof genader nadat die departement opdrag gegee het dat 55 bykomende Engelssprekende leerders in 2018 by die skool toegelaat moet word.
‘Rower’ doodgeskiet, een vas tydens rooftog
Die verdagte wat in hegtenis geneem is, is 30 November 2017 op parool vrygelaat ná hy agt jaar tronkstraf uitgedien het vir besigheidsroof.
‘Steinhoff-skandaal moet beleggers nie afskrik’
Beleggers moenie bang wees om in aandele te belê nie ondanks die Steinhoff-skandaal, sê Dawie Klopper, ʼn welvaartbestuurder by PSG Konsult.
Parlement gaan voort met Steinhoff-ondersoek
Carrim het gesê dit is egter glad nie waar dat die verhore op die DA se David Maynier se versoek gehou word soos hy beweer nie en het bygevoeg Maynier se politieke posisie vererger net die situasie.
Pa, stiefma vas vir seun (17) se huurmoord
Die seun het ná sokkeroefening in sy kamer gelê toe hy doodgeskiet is.
Jong man vas oor derduisende rande se Mandrax
ʼn 21-jarige man is Woensdag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat duisende Mandrax-tablette in sy besit gevind is.
Man vas oor halfmiljoen rand se perlemoen
“In die voertuig het hulle 2 098 stukke perlemoen gevind ter waarde van R500 000.”
Waterkrisis in talle Vrystaatse dorpe
Die DA het Dinsdag gesê daar is meer as 20 dorpe in die Vrystaat wat óf geen water het nie óf onder erge wateronderbrekings gebuk gaan.
Dokter se lyk in Kaapstadse woonstel gevind
“Die bure het ʼn onaangename reuk in die woonstel in Seepunt waargeneem en die polisie is ontbied.”
Elmien weer op herstelpad ná terugslag
Die 20-jarige Elmien Fourie se toestand is sedert Donderdag weer stabiel nadat sy vroeër weens ʼn terugslag in die intensiewesorgeenheid opgeneem is.
SA’ner verbeter Kaïro-na-Kaapstad-rekord
Die avontuurlustige Suid-Afrikaanse reisiger Andrew Russell het die Afrika-kontinent, van Kaïro na Kaapstad, binne ʼn rekordtyd met ʼn motorfiets oorgesteek.